Wys tans plasings met die etiket scifi. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket scifi. Wys alle plasings

Woensdag, Augustus 31, 2016

Ubik

Niks word so oud soos ou sci-fi nie - datums wat so vêr in die toekoms was is so vinnig in die verlede.

Ubik is in 1969 geskryf, dit speel af in die verre 1992 maar die storie "verval" agteruit na 1939, tot op die vooraand van die Tweede Wêreldoorlog.

'n Span mense word opgeblaas in 'n bomontploffing, maar net een van hulle sterf - die baas, Glen Runciter.

Hulle haas om sy liggaam in "half-lewe" te kry - 'n toestand waarin miljoene mense verkeer: die liggaam is bevrore in "cold pac" maar danksy 1992 tegnologie kan die naasbestaande nog met sy/haar geliefde praat deur 'n oorfoon/mikrofoon kopstel wat aan die vrieskas verbind word.

Soos in baie ander sci-fi legkaartstories is daar 'n ander moontlikheid: net Glen Runciter het oorleef en die res van hulle is in half-lewe.

Joe Chip is een van die "oorlewendes", Runciter se vriend en die hoofkarakter wat die wêreld waarin hy oorleef het probeer peil.

Op die oog af is alles normaal, maar alle objekte verval na ouer en ouer weergawes van hulself - videofone word selfone word lessenaar fone word ou draaifone. Hysers word trappe. Sweeftuie word motors en dan koetse, Ruimteskepe word vliegtuie en dan bote.

Dis asof elke objek verander in sy "Platoniese idee", dink Joe.

Joe Chip sien, of verbeel homself hy sien, sy vriend Runciter wat uit 'n ander wereld met hom praat.

Een na die ander word die oorlewendes vermoor totdat Joe Chip die enigste van die oorspronklike groep is. Net soos objekte verval die menslike liggaam ook: na growwe aapvel en skubbe net voor die dood.

Nagmerrie sake.

Maar Joe Chip voel daar is ook iets of iemand wat hom probeer beskerm.

Oral waar hy gaan, in elke era, word daar 'n produk ( of produkte ) adverteer met die naam Ubik. Dis om die beurt verskillende goed met dieselfde naam - 'n skeermes, koffie, slaaisous, medisyne, bier en nog baie meer - maar die naam is altyd dieselfde: Ubik.

Wat is Ubik?

Op een of ander manier sal dit die sleutel tot sy oorlewing wees. Een advertensie wys dat die proses van agteruitgang omgekeer kan word deur Ubik oor 'n objek te spuit. Ou dinge word weer splinternuut. Ten spyte van al hierdie advertensies bly Ubik vir die grootste deel van die storie buite Joe se bereik. Hy weet nie hoe om dit in die hande te kry nie.

Soos al die ander objekte verval Ubik ook - in sy oorspronklike, onbruikbare vorm word dit verkoop as 'n "opkikker" stroop, 'n soort primitiewe Viagra of Tono Bungay.

Die krag van Philip Dick se boek is in hierdie Ubik metafoor: wat verteenwoordig hierdie misterieuse stof? Ubik hou 'n blywende houvas oor die sci-fi verbeelding. Tot vandag toe is daar 'n kultus waarin mense "Ubik" advertensies skep - daar is 'n advertensieagentskap met die naam Ubik in Frankryk.



Ek wil nie die hele storie verder vertel nie - gaan lees die boek.

Daar is 'n oomblik in die die boek wanneer Joe Chip die insig kry dat Ubik kort is vir Ubiquity - geblikte alomteenwoordigheid.

Ek self dink aan Ubik met die koms van elke nuwe weergawe van alles wat verbruik word: nuwe selfone, skoene en klere, 'n nuwe laag Ubik wat daaroor gespuit is - maar met die Platoniese idee nogsteeds dieselfde.

***

I am Ubik. Before the universe was, I am. I made the suns. I made the worlds. I created the lives and the places they inhabit; I move them here, I put them there. They go as I say, then do as I tell them. I am the word and my name is never spoken, the name which no one knows. I am called Ubik, but that is not my name. I am. I shall always be.

Sondag, Augustus 16, 2015

Die Masjien Stop

Toe EM Forster se storie The Machine Stops in 1909 gepubliseer is, was die heel eerste radiostasies en bioskope besig om op die been te kom. Televisie en rekenaars was nog dekades in die toekoms. Maar hierdie visioenere storie kyk vêr verby dit alles na iets waaroor niemand kon droom nie: die Internet, Facebook en WhatsApp.

En, ek dink, dit tas na a thing without a name wat net agter sosiale media lê.

Dit is absoluut verstommend. Net so verbasend vir my is feit dat Forster die tegnologiese sensasie van sy dag - vliegtuie - ignoreer as irrelevant vir die toekoms.

Dit gaan oor 'n distopiese wereld waar die aarde onbewoonbaar word en die mensdom ondergrond trek. Die ganse aardbol word eenvormig ondergronds ontwikkel, wat die behoefte na reis heeltemal laat kwyn. What was the good of going to Peking when it was just like Shrewsbury? Why return to Shrewsbury when it would all be like Peking?

Miskien omdat die mense op een plek lekkerder is as 'n ander? Nee - omdat mense nie meer met mekaar in lewende lywe omgang nie - maar elektronies - via die masjien.

Almal woon in klein ondergrondse woonstelle en gesels met mekaar via boodskappe deur die masjien - hier of aan die ander kant van die wereld - dit maak nie saak nie. Klink bekend?

Lewenslange vriende, oor die algemeen, het mekaar nog nooit van aangesig tot aangesig gesien nie.

Anders as die gewone toekoms storie waar die mensdom onderdruk word deur 'n bose mag, is hier geen onderdrukking nie: mense is vry om met mekaar te kommunikeer - maar doen dit nie in die vlees nie.

Die twee hoofkarakters is ma en seun - Kuno en Vashti - wat soos almal met boodskappe kommunikeer. Eendag besluit die seun, Kuno - om ruimte te probeer verstaan. Wat is naby en wat is ver?

Die mensdom, besef hy, het heeltemal hul gevoel vir ruimte verloor. Hy loop deur die byekorf van woonstelle, vlak bo vlak - en hierdie lang stap oortuig hom dat menswees gaan oor direkte sensasie - om iets werklik te sien met jou oog en te voel met jou vingers - nie 'n foto of 'n opname nie of 'n stem deur 'n buis nie.

Man is the measure of all things het die Grieke gesê, maar sonder om ruimte te verstaan, wat is 'n mens?

Na 'n kortstondige rebellie waar hy probeer deurbreek tot die oppervlak - net om dit met sy eie oë te sien - eindig hy terug in sy kamer.

I was surrounded by artificial air, artificial light, artificial peace.

Maar dan, stuk vir stuk, begin die masjien breek - eers die sleeping apparatus, die euphenasia apparatus en uiteindelik die kommunikasie meganisme.

En dan skielik is daar iets wat die mensdom (soos ruimte) glad nie meer ken nie: stilte.

She had never known silence, and the coming of it nearly killed her - it did kill many thousands of people outright. Ever since her birth she had been surrounded by the steady hum. It was to the ear what artificial air was to the lungs, and agonizing pains shot across her head.

Sonder die masjien verval die mensdom in totale anargie, maar tussendeur soek en vind ma en seun mekaar - en in die donkerte, net voordat hulle sterf, kan hulle sê

I am dying - but we touch, we talk, not through the Machine.

Vrydag, Augustus 14, 2015

Offer


Tarkovsky. Wat 'n unieke kunstenaar was die wyle filmmaker nie!

Goeie idees is alles. In Solaris het Tarkovsky die storie vertel van ruimtevaarders wat 'n planeet bestudeer - maar hoe meer hulle daarvan leer hoe minder verstaan hulle hulself, totdat die planeet, Solaris, hulle insluk.

Die joernalis Artyom Borovik het later Solaris met Afghanistan vergelyk: van ver af 'n belaglik agterlike land, ryp vir vernuwing en tegnologie - maar elke nuwe besetter (die Britte, Sowjette en die Amerikaners) het keer na keer in dieselfde wanhoop verval in hul onvermoeë (ten spyte van oorweldigende mag) wanneer hulle daar aankom - totdat hulle alles waaraan hulle glo in twyfel trek, en vlug.

In Stalker vertel hy die storie van twee mense wat gelei word deur 'n derde na 'n plek waar hul diepste wense vervul kan word. Een van die grootste films wat ooit gemaak is.

Andrei Rublev gaan oor die middeleeuse kluisenaar-kunstenaar wat sy mojo herondek wanner hy na die moed van 'n seuntjie kyk wat 'n span groot mans lei om die Prins se reusagtige klok te bou. 'n Metafoor van intuisie, geloof en selfgeloof en filmmaak self.

Mirror begin met 'n verpleegster wat 'n seun hipnotiseer en hom dan inlig dat sy hakkel verdwyn het: praat.... (wat 'n metafoor vir kuns!).

Goeie idees is alles - accept no substitute.

Offer, of Sacrifice, was sy laaste fliek.

Die essensie daarvan is 'n afgeleë familie wat wag vir die uitbreuk van die 3de Wereldoorlog. [ Hierdie was in die Koue Oorlog dae ]

Tarkovsky se karakters is altyd aan die gang met vrugtelose intellektuele kibbel. So iets is die doodsteek van enige fliek, maar ek het al ophou daarna luister, want - soos 'n goëlkunstenaar wat jou aandag weglei - laat die filmmaker daarmee saam sy slaapgas vry.

Die pa van die huis, die held van die storie, is Alexander.

In die eerste toneel plant hy saam met sy seun 'n boom, terwyl hy vir die kind die storie vertel van 'n monnik wat sy protege beveel het om elke dag 'n sekere plant water te gee - sonder om enige vrae te vrae. Jare na die meester se dood het die gehoorsame protege eendag by die plant gekom en vir die eerste keer gesien dat dit blomme dra.

Daar is waarde in 'n stelsel - sê Alexander vir die kind.

Maar ten spyte van al die gepraat begin WW3 inderdaad - die radio en televisie dra die aankondigings, jets vlieg oor die huis en bomme begin val - alles is verlore.

Daardie nag word Alexander bewus van die bestaan van 'n heks met towerkrag wat alles kan red. Hy soek haar op, smeek en pleit en sweer om alles op te offer wat hy het, tot sy seun - as sy sal help. Hulle eindig in die bed (swewend bo die bed!) - maar dis alles vir 'n desperate saak.

En na hierdie orgasme word Alexander wakker in sy (gewone) bed.

Dis oggend. Dis stil. WW3? Waarvan praat jy?

Alles is vreedsaam buite.

Vir Alexander is daar twee moontlikhede

1. Hy het homself dit alles verbeel, gedroom.
2. Die heks was hom genadig - en het die wereld verander.

Vir almal in die huis is dit natuurlik  #1. Maar vir Alexander is dit  #2 - en #2 beteken dat hy sy offer moet maak...

Goeie idees is alles.

Dinsdag, Januarie 21, 2014

Stalker

Ek het verlede week 'n amazing 70s-era Soviet movie gesien - "Stalker".

Die idee daarvan is as volg: iewers op aarde is daar 'n plek wat in die fliek die "Zone" genoem word. Dit word deur troepe bewaak en die publiek mag glad nie daarin gaan nie. Binne die Zone is 'n plek waar jy 'n wens kan maak en dit sal waar word.

Die fliek gaan oor drie mense wat deur-tonnel en binne die zone kom, opsoek na die "Kamer" - die plek waar wense waar word.

Een van hulle (die Stalker, of Sluiper) sê dat hy al vele kere by die kamer was en hy dien as gids vir die ander twee.

Die ander twee karakters word Professor en Skrywer genoem.

Die hele ding is dubbelsinnig, of trippel-sinnig.

Professor en Skrywer maak asof hulle nie werklik in die Kamer glo nie, maar wat maak hulle dan daar?

Miskien is hulle doel om die hele ding te ontmasker, of Kamer (as dit bestaan) vir altyd te vernietig?

Miskien is die Kamer 'n versinsel - iets wat die Sluiper uitgedink het - maar hoekom?

Miskien is dit 'n afgelee plek waarheen hy slagoffers neem om hulle te vermoor en te besteel.

Iewers aan die begin vra hulle die Sluiper hoe die pad terug na buite werk.

"Daar is geen pad terug nie", sê hy.

Die hele ding het 'n "Heart of Darkness" gevoel. 'n Reis na die binne.

Daar is 'n oomblik wanneer Professor praat oor 'n vorige man wat in die kamer was - hulle verwys deurgaans na hom as "Ystervark".

Ystervark het selfmoord gepleeg een week nadat hy in die Kamer was, maar hoekom?

Omdat die Kamer nie enige wens laat waar word nie, net jou diepste wens.

Maar voordat jy hierdie wens kan maak, moet jy weet wat dit is, en om om te weet wat dit is, moet jy eerlik kan wees met jouself en wat jy regtig wil hê.

En dan moet jy besluit: wil jy regtig hê dat jou wens waar moet word?

Dis inderdaad 'n reis in die donker in.

Maar die fliek is 'n wonderlike metafoor van iets heeltemal anders.

Die hele landskap van die Zone is vol misterie en moontlikheid - omdat dit swanger met verwagting is. Dit is die mens se drome en wense wat dit lewendig maak.

Op een stadium vra Skrywer vir die Sluiper of hy al ooit self 'n wens in die Kamer gemaak het.

"Nee, ek is gelukkig soos ek is", antwoord die Sluiper.

Dis 'n baie onwaarskynlike antwoord - die Sluiper is 'n brand-arm sot en die fliek wys hoedat hy sukkel en stry met sy vrou en babatjie.

Maar uiteindelik, wanneer hulle voor die Kamer staan, besef die Professor wat hy bedoel.

Om 'n nietige wurm te wees wat nogtans vir ander mense die pad na hulle vervulling kan wys - is die ultimate rush.

Daar is geen wens groter as dit nie - dit is soos om God self te wees.

Dit is wat kunstenaars doen, wat predikante en mystics en sielkundiges doen

Die laaste, pragtige aspek van hierdie fliek is die stadige finale, waar die drie mense weer terugkeer na die "werklikheid".

Stadig sypel die misterie uit die Zone uit - en al wat oorbly is gras.

Vrydag, Oktober 26, 2012

In the Realms of the Unreal

Een van net 3 fotos van Darger wat bestaan.
Aan die begin van die 20ste eeu, in Chicago, het 'n baie arm pa sy seun in 'n Katolike huis vir seuns laat opneem nadat dit vir hom onmoontlik geword het om die kind verder te versorg.

Die seuntjie se naam was Henry Darger. 

Hy het nooit sy ma of suster geken nie. Sy pa het hom een of twee keer besoek en toe nooit weer nie. Die jong Darger was nie "normaal" nie en is oorgeplaas na 'n plaas vir "feeble minded children" in Lincoln.

Hier het hy grootgeword, geboelie, bitter ongelukkig en met 'n ewige hoop dat sy pa eendag sal opdaag om hom te kom haal.

Op ouderdom 16 het nuus gekom dat sy pa gesterf het in 'n poorhouse in Chicago. Darger het ontsnap van die plaas af (na baie probeerslae) en die 200km na Chicago per voet gestap met die hoop dat hy wel sy pa gaan vind. 

In Chicago het hy werk gekry as 'n janitor en skottelgoed wasser in verskeie Katolieke Hospitale vir die volgende 60 jaar, die res van sy lewe.

Hy het geen vriende gehad en nooit met mense gepraat nie.

Kort voor sy dood is hy opgeneem in presies dieselfde poorhouse waarin sy pa 60 jaar tevore gesterf het, en daar is hy oorlede in 1973.

Darger het sy besittings gelos in die klein kamertjie in Webster St wat hy vir 40 jaar gehuur het. Daar het sy landlords, met die ontruiming daarvan, 'n enorme 15,000 bladsy manuskrip ontdek wat Darger deur die loop van sy lang lewe geskryf het.

Die manuskrip se naam was In the Realms of the Unreal

Dis 'n bisarre storie van 'n planeet wat om die aarde wentel, waar kinders slawe is en 'n groep meisie prinsesse (die Vivian Girls) veg vir hulle bevryding. Dis 'n wereld van uiterste fantasie, vol kreature, monsters en oorlog, maar ook uiterste naiwiteit.

Saam met die boek is 200 reuse, muur grootte skilderye ontdek wat dit illustreer. Darger het al sy geld gebruik om waspapier te koop (in groot maat), dit teen die muur te plak en tonele uit sy storie te verf.

Daarna het hy die papier omgedraai en die volgende skildery aan die agterkant geverf.

Hy het geen kennis van kuns gehad en nooit enige skildery vir enige mens gewys nie.

En tog, baie vinnig na sy dood het hierdie skilderye bakens van Amerikaanse "outsider art" geword, dit hang vandag in al die hoogste gallerye- insluitende die Museum of Modern Art en verkoop in die $100,000 klas.





Henry Darger Room, Musee de l'Art Brut, Lausanne

Darger by die Andrew Edlin Gallery, New York

Darger se kamer, met sy dood in 1973.

Vandag word al daai jare van stilte in detail ondersoek, maar daar is meer raaisels as antwoorde - net 3 fotos bestaan wat wys dat hy ooit gelewe het.

Darger het geen vriend of familie gehad nie: hy het verskeie aansoeke gedoen om 'n kind aan te neem, maar is elke keer afgekeer. Hy is begrawe in 'n plot vir arm mense en gevra dat sy kopsteen lees "Artist and protector of children".



Sondag, September 02, 2012

The Island of Dr Moreau


Toe hy 'n jong man was het HG Wells 'n visionere storie geskryf: The Island of Doctor Moreau.

Dis op een vlak 'n kinder-avontuur storie, geskryf in die laat 19de eeu, maar soos met die beste science fiction was dit ook 'n kyk van buite na die essensie van menswees op aarde - en gee my nog koue rillings 125 jaar later.

Dis 'n eenvoudige storie van 'n skipbreukeling wat op 'n eiland uitspoel.

Daar ontdek hy 'n wild reservaat van soorte, met die horribale, wrede Dr Moreau wat daaroor regeer en heeltyd aanvul met nuwe eksotiese spesies wat hy van buite invoer.

Die diere op die eiland kan praat en het onnatuurlike, menslike intelligensie, maar andersens is-en-lyk-hulle soos dood gewone diere.

[In al die movie en stage weergawes van die storie is hulle mense met Planet-of-the-Apes-agtige maskers, of mutasies tussen mense en diere. Dit is glad nie wat Wells ingedagte gehad het nie. Hulle is diere]

Dr Moreau, die prototipe mal wetenskaplike, het 'n spesiale serum ontwikkel wat die brein kapasiteit van diere ontwikkel tot dieselfde vlak as mense. Maar, daarmee saam voer hy 'n brutale program om "menswees" aan die diere te leer.

In een van die beroemde tonele van die storie skreeu Moreau, met sy pistool en sweep, op rituele wyse aan die diere

"What is the Law!"

waarop die diere, in een stem, antwoord

"Not to go on all fours, that is the Law. Are we not Men?"
"Not to suck up Drink, that is the Law. Are we not Men?"
"Not to eat Flesh or Fish, that is the Law. Are we not Men?"
"Not to claw the Bark of Trees, that is the Law. Are we not Men?"
"Not to chase other Men, that is the Law. Are we not Men?"

Om regop te staan en hulself te weerhou van hul normale liggaamlike instink is natuurlik 'n resep vir disaster en konflik, en daarin lê die raaisel van die storie - waarom is hierdie Law so belangrik vir Dr Moreau? Is dit hierdie dinge wat bepaal dat jy Mens is? En wat is die minimum "sosiale aanpassing:" wat nodig is om 'n groep spesies in vrede te laat saamleef, sonder dat hulle mekaar verorber?

Maar uiteindelik kry die diere hulle wraak en vermoor Moreau - maar wat nou? Is hulle vry, en vry van wat?

Met geen meer wonder serum nie, begin die diere terug te keer na hul natuurlike staat as wilde diere, en moet die laaste mens op die eiland 'n ontsnapping beplan voordat hulle wilde natuur kom verskeur.

Die groot oomblik van hierdie storie, vir my, is heel aan die einde, met die verteller terug in die beskawing.

Then I look about me at my fellow men, and I go in fear. I see faces keen and bright, others dull or dangerous, others unsteady, insincere; none that have the calm authority of a reasonable soul. I feel as though the animal is surging up through them; that presently the degradation of the Islanders will be played over again on a larger scale.

En dit is die groot visie: die aardbol aan die einde van die 19de eeu was 'n eiland sonder Dr Moreau. Nietzsche het sopas gesê "God is Dood". Die ou moraliteit was iets onnatuurlik en onnodig, en niemand wat dit verder sou forseer nie.

En wat nou? Wat lê voor?

Saterdag, Augustus 16, 2008

Frankenstein



Wie weet waar inspirasie vandaan kom? Mary Shelley het wakker geword in die nag en ‘n groot donker monster oor haar bed sien staan – sy het haar oë geknip en die kamer was leeg. Uit hierdie golf wat deur haar gespoel het het sy die storie van Frankenstein geskep, en daarmee saam ‘n legacy wat haar beroemde man deur die jare in die stof gelaat het.

Sy het die boek “The Modern Prometheus” genoem – Prometheus was die Griekse figuur wat vuur vir die mensdom gegee het, die Gode se woede gevoel en vir ‘n ewigheid daarna moes suffer – vasgeketting op ‘n rots met ‘n aasvoel wat knaag aan sy bors.

Haar storie het ‘n diep aar getref - deur die jare het Frankenstein dié uitstaande simbool van selfvernietiging geword, die gevare van droom en ontdekking, die grense van mens en God en ‘n nuwe visie van die toekoms - “a world of gods and monsters”.

Die storie word vertel deur ‘n avonturier - deel van ‘n groep oppad om die Noord-Pool te vind - wat, tot hul verstomming, ‘n half-verkluimde man in die ys vind, ver verby die punt waar enige vorige mense ooit gekom het.

Na twee dae sterf die vreemdeling op hul boot, maar leef lank genoeg om sy naam – Dr Frankenstein – en sy storie vir hul te vertel.

Soos almal weet het hy ‘n monster gemaak “stitched from corpses”, maar kon nie sy skepping in die oë kyk nie. Hy het sy lewe lank vir die monster gevlug, en daardeur alles en almal waarvoor hy lief was verloor – die monster het elkeen van sy familie, vriende en sy vrou vermoor – almal, behalwe vir hom.

Daar is ‘n sterk tema van eensaamheid – die monster vind tydelike rus wanneer hy woon saam met ‘n blinde man in die woud, versigtig dat hulle alle mense vermy en dat die twee nooit aan mekaar raak nie – maar die illusie kan nie volhou word nie.

Alles eindig op dieselfde boot, gestrand in die Noord-Pool, wanneer die monster aanboord klim om die lyk van Dr Frankenstein te neem. “He is dead who called me into being; and when I shall be no more, the very remembrance of us both will speedily vanish”.

Op die oomblik wanneer die monster vir altyd verdwyn word hy gekontronteer om te sê waarom al die moord en pyn nodig was.

Hy kyk na die dooie dokter en sê “because he dared to hope for happiness”.

En daarin lê die groot tema van Frankenstein vir my: skuld en gewete. Die monster wat ons almal jag is die monster van ons gewete – die hartseer wat ons ander mense aangedoen het wat weier dat ons onsself gelukkig mag wees.

Sondag, Maart 11, 2007

The Last Man

Daar is ‘n legende dat ‘n ou vrou baie eeue gelede voor die Koning van Napels verskyn het met nege boeke onder haar arm.

Sy het die boeke te koop aangebied vir ‘n miljoen in goue muntstukke. Daarin, volgens haar, was die hele toekomstige verloop van die mensdom in neergeskryf, tot en met die heel laaste dag.

Die koning het gedink sy’s mal en haar weggewys. Die ou vrou het drie van die boeke verbrand, teruggekom en die laaste ses vir twee miljoen in goud aangebied.

Die koning het nog ‘n keer geweier, waarna sy nog drie verbrand het en weer haar prys verdubbel het.

Op heel laas was net een boek te koop teen ‘n enorme som geld, en net voor die ou vrou dit kon verbrand het die koning se nuuskierigheid hom oorkom en het hy die laaste boek gekoop.

Wat daarin gestaan het wou die koning nooit vertel nie. Die boek is in ‘n spesiale mauseleum bewaar wat kort na sy dood afgebrand het, met boek en al.

Baie quacks en ander het deur die jare beweer dat hulle “Sybil se Boek” besit, ontrafel of ontdek het. Sommige mense glo dat die Bybel se Boek van Openbarings in werklikheid “Sybil se boek” is.

Die ou vrou se naam was Sybil, met haar geld het sy “Sybil se Grot” in die berg langs Napels laat bou: ‘n onplesierige pitdonker spelonk met ‘n groot hoeveelheid gange wat na die middel van die berg gelei het.

Mary Shelley (van Frankenstein faam) het in die negentiende eeu ‘n boek geskryf waarin ‘n groep avonturiers Sybil se Grot herontdek en dit met fakkels binnegaan. Daar vind hulle die manuskrip wat sy “The Last Man” noem.

Dit is die verhaal van die laaste man op aarde.

Die toekoms soos gesien uit die 19de eeu laat mens glimlag – die laaste man woon in ‘n wereld aan die einde van die 21ste eeu waarin daar nog geen elektrisiteit, motors of vliegtuie bestaan nie.

Wat is Internet en e-mail? Pos word nog op papier in koeverte per koerier te perd afgelewer.Maar moenie dat sulke klein dinge die pret bederf nie – “The Last Man” is uiteindelik ‘n fantastiese konsepsie.

So, wat het toe uiteindelik gebeur? Spoiler begin.

Die spil waarom “The Last Man” draai is die ou Christen fantasie om die groot stad van Ortodokse Christendom (en die laaste hoofstad van die Romeinse Ryk) – Konstantinopel - van die Moslems terug te wen nadat dit deur die Turke baie eeue tevore ingepalm en na Instanbul herdoop is.

Na jare se stryd word die stad skielik stil en sonder ‘n skoot deur die Griekse vegters binnegegaan. Binne die stad vind hulle dat die hele bevolking “aan iets” ontkom het.

Die aanvanklike feesvieringe verdwyn baie vinnig wanneer die terugkerende vegters self aan dieselfde “iets”, ‘n pes van een of ander aard, begin ontkom.

Die pes is onstuitbaar en – to cut to the chase – wis uiteindelik alles en almal uit.

Die beste deel van die boek is die laaste blaaie, waar Verny – die laaste man – swerf deur die wrak van die late great species wat die mens was – alleen saam met sy hond – kyk na die produk van al die arbeid van mensestryd en mensesweet en wonder wat om daarvan te dink; druk aan elke deurklokkie, op soek na een ander mens om die wereld mee te deel.

Ten laaste keer hy terug na Rome om die tradisie van die Pouse voort te sit en met nuwe jaar een verdere spyker teen die Vatikaanmuur te kap – 2100 – die laaste jaar van die mens.

Dinsdag, Oktober 11, 2005

Sin City

In die sestigs het Sergio Leone die cowboy movies van sy kinderdrome geskep, sy visie, soos Hollywood dit nooit gemaak het nie - en daarmee saam Clint Eastwood, die squint en die sigaar - "The Good, the Bad and the Ugly".

In die sewentigs het George Lucas die siel van Saterdagoggend serials gebruik as inspirasie vir "Star Wars" - die neverending story wat begin in Ep 4 en eindig in Ep 3, 'n smagting om die lewe verby te droom en nooit wakker te word nie.

Ons geslag het Q. Tarantino en sy entoesiasme vir pulp fiction.

Wat is hierdie QT ding?

In "Resevoir Dogs" se berugte oor-afsny toneel sê Michael Madsen vir die verpletterde polisieman - "ek gee nie om wat jy weet nie, ek wil jou martel because it amuses me to torture a cop".
 
Ek het gedink - dis die filmmaker wat praat: gee nie om hoe hy die geweld motiveer nie, dit amuseer hom gewoon.

In "Sin City" vra een karakter vir die ander "Will killing me give you satisfaction?", waarna (die onherkenbare maar lekker) Mickey Rourke antwoord: "Not the killing, everything that comes before".

"Sin City" het 'n helse lot bloedvergieting en wrede geweld, maar niks wreder as Euripides (daai kindermoordenaar par-excellance) of Shakespeare (een vrou naai 'n donkie en 'n ander se oë, hande en tong word uitgesny).

Maar natuurlik: it's not the killing, it's everything that comes before.

Die ou gesegde sê niks fokus die mind soos die prospect of death nie. Gehore moet vandag saam met slagoffers-to-be na hierdie uitgerekte doodmaak repartee luister. Stadig maar seker word dit alles (soos met die Nightmare-on-Elm-Street reeks se Freddy Kruger) een lang stand-up comedy act.

It's not the killing, it's everything that comes before.

Othello is so 'n drama. Op haar laaste nag lê Desdemona vreesbevange, met geslote oë maak-slaap (hoop dis 'n droom wat sy hoor) totdat Othello haar wakker skud. Sy vra

"Speak you of killing?"
"Ay, I do"
"Then I hope you will not kill me"

"Sin City" is natuurlik nonsens vir skoolkinders: al die slagting gebeur sonder vloekwoorde, sonder seks, sonder die seermaak van kinders en diere, en die good guys wen elke keer.

Die werklike vrees in Rodriguez/Miller/QT se "Sin City" is die vrees vir die daglig daar buite, die vaal, droeë, onverstaanbare wêreld wat weier om weg te gaan of te verander.

Ek het nou die aand die sequel v Rodr/QT se "From dusk to Dawn" gekyk. Die fliek het 'n pragtige spottende laaste oomblik, waar die son opkom en die laaste vampiere in hul gate terugkruip. Twee helde het alles oorleef en klop mekaar op die rug:

"Moet erken", sê die een, "ons is MOERSE goeie vampire slayers".
"Too bad there's not a lot of calling for this line of work anymore".

Sondag, Mei 29, 2005

Star Wars


Vyf jaar voor die oorspronklike "Star Wars" het George Lucas 'n movie gemaak met die titel "THX 1138". Die groot gimmick daarvan was 'n lang tronk deel waar die akteurs in wit klere voor 'n limbo van oneindige spierwit agtergrond beweeg het - geen agtergrond, in fact, asof hulle in nerensland in die lug hang, met net gesigte en hande uitmaakbaar teen die agtergrond.

Die oorspronkilike Star Wars het die force, die light sabres, 'n attitude van agressiewe nonsens, en 'n wereld "a long time ago in a galaxy far far away" gehad.

Ses movies, dertig jaar later, waar staan ons?

Dieselfde karakters, dieselfde force, dieselfde lightsabres, dieselfde attitude en dieselfde storie. Waarvoor dan nog 'n movie?

Wat elke keer verander is die agtergrond, die gallery van Arabiese tapyte.

Waar THX se agtergrond niks was, is Star Wars se agtergrond ALS - die hele produksie gaan in die weef van hierdie fantastiese maar stom, bot tapyte waarvoor dieselfde spaceopera oor en oor terugspeel.

Ek vind geen plesier, geen kuns, in hierdie ding van regisseurs om arbitrere werelde te skep nie. Van "Shark's Tale" tot "Lord of the Rings" tot "Star Wars", dis alles dieselfde ding: een groot rekenaar kostuumpartytjie, variasies op dieselfde tema.

Elke wereld is moeër as die vorige een; kom uitgeput op die skerm van al die moeite om "nuut" te wees en dan so vinnig "gebruik te word".

Sci-Fi se groot vermoë is die verwringing, die vergroting van ONS wereld, waaruit ons, as ons gelukkig is, 'n skrap van ons eie buitelyne kan sien.

Star Wars is 'n fantasie, of soos Lucas altyd sê, voor kritiek: relax, dis net 'n movie.

Hy's reg en hy's verkeerd. Waarop voel hy trots in Star Wars? Ek dink nie dis net die geld wat hy maak nie - Lucas het sy lewe gewy aan sy "THX klankstelsel", sy "Industrial Light and Magic" special-effects studio, aan die weef van hierdie tapyte.

Dit verstom my net hoe nonchalant, hoe onambisieus hy is oor sy "voorgrond". Daar is geen poging om enige iets nuuts tot sy epos te voeg nie: dieselfde Jedi Knights, plastiekdroids, wolgediertes, Natalie Portman = Carrie Fisher.

Dit voel in der waarheid asof hy 'n poging aanwend om Star Wars tot die verlede te beperk.

Slaan my dood.

Vrydag, Januarie 28, 2005

Sky Captain and the World of Tomorrow

'n Movie wat in my estimasie gestyg het (vanaf notch 0 na notch 1) terwyl ek sit en kyk het grootliks omdat daar uiteindelik 'n lekker oortuigende storie ontwikkel het wat die hele crazy onderneming werd was.

Die probleem is die afwesigheid van menselewe - stemme en voetgangers en hot-dog stands - daar was mos darem al mense op aarde in 1930, of hoe? Die bietjie ekstras wat ons sien is almal in uniform - polisiemanne en monnike en soldate met helms wat netsowel robotte kon gewees het.

En tussen die paar mense met actual gesigte en stemme tel menswarm - NOT! Gwyneth Paltrow met haar whiny stem en haar acting repetoire v oë rol en sulk.

En Jude Law - wat is dit met die ou? Smile 'n bietjie, skrik 'n bietjie, lag 'n bietjie, act 'n bietjie ....

Andersins - die inkleding was great, die storie het ek baie geniet. Die regie was hopeloos onseker en desperaat - dit voel asof die regisseur net wou seker maak ons verstaan dis 'n comic book - en daarna sou ons hom alles vergewe.

Maar, soos my ouma sou sê: dit was iets anders.

En ons het altyd mense nodig wat iets anders probeer.

Vrydag, Januarie 21, 2005

The Sleeper Awakes

Hoe's dit vir 'n fantasie:

Twee vreemdelinge loop mekaar op die strand raak - een kan al vir jare lank nie slaap nie en sit na die see en staar. Die ander vreemdeling stop en gesels en wanneer hy die arme man se kondisie sien neem hy hom na sy huis. Terwyl hulle kuier en gesels lê die insomniak terug en raak uiteindelik aan die slaap. Vir 'n lang tyd slaap hy, terwyl sy vriend hom versorg.

Jare gaan verby.

Wanneer sy vriend uiteindelik sterf bemaak hy sy fortuin aan die slapende man se versorging, en dan doen ander mense dieselfde - totdat dit 'n tradisie vir eensame mense deur die wereld word om alles vir die wonderbaarlike slaper te los.

En so, tweehonderd jaar later, met sy liggaam op openbare vertoon, maak die slaper sy oë oop: die rykste, magtigste mens & die bekendste gesig in die wereld.

Klink lekker?

Hierdie is my sesde HG Wells boek in 'n ry - en waarskynlik die liggewigste van die klomp. 'n Baie goeie opbou maar daarna is Wells se obsessie met vlieg & vliegtuie in alles se pad. Interresant hoedat hy - 'n honderd jaar terug, voor die eerste vliegtuig gevlieg het - duidelik gesien het dat die wereld regeer sou word deur die een wat die lugruim sou beheer (vra die Irakies & die Serbiers).

Baie mooi slotparagraaf.

Dinsdag, Januarie 11, 2005

The Day After Tomorrow

Ek het die anderdag saam met my seuntjie 'n paar waterbomme uit koerantpapier gevou. Ons het water ingetap en dit toe - SPLAT! - teen die muur gegooi. Met die impak het die papier gebars en 'n groot nat kol teen die muur gelaat. COOOOL !! Ons het die tweede en derde bomme gegooi, maar die lekkerte was vinnig weg - ons weet mos nou al immers hoe dit voel.

Wat is die impuls wat maak dat ons sulke goed doen? Ek dink dis die kind daarbinne wat wil sien wat gaan gebeur - klein duiweltjie - plain en simple.

Op dieselfde dag het ons gekyk na "The day after tomorrow", op DVD.

Die Amerikaanse somerprent is daardie kind in ons. En maak nie saak hoe oud jy word nie - die kind is nie dood nie. Hierdie keer gooi hy die swellende Atlantiese Oseaan teen die stad van New York. COOOL !! Anderdag is dit Eight Legged Freaks - spinnekoppe so groot van motorkarre, Godzilla wat geboue plattrap, of Aliens wat stede uitbrand, Terminators wat die aarde opblaas, 'n meteor wat vlieg na die aarde en naderkom en naderkom...

En wat wil ons sien: dis daai SPLAT! van die impak.

As jou waterbom $100 miljoen kos moet dit darem verpak word vir die okkasie met 'n storie en 'n rationaal, soos die lint en die toedraaipapier van 'n persent. Maar ai, dis wat binne-in is wat tel. Elke karakter word soos 'n driepoot kamera "in posisie in" manoeuver om ons 'n ander hoek van die SPLAT te wys - en dan weet jy: houvas, hier kom dit...

Woensdag, Desember 29, 2004

The War of the Worlds

In die dae voor vuurpyle, missiele, voor motors en vliegtuie, voor kernwapens, voor bomme wat kom uit die lug uit, voor radio en televisie en radar, voor enige van vandag se groot wapens - ai, wat was daar om voor bang te wees?

"No one would have believed in the last years of the nineteenth century that this world was being watched keenly and closely by intelligences greater than man’s and yet as mortal as his own; that as men busied themselves about their various concerns they were scrutinised and studied, perhaps almost as narrowly as a man with a microscope might scrutinise the transient creatures that swarm and multiply in a drop of water. With infinite complacency men went to and fro over this globe about their little affairs, serene in their assurance of their empire over matter."

Met hulle cutting edge tegnologie word die Marsmanne in groot silinders deur 'n Mars-kanon geskiet aarde toe, waar hulle land naby London en massiewe drie-potige metaalmasjiene aanmekaarsit en daarna: The War of the Worlds - die uitwissing van ons almal met hittegolwe en giftige swart gas.

HG Wells is omtrent in dieselfde beswyming as sy spartelende paniekbevange London, teen die einde is hy so opgewerk dat dit voel asof hy homself half oortuig dat alles regtig gebeur het. Die laaste hoofstuk waarsku dat die volgende aanval van Mars af moontlik al oppad is....

Nog 'n rip-roaring groot droom met 'n bietie wie-weet-miskien-dalk daaragter - met baie oordeel en kunstigheid vertel. Gn wonder dat Amerika gagga gegaan het toe Orson Welles dit oor die radio gebulder het nie.

Vrydag, Desember 10, 2004

The Time Machine & The Island of Dr Moreau & The Invisible Man

'n Paar skitterende stories deur HG Wells.

The Island of Dr Moreau

Die doktor gebruik sy eiland om (met medisyne, scalpels, sweep en rewolwer) die eiland se diere in mense te verander. Hulle vermoor hom en keer dan stadig weer terug na hul oorspronklike vorm. En die-man-wat-dit-alles-gesien-het eindig terug in die beskawing, maar kyk nooit weer dieselfde na die mense om hom nie: hy sien altyd 'n dier in hul oe wat wag om weer uit te kom.

“Not to go on all-fours; that is the Law. Are we not Men? “Not to suck up Drink; that is the Law. Are we not Men? “Not to eat Fish or Flesh; that is the Law. Are we not Men? “Not to claw the Bark of Trees; that is the Law. Are we not Men? “Not to chase other Men; that is the Law. Are we not Men?”

The Time Machine

Die Time Machine is net so 'n CLASSIC - 'n visie van die mensdom in die jaar 802,701 ge-split in twee spesies, waarvan die een die ander een eet. En daarna 'n droomvisie waarin alle lewe stadig van die aarde af verdwyn en net betyds REVERSE, terug na die 19de eeu.

Kan nie eers onthou hoekom ek die Wells goed begin lees het nie, maar geniet dit verskriklik! Lekker lengte en detail, regte helderheid, my soort ding.

The Invisible Man

"I experienced a wild impulse to jest, to startle people, to clap men on the back, fling people’s hats astray, and generally revel in my extraordinary advantage."