Wys tans plasings met die etiket antiek. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket antiek. Wys alle plasings

Sondag, Augustus 30, 2015

Gilgamesh: die eerste gedig

Hierdie stuk is oorspronklik geskryf vir Versindaba




Daar is 'n storie van 'n koning wat die wêreld geplunder en gode gespot het, maar in die proses die enigste belangrike ding in sy lewe - sy vriend - verloor het. Hierdie dood het sy lewe verander: die res daarvan het hy gewy aan die soeke na ontsterflikheid - en eers as 'n ou man, met sy krag en jare uitgewoed - het hy die kans gekry om dit te verdien, en gefaal.

Die koning was Gilgamesh en hierdie manjifieke storie is, ongelooflik om te glo, die oudste van alle (behoue) verhale: dis reeds daar wanneer die gordyn lig oor die geskrewe wêreldbeskawing, tussen die Tigris en die Eufraat, 4000 jare gelede.

Mite... storie... godsdiens... letterkunde... geskiedenis? Ja, alles. Maar ook die eerste weerligstraal wat in 'n bottel gevang is en vir die mensdom behoue gebly het.

In die jare tussen 1800BC-1200BC word Gilgamesh/Bilgames in verskillende stories genoem wat later saamgeweef is in die eerste lang epos van rondom 3000 reëls wat vandag die "Epos van Gilgamesh" genoem word.

Die antieke wêreld het die "standaardvorm" van die latere Gilgamesh storie toegeskryf aan 'n man genaamd Sin-liqe-unninni, en alle studente wat leer skryf het was verplig om dit uit te skryf totdat hulle blou in die gesig was.

Maar danksy hierdie breinlose, repiterende werk is dit die oudste van alle eposse wat rekonstrueer kon word.

Die 3000 reëls is omtrent vier keer die lengte van Raka. Studente het dit geskryf op elf groot kleitablette, en vandag word elke tablet as een hoofstuk beskou. Altesame 73 gedeeltelike tablette bestaan vandag wat dele van dieselfde storie vertel, maar in verskillende tale en eeue. Daaruit kon alles behalwe omtrent 600 reëls rekonstrueer word. [Die jag na hierdie verlore Gilgamesh reëls is 'n aktiewe ondersoekveld.]

Van hierdie tablette was die grootste vonds 35 stukke wat in een antieke opgrawing in die dorp Nineveh in Irak in die 1850s ontdek is - na Engeland verskeep, waar dit vandag nog is - en teen 1870 vir die eerste keer vertaal is.

Dit was so 'n groot sensasie dat die eerste minister van Brittanje, Gladstone, ontbied is om na die eerste vertaalde voorlees daarvan te luister. Vir baie jare was die groot nuus dat dit die storie van 'n Groot Vloed en Ark, baie soortgelyk aan die een wat later in die Boek Genesis sou verskyn, bevat het. 

Maar Gilgamesh is baie meer as dit - dis nie 'n epos van gode en mites en die oorsprong van goeters nie, maar van menswees en die vrees vir die dood - so duidelik dat my hare rys.

I - Die koms van Enkidu

He who saw the Deep, the country's foundation
He saw what was secret, discovered what was hidden
He brought back a tale of before the Deluge
He came a far road, was weary, found peace
And set all his labours on a tablet of stone

Dit is die heel eerste woorde, en verwys natuurlik na die held, Gilgamesh. Hy is 'n gehate tiran en sy mense smeek die godin Arura om 'n teenvoeter vir hom te maak - ' n tweede Gilgamesh.

Let him be a match for the storm of his heart
Let them vie with each other, so Uruk may be rested
The goddess Aruru, she washed her hands
Took a pinch of clay, threw it down in the wild
In the wild she created Enkidu, the hero
Offspring of silence

Enkidu is 'n mensdier wat in die wild rondloop, maar met dieselfde krag en vermoë as Gilgamesh, as jy hom net daar kan wegkry. 'n Jagter ontdek hom, stel Koning Gilgamesh in kennis en verskeie planne word gemaak om hierdie kreatuur te nader, want almal is baie bang.
Alles in Gilgamesh is sewe dae -  sewe dae van drome, sewe dae was om skoon te kom, sewe dae siekte, sewe dae van reën, sewe dae sonder slaap...

En om dit alles mee af te skop: sewe dae van seks.

Die lafhartige mans huur Shamhat die hoer om saam met 'n jagter na die wild te gaan en Enkidu te verlei met sewe dae van seks.  En soos Gilgamesh voorspel, word hy daarna deur die ander diere in die wild verwerp.

[Die val van Enkidu deur 'n vrou en sy uitwerping het baie parallelle met Adam en Eva in die Tuin van Eden. ]

II. Die mensword van Enkidu

Enkidu verlaat die wildernis saam met Shamhat en verander van dier na mens, hy word gewas en geskeer en aangetrek. Hy leer van beskawing en wanneer hy hoor van Koning Gilgamesh se praktyk van droit-de-signeur besluit hy om die koning te konfronteer. 'n Groot geveg tussen Gilgamesh en Enkidu - net waaroor die mense gedroom het.

Maar die uiteinde is 'n fiasko vir hulle - die twee mans is ewe sterk en word vriende!
Gewapen met Enkidu as sy gids besluit Gilgamesh om die wild binne te dring en die gevreesde monster Humbaba dood te maak. Enkidu smeek hom om dit nie te doen nie, maar die Koning behandel sy besware met minagting.

Why my friend, do you speak like a weakling?
With your spineless words you make me despondent
As for man, his days are numbered,
Whatever he may do, it is but wind

III.  Voorbereidings vir die reis

Ninsun, Gilgamesh se ma, vra die Son God

Why did you afflict my son Gilgamesh with so restless a spirit?
He will face a battle he knows not
He will ride a road he knows not

Sy weet dat - meer as die fisiese gevaar - die uitdaging van Humbaba 'n uitdaging aan die gode is, want dit was hulle wat Humbaba as bewaker van die Sederberge aangestel het. Die ou wil net nie luister nie.

IV - Die reis na die Sederberge

Oppad na die Sederberge is Gilgamesh skynbaar nie meer so dapper nie. Hy het nagmerries elke nag, waarna hy wakker word en Enkidu hom moet troos.

I saw a Thunderbird in the sky
Up it rose like a cloud, soaring above us
It was a visage distorted
Its mouth was fire, its breath was death.
There was also a man, he was strange of form
And stood there in my dream.

Enkidu verduidelik dit alles weg - senuwees voor die groot geveg - waarin hulle (twee teen een) sekerlik sal seëvier. Daar is 'n sekere ironie aan Gilgamesh se woorde aan die einde van hierdie episode

Why, my friend, do we speak like weaklings?
Was it not we crossed all of the mountains

Dieselfde woorde waarmee hy Enkidu aan die begin beskaam het, maar why do you speak like a weakling het nou why do we speak like weaklings geword.
Enkidu dink seker speak for yourself, maar sê niks.

V. Die Geveg met Humbaba

Enkidu lei Gilgamesh na Humbaba, wat sy oë nie kan glo nie!

Come, Enkidu, you spawn of a fish, who knew no father
Hatchling of terrapin and turtle, who sucked no mother's milk!
In your youth I watched you, but near you I went not
In treachery you bring me before Gilgamesh
And stand there, like a warlike stranger

Hierdie woorde maak Enkidu woedend ( want hy weet dit is waar, en wat hy doen is verraad, maar dis nou te laat ). Wanneer hy sien Gilgamesh se moed begewe hom is dit hierdie keer hy wat sy vriend se woorde terug in sy gesig gooi

Why my friend, do you speak like a weakling?
With your spineless words you make me despondent
My friend Humbaba who guards the forest of Cedar
Finish him! Slay him! Do away with his power.

Hulle kry dit reg om die arme Humbaba uiteindelik te verneuk, te oorrompel en te vermoor, maar die hele episode laat 'n slegte smaak in die mond - veral vir Enkidu, wat deur sy skuldgevoel geteister word. Om sy gewete te paai bou hy daar en dan, op die plek, 'n tempel aan die gode.

VI. Ishtar en die Bul

Die triomfantlike Gilgamesh en Enkidu keer terug met die kop van Humbaba. Die godin Ishtar het die hots vir Gilgamesh, maar hy herinner haar

You loved the speckled allallu-bird,
but struck him down and broke his wing;
now he stands in the woods crying "My wing!
You loved the lion, perfect in strength
but for him you dug seven pits and seven.
You loved the horse, so famed in battle,
but you made his destiny whip, spur and lash.

Gilgamesh gaan nie makgemaak word nie - nie deur god of vrou nie. Die woedende Ishtar stuur die sterregroep Taurus uit die hemel na die aarde - die Hemelbul - om haar te wreek, maar na 'n nog 'n geveg maak Enkidu en Gilgamesh die Hemelbul ook dood.

Klink wonderlik, sukses na sukses, maar die sesde tablet eindig met onheispellende woorde

At night the men lay asleep on their beds,
and Enkidu as he slept was having a dream
Enkidu rose to relate the dream,
saying to his friend:

VII - Die dood van Enkidu

Enkidu droom dat die gode besluit het om hom te straf vir sy verraad van Humbaba.
Hierdie is een van die roerendste dele. Enkidu vervloek nou die dag van sy beskawing - die jagter en die hoer Shamhat wat hom weggeneem het van sy onskuldige bestaan as dier. Die tempel wat hy vergeefs langs Humbaba se lyk gebou het.

Come Shamhat, I will fix your destiny
A doom to endure for all eternity
A household to delight in you shall not acquire
Never to reside in the midst of a family

Gilgamesh kalmeer sy vriend, en die dieselfde patroon speel af soos in die reis na die Sederberge - elke nag droom Enkidu 'n nagmerrie dat hy gaan sterf, elke keer troos Gilgamesh hom.

Maar op die sewende dag is Enkidu dood.

VIII - Enkidu se begrafnis

Die hele tablet is net Gilgamesh se rou oor sy vriend.

I shall weep for Enkidu my friend
Like a hired mourner-woman I shall bitterly wail...

IX - Gilgamesh se swerfjare

I shall die, and shall I not then be as Enkidu?
I am afraid of death, so I wander the wild
To find Uta-napishti, son of Ubar-Tutu

Die legende was dat daar een man op aarde was - Uta-napishti - wat nooit gesterf het nie. Vir Gilgamesh was dit nou die enigste ding wat saakgemaak het: om hierdie man te vind en sy geheim van ontsterflikheid te kry.

Langs die pad word hy afgeraai om sy tyd hiermee te mors, maar Gilgamesh is verbete. Hy kom verby die Skerpioenmanne, en jaag die "pad van die son" na die plek waar die son sak voordat dit donker word: die Tuin van Juwele. Gilgamesh is die eerste mens wat hier uitkom.

X. By die einde van die wereld.

Hier by die einde van die wêreld, waar die son sak en opkom, ontmoet die see en die land, en daar woon 'n eensame godin wat hom uiteindelik vertel (nadat sy geluister het na die Enkidu storie) van die bootman Ur-shababi - wat hom oor die see na Uta-Napishti se eiland kan neem.
Die bootman help Gilgamesh oor die see (lang storie), maar waarsku hom

Enkidu indeed they took to his doom.
But you, you toiled away, and what did you achieve
You exhaust yourself with ceaseless toil
you fill your sinews with sorrow
Bringing forward the end of your days
Man is snapped off like a reed in a canebrake
The comely young man, the pretty young woman
all too soon their prime Death abducts them
No one at all sees Death,
no one at all sees the face of Death,
no one at all hears the voice of Death
Death so savage, who hacks men down
The abducted and the dead, how alike is their lot!

Maar dit alles val op dowe ore, en elk geval, Gilgamesh het gearriveer: daar staan Uta-Napishti vir hom en wag.

XI. Ontsterflikheid geweier

Tablet XI - Die Vloed Tablet, detail
Uta-napishti en sy vrou is die enigste oorlewendes van die Groot Vloed. Die god Ea het hom betyds gewaarsku dat dit kom, hy het 'n ark gebou en met diere gevul, mense het gedink hy is mal. Dit het vir sewe dae en sewe nagte gereën ... wag 'n bietjie, jy het al hierdie storie gehoor? Jip, dis presies dieselfde een wat later in die Boek Genesis sou verskyn as Noag se Ark.

[Dit is ook 'n samesmelting van 'n ander Babiloniese gedig Atram-hasis, wat vertel van die gode se herhaaldelike pogings om die mensdom uit te wis]

Uta-napishti het ontsterflikheid gekry hiervoor, maar die slegte nuus vir Gilgamesh is dat dit 'n eenmalige gebeurtenis was.

Maar hy kry een kans van sy eie - as Gilgamesh vir sewe dae kan wakker bly (dis al) sal hy ontsterflikheid kry. Terwyl hy hierdie toets doen bak Uta-napishti se vrou elke dag vir Gilgamesh 'n brood wat hy moet eet, maar hy val uiteindelik aan die slaap, en slaap en slaap

So she baked for him his daily bread-loaf, she lined the head
noting on the wall the days that he slept
His first bread-loaf was all dried up
the second was leathery, soggy the third
the fourth flour-cake had turned to white
the fifth had cast a mould of grey,
fresh-baked was the sixth
the seventh still on the coals:
then he touched him and the man awoke

Gilgamesh word wakker met sewe droë brode - bewys van sy mislukking - hy het sewe dae lank geslaap.

En dit is dit: ontsterflikheid geweier. Daar is geen tweede kans nie.

The life that you seek you never will find
when the gods created mankind
death they dispensed to mankind
life they kept for themselves.

Daar is 'n troosprys: oppad terug, op die bodem van die see groei die "plant van vernuwing" - 'n plant wat die krag van jou jeug herstel. Gilgamesh duik af en pluk dit met sy rit terug saam met die bootman, maar hy verloor dit 'n dag later - 'n slang seil daarmee weg terwyl hy slaap.

En Gilgamesh eindig - nou as 'n ou man - met absoluut niks om te wys vir sy swerwings nie

Now far and wide the tide is rising,
Having opened the channel I abandoned the tools:
What thing would I find that served as my landmark?

Gilgamesh gaan saam met die bootman terug na Uruk, sy stad.

As die gode hom niks gaan gee nie, ook geen kinders nie, sal hy nie smeek nie. Sy eie dade, die stad wat hy geskep het, sal sy troos wees en sy storie sal sy ontsterflikheid wees. 

He brought back a tale of before the Deluge
He came a far road, was weary, found peace
And set all his labours on a tablet of stone

Hierdie oomblik is vir my die geboorte van kuns: die besef dat die menslike liggaan gaan sterf maar dat menslike skeppings ontsterflik kan wees.

En Enkidu? Hy het uiteindelik tog die mense van al daardie destruktiewe energie verlos - nie met sy koms nie, maar met sy heengaan. Want dit was vriendskap geskep en verloor - die begrip van menslike behoeftes en beperkings, wat die hart van 'n tiran verander het.

En dit alles 3500 jaar gelede.


Vertaal deur  Andrew George, The Epic of Gilgamesh, Penguin Classics (1999).

Vrydag, Junie 24, 2005

Oedipus

Sophocles se "Oedipus Rex" - seker die beroemdste van alle dramas, en met goeie rede - 'n perfekte kunswerk.

Die koning van Thebes besoek 'n blinde profeet - Teiresias - wanneer sy vrou swanger word en hoor tot sy skok dat die kind binne haar bestem is om hom te vermoor.

Met die geboorte gee hy die baba vir sy dienskneg en vra dat hy die kind onmiddelik van kant maak. Die dienskneg kry dit nie oor sy hart nie - hy neem die kind na 'n vriend wat hom vertel het van 'n arm kinderlose paartjie. Die koningin - Jocasta - glo dat haar kind met geboorte gesterf het.

Hierdie baba is Oedipus, hy word in 'n nederige huis grootgemaak deur aangenome ouers.

Baie jare later, as 'n jong man, vind Oedipus homself in 'n dronkespul in 'n kroeg, waneer iemand skielik vir hom sê: "Het iemand al vir jou vertel dat jy 'n aangenome kind is?"

Oedipus konfronteer sy ouers, hulle ontken dit ten sterkste, maar hul reaksies veroorsaak verdere twyfel in sy gemoed, en hy besluit om na die profeet Teiresias te gaan om die waarheid te hoor.

Sy ontmoeting met Teiresias is 'n fiasko - die blinde man skreeu op hom as 'n onnatuurlike, afgryslike mismaaksel wat jou sy vader sal vermoor!

Oedipus is so ontsenu hierdeur dat hy besluit om nooit weer na sy ouers terug te keer nie, uit vrees dat hy hulle geweld sal aandoen.

Vir jare swerf hy alleen.

Dan eendag - by die plek waar drie paaie kruis - weier hy om toe te gee vir die entourage van 'n ryk reisiger, hy word deur die koetsman met 'n sweep geslaan, verloor sy humeur, vermoor eers die koetsman en uiteindelik die passasier binne die koets.

Uiteindelik kom hy in die stad Thebes, waar hy hoor dat die koning verdwyn het en die man wat die raaisel van die Sphinx kan oplos die nuwe koning sal word.

Oedipus is suksesvol en word die nuwe koning van Thebes, met Jocasta as sy koningin.

En dan, skielik, kom 'n verskriklik plaag oor die stad. Na alles moontlik probeer is stuur Oedipus 'n boodskap na die Orakel by Delphi. Die boodskapper kom terug met die nuus dat die pes oor die stad sal bly totdat die moordernaar van die vorige koning gevind en uit die stad verban is.

Oedipus is gretig om hieraan bevel te gee - hy voer persoonlik die ondersoek om die skuldige man te vind.

Hierdie ondersoek lei hom terug na Teresias - wat hom waarsku dat hy nie die waarheid "wil weet nie". Oedipus beur hardkoppig voort. Uiteindelik vind en ontbied hy die enigste oorlewende ooggetuie van die koning se moord - sy dienskneg, wat in die jare daarna 'n skaapwagter geword het.

Wanneer die skaapwagter vir hom vertel dat die moord gebeur het "by die plek waar drie paaie kruis" val daar 'n yskoue skaduwee oor Oedipus se siel.

Van hierdie oomblik af smeek almal, veral Jocasta, hom om op te hou met sy ondervraging, los dit net alles.

Maar Oedipus is in 'n frenzy: EK MOET WEET WIE EK IS!

Uiteindelik, wanneer hy alles besef - die profesie, sy aanneming, hyself is die koning (sy pa) se moordenaar, getroud met sy eie ma, die oorsaak van sy stad se vloek - neem hy 'n mes en steek sy oë uit, sy oë wat altyd blind was, groet sy kinders vir oulaas en dwaal weg in die vreemde.

Woensdag, Junie 01, 2005

Die Loflied aan Demeter

In antieke Griekeland het hulle elke jaar die fees van Dionysus gehou - die maand waarin die groot Griekse dramas voor enorme skares gedoen is.

So 'n drama is voorafgegaan deur 'n hymn aan een van die Gode, 'n curtainraiser wat deur tyd sy eie lewe gekry het.

Daar was 'n standaard versameling hymns wat die ou Grieke aan Homerus toegeskryf het - "The Homeric Hymns".

Die roerendste een, vir my, is die Hymn aan Demeter.

Ek dink hieraan omdat my seuntjie nou die aand gesê het:

"Pa, weet jy waar kom blomme vandaan? Van pitte en grond"

Die Grieke het die lewenskrag wat pitte en grond in blomme verander aan die godin Demeter toegeskryf. Dit was sy wat lewe uit die aarde laat rys het. Die "Hymn aan Demeter" vertel die bekende storie hoe Hades, God van die Onderwereld, Demeter se dogter Persephone ontvoer het met 'n pragtige blom in die veld. Toe sy naderkom om dit te pluk het hy die aarde onder haar oopgeskeur, weer toegemaak en haar as sy vrou na sy doderyk geneem.

Demeter het vir maande lank haar dogter vergeefs geroep en gesoek, niemand kon haar help nie. Uiteindelik het 'n ou vrou vir haar vertel wat sy gesien het. Demeter het na Zeus gegaan maar tot haar uiterste skok gehoor dat Zeus kop-in-een-mis met sy broer Hades was.

Hierna word Demeter 'n hartseer swerwer in die gedaan van 'n ou vrou. By 'n waterput kry 'n vrou haar jammer en neem haar in diens as haar baba oppasser.

So begin Demeter haar liefde verplaas op die seuntjie Demophoon, wat sy in geheim in 'n God verander deur hom bedags ambrosia te voer en snags oor die Godelike vuur te lou.

Maar Demophoon se ma loer hulle af, en met afgryse neem sy haar seun terug en steek Demeter in die pad.

Na hierdie dubbele terugslag gaan sit Demeter en huil, en met haar trane begin die bome en plante van die wereld te sterf.

Uiteindelik, met die lewe van die mensdom op die spel stuur Zeus 'n boodskap aan Hades dat hy vir Persephone moet teruggee. Maar voor hy dit doen kry Hades dit reg om Persephone te trick om van die Onderwereld se kos te eet, waarna sy nooit weer daarsonder kan gaan nie.

En so het die ewige seisoene ontstaan: vir drie kwartale van die jaar woon Persephone by haar ma - en die blomme en bome bloei van vreugde (lente & somer).

Dan kom die tyd nader wanneer Persephone moet terugkeer na die Onderwereld, en Demeter se gemoed sak (herfs).

En wanneer Demeter weer alleen is treur sy, en die wereld word kaal (winter) tot die dag wanneer sy weer haar geliefde Persephone sien.

[1 Junie 2005]

Saterdag, April 16, 2005

Die Vroue van Troje


Euripides se drama "Vroue van Troje" speel af in die konsentrasiekamp waar die Trojaanse vroue en kinders wag vir hulle lot; nadat hulle mans verslaan en hulle stad verbrand is.

Die vroue sluit die berugte Helen v Troje en die mal profeet Cassandra in, maar die twee belangrikste karakters is Hecuba, die koningin van Troje; en Andromache, weduwee van Troje se groot held Hector.

Hecuba het alles en almal verloor behalwe haar seuntjie Polydorus, wat sy betyds uit die stad gesmokkel het.

Sy weet nie dat die man wat sy omgekoop het om hom te huisves besluit het dat dit makliker is om maar net die kind se keel af te sny en haar geld te vat nie (voor die Grieke hom kry...)

Sy troos haarself aan die gedagte van Polydorus terwyl sy die lyk van haar laaste dogter in die rivier afwas, wanneer sy opkyk en 'n klein liggaam in die water sien afdryf na haar toe...

Terselfdertyd troos Andromache haar en Hector se enigste baba Astyanax. Hulpeloos en seker dat iets verskrikliks gaan gebeur.

Uiteindelik kom die Grieke se besluit: sy moet die kind oorhandig sodat hulle hom van die hoogste toring van Troje kan gooi.

As sy dit sonder weerstand doen, sal hulle die lyk vir haar terugbring, anders sal hulle hom net daar los vir die wolwe.

Oorlog, tragedie, grusaamheid, verloor en verlies.

Woensdag, Maart 02, 2005

Oresteia

Die Grieke het vir ons baie dinge nagelaat - een ding wat my elke keer opval is die groot ironie: hoedat ons leef deur die oomblik wat ons noodlot bepaal sonder om dit ooit raak te sien.

Byvoorbeeld.

Agamemnon en sy broer Menelaus bring die Grieke bymekaar om 'n oorlog teen die arme stad Troje te voer en Menelaus se vrou "Helena van Troje" terug te bring.

In daai jare was soldate vervoer in galleie wat geroei is met spane vir elke meter se vordering: 'n ontsettende moeilike en risky storie om een boot veilig te manoeuver vir enige lang afstand, nevermind 'n weermag van 'n duisend skepe.

Eintlik is daar maar net een manier hoe so iets ooit kan werk: met die hulp van 'n sterk en aanhoudende wind agter die seile.

Die twee broers kies dus die hawe van Aulis as die wegtrekpunt omdat dit (soos Kaapstad en PE) 'n reputasie vir wind het.

Behalwe, Agamemnon beledig die godin van die natuur (Artemis) en as straf bring sy 'n totale windstilte oor Aulis. Daar sit die Grieke met hul duisend skepe all-dressed-up-and-nowhere-to-go.

Uiteindelik kom woord dat Artemis 'n bloedoffer uit Agamemnon se familie soek voordat sy die wind sal verskaf, en na 'n wroeging besluit hy om toe te gee. Hy laat sy oudste dogter kom - op die oog af vir haar troue - maar die oomblik wanneer hy haar "weggee" trek hy 'n mes uit en sny haar keel af, as offer vir Artemis.

Daardie oomblik is die oomblik wat Agamemnon se lot bepaal.

Maar wat gebeur nou? Die wind steek op, die Grieke storm na hul bote en die groot reis begin. Die twaalf-jaar lange oorlog met Troje sleep verby en uiteindelik is Agamemnon triomfantlik. Troje word afgebrand, Paris (Helen se vryer) word vermoor, Helen kom saam met die Grieke terug.

Die Griekse nasie is gevorm, die wereld geskiedenis begin, die digters sing, maar dit is alles onbelangrik - die hele Trojaanse Oorlog is irrelevant.

Agamemnon het lankal vir Iphigenia (sy dogter) vergeet - derduisende onskuldige mense het immers gesterf - maar Clytemnestra, sy vrou, het hom dit nooit vergewe nie.

Elke dag van die twaalf jaar het sy gewag en op dieselfde dag van sy triomfantlike terugkeer steek sy hom dood (30 keer) nadat sy 'n "Royal Robe" vir hom aantrek wat in werklikheid 'n straightjacket is.

Die oudste dramaturg wat ons ken - Aeschylus - het 'n trilogie dramas hieroor geskryf.

Die eerste drama se naam is "Agamemnon" - dis die storie wat ek nou net vertel het.

Die tweede drama se naam is "Choephori". In Engels sê hulle "The Libation Bearers". 'n "Libation" is 'n drankie wat vir die Gode gemeng en dan as offer oor 'n graf of in 'n tempel gestrooi word. Die Afrikaanse woord daarvoor is "plengoffer", maar ek sterf voor ek dit gebruik.

Ek noem dit "Die Kransdraers".

"Agamemnon" en "Die Kransdraers" is my gunsteling twee dramas. (en Shakespeare se "Henry IV")

Die Kransdraers speel af rondom Agamemnon se graf en wys die motiewe van die verskillende mense wat offers bring.

Clytemnestra bring haar offers om die gees v Agamemnon te paai en die geskiedenis te begrawe.

Orestes (hulle verbanne seun) bring sy offers om sy pa se krag te kry vir wraak op sy ma.

Rondom daardie graf sien ons die hele wereld van wraak en haat en die sondes van die vaders wat oorgedra word op die kinders.

Die onbreekbare siklus: "The living wails to the dead", soos Clytemnestra sê, wat tot vandag toe aangaan.

Hoendervleis stuff.

En dan (net vir die rekord) Die derde drama is die "Eumenides" - "The Kindly Ones".

Ek haat dit. Vir my voel dit soos om 'n ballon te prik nadat jy dit vir vyf uur lank opgeblaas het.

Dit gaan oor die "Twelve Furies" wat Orestes jaag namens Clytemnestra se spook en uiteindelik tot 'n vergelyk kom met hom en sy cronies (Athene en Apollo) en dan verander in die "Kindly Ones"

Daars is nog so 'n ironie is in die storie v Jason en Medea, maar dis 'n ander dag se saak.

Woensdag, September 15, 2004

Aeneid


Ek het uiteindelik klaargemaak met 'n boek wat ek as eerstejaar op Stb, gekoop het. Destyds was dit na aanleiding v Berlioz se opera, hierdie keer was dit om die storie v Troye verder te lees, na al die hartseer v die Iliad.

Dit was 'n prosa vertaling, soos die Iliad en Odyssey. Ek het hier en daar ook 'n versvertaling gelees v Gutenberg.com. Uit die versdele was my gevoel dadelik dat Virgil 'n werklike voorganger van Shakespeare was: hier is dieselfde kuns van welsprekendheid, kort frases vol insig, met 'n volgehoue ritmiese musikale gevoel.

Hoe sou dit wees om Shakespeare as Afrikaanse prosa te lees? So iets, seker. As verhaal is daar 'n pragtige hervertelling van die val v Troye en die tragedie v koningin Dido. Die tweede helfde is oorlog, oorwinning en voorspoed, en nie so compelling soos die eerste deel nie. Dis uit en uit 'n ripoff v die Iliad, maar nou-ja, dis hoekom ek dit gelees het.

Die tragedie in die Aeneid (die dood v Turnus en Dido) is nie naastenby so sterk soos in die Iliad nie - die hartseer hier is vir die groter saak: die totstandkoming v die Romeinse ryk.

My mooiste oomblik: Creusa, Aeneas se vrou, wat moed op gooi en ophou hardloop tydens die vlug uit Troye.

Troje, Troje, Troje. Die hartseer van 'n lang stryd en 'n kosbare verlies.

Woensdag, September 01, 2004

Iliad

Die Iliad word bederf deur die GROOT hoeveelheid oorlogskryf, wat maar baie boring lees vandag.

Maar daar is 'n skitterende intensiteit en die wonderlike omhulsel van Achilles en Agamemnon se rusie aan die begin en die dood van Hector aan die einde.

Oomblikke van groot visie: die finale hoofstuk waar Achilles en Priam saam huil, Priam oor sy seun en Achilles oor sy vader, is een van die groot groot oomblikke van ons lettere.

Die pragtige beskrywing van Achilles se skild, met alles wat mooi en sleg is op aarde, in die stilte tussen Patroklus se dood en Achilles wraak.

Hector wat skreeu "the Gods have called me to my death" wanneer hy op die finale oomblik deur Athene verraai word.

Oor alles hang die gevoel v Godeskemering en groot hartseer, van Troye se einde wat naderkom, onkeerbaar.

Dit voel snaaks om te dink dat die Iliad geen letterkunde of karakterontwilling het nie. Menelaus, Helen en Paris feature nie veel nie, en die belangrikste oomblikke: Achilles se dood en einde van Troye, word uitgelaat. Tog voel alles so reg en volledig.

"While Hector yet lived, and yet Achilles kept his wrath, and unsacked was the city of Priam the king, so long the great wall of the Achaians likewise abode steadfast. But when all the bravest of the Trojans died, and many of the Argives,--some were taken, and some were left,--and the city of Priam was sacked in the tenth year, and the Argives had gone back in their ships to their own dear country, then verily did Poseidon and Apollo take counsel to wash away the wall, bringing in the might of the rivers, of all that flow from the hills of Ida to the sea. Rhesos there was, and Heptaporos, and Karesos, and Rhodios, Grenikos, and Aisepos, and goodly Skamandros, and Simoeis, whereby many shields and helms fell in the dust, and the generation of men half divine; the mouths of all these waters did Phoebus Apollo turn together, and for nine days he drave their stream against the wall; and still Zeus rained unceasingly, that the quicker he might mingle the wall with the salt sea. And the Shaker of the earth, with his trident in his hands, was himself the leader, and sent forth into the waves all the foundations of beams and stones that the Achaians had laid with toil, and made all smooth by the strong current of the Hellespont, and covered again the great beach with sand, when he had swept away the wall, and turned the rivers back to flow in their channel, where of old they poured down their fair flow of water."


Maandag, Augustus 02, 2004

Die Griekse dramas


The Wasps

[Aug. 2nd, 2004|10:13 pm]

PHILOCLEON. And so I have charged my conscience with the acquittal of an accused being! What will become of me? Sacred gods! forgive me. I did it despite myself; it is not in my character.
  

Rhesus & The Suppliants

[May. 31st, 2004|10:12 pm]

Rhesus. Baie minor stukkie oor die koms v Rhesus (mostert na die maal) in die Trojaanse kamp, net om in sy slaap op die eerste nag vermoor te word.

The Suppliants. My HEEL LAASTE Euripides: 'n Minor stukkie oor Theseus wat die verloorders in die oorlog teen Thebes jammer kry en hul lyke terugwen v 'n begrafnis.
  

Die Phoenissia

[May. 30th, 2004|10:12 pm]

Eintlik nog 'n "kinders v Oedipus" storie. Al wat v my nuut was was die selfmoord v Creon se seun, om die stad te beskerm, baie nice stukkie.

Iphigenia in Tauris & Orestes

[May. 26th, 2004|10:11 pm]

Iphigenia in Tauris, Flou. Selfde plot as Helen, Orestes ontdek sy suster (wat werk as priesteres) in die boendoes en maak dieselfde plan om te ontsnap.

Orestes. Nog 'n tragedie met 'n happy einde, Orestes wat hom verbeel dat hy Helen (vir een of ander rede) vermoor het. Noemenswaardig net vir die stukkie repartee tussen hom en Menelaus terwyl hy Hermione gevange hou. Flou bier in vergelyking met die groot "Andromache".

Iphigenia in Aulis

[May. 19th, 2004|10:10 pm]

CLYTAEMNESTRA Dost thou mean to slay thy child and mine?
AGAMEMNON (Starting) Ha! these are heartless words, unwarranted suspicions!
CLYTAEMNESTRA Peace! answer me that question first.
AGAMEMNON Put a fair question and thou shalt have a fair answer.
CLYTAEMNESTRA I have no other questions to put; give me no other answers.

Ek het nogal hiervan gehou: sterk emosie uit Agamemnon en Clytaemnestra.

Ion

[May. 16th, 2004|10:09 pm]

'n Baie interessante storie, wat seker 'n uitstekende tragedie sou uitmaak, as dit nie, op die laaste oomblik, 'n happy einde gehad het nie.

Heracles (Euripides)

[May. 12th, 2004|10:08 pm]

Heracles (Euripides) vermoor sy eie seuns terwyl hy deur MALHEID oorval word, en pass uiteindelik uit. Wanneer hy wakker word, onbewus van wat hy gedoen het, sit sy pa langs hom en fluister in sy oor

AMPHITRYON My child! mine still, for all thy misery.

Die Homeriese liedere

[May. 10th, 2004|10:07 pm]

Die mees aangrypende lied is aan Demeter, en beskryf die ontvoering v haar dogter Persephone en haar liefde vir die seuntjie Demophoon. En ek hou van hierdie stukkie, uit die lied aan Pan

They called him
Pan
because he delighted
the hearts
of all

Die Wolke

[May. 8th, 2004|10:06 pm]

Nog 'n baie effektiewe komedie van A, met Sokrates as die bad guy. 'n Bietjie selfpromosie, A beskryf sy dramas: geen gimmicks, slapstick, geraas of geweld:

She comes before you trusting in her words and in her action.

Helen

[May. 5th, 2004|10:06 pm]

Snaaks dat die Grieke nooit Helen - een van hul bekendste karakters - sentraal in enige drama geplaas het nie. Die Iliad wys haar omtrent glad nie. Waar het Euripides aan hierdie weird idee gekom: Helen was al die tyd in Egipte, terwyl die Troyaners oor 'n skim geveg het. Niks veel nie, ek hou elkgeval nie van Helen of Menelaus nie.
  

Lysistrata

[May. 2nd, 2004|10:05 pm]

Uitstekend, uitstekend, uitstekend. Die vroue v Athene en Sparta be-eindig hul oorlog deur seks v hul mans te weerhou. Aristophanes is steeds besig om in my estimasie te styg.

Hesiod, Theogony

[Apr. 29th, 2004|10:04 pm]

Die geskiedenis v d Gode. Ongelukkig nie so juicy soos ek gehoop het nie. Baie in die styl v die boek v Nommers in die Bybel.

Euripides se Elekra

[Apr. 28th, 2004|10:02 pm]

Die 3de en laaste version v dieselfde storie, nogsteeds niks so indrukwekkend soos Aesh. se eerste een nie.

Die Trachiaanse Vrouens

[Apr. 25th, 2004|10:02 pm]

Die laaste Sophocles: Die Trachiaanse Vrouens. Heracles se dood, per ongeluk, deur sy vrou - en 'n paar mooi touches: sy vrou wat sonder 'n woord die verhoog verlaat nadat haar vermoede bevestig word, en selfmoord pleeg.

NURSE 'Twas the work of her own mind and her own hand.

Cyclops & Vrede

[Apr. 25th, 2004|10:00 pm]

Cyclops: 'n Ligte retread van die storie in die Odyssey. Niks om oor huistoe te skryf nie.

Aristophanes se Vrede. As iemand ooit geglo het "Make love, not war", was dit hierdie ou. Sjoe. Wat 'n propagandis v vrede! Die play is maar lig in die broek, 'n Burger wat op die rug v 'n miskruier vlieg na die gode om Vrede ('n standbeeld met twee seksie & gewillige meisieslawe) te gaan red en terug te bring na Griekeland, en daarna elle lange dankoffers.

Elekra (Sophocles)

[Apr. 24th, 2004|10:00 pm]

Dit was 'n ontsettende gekraam deur Elekra se pynlike, selfbejammerende speeches. Niks behalwe miskien haar oomblik van erkenning v Orestes het veel van 'n indruk gemaak nie.

Mourning becomes Elekra, inderdaad.

Die Bacchae & Die Acharnians

[Apr. 18th, 2004|09:59 pm]

Die Bacchae. Ontsettend wrede affere. Ek is ook nie so seker dat ek alles verstaan nie (of sou kon oorvertel nie). Agave, wat haar eie seun Pentheus verskeur terwyl sy in 'n Bacchaniese beswyming is, en sy kop terugdra (dinkende daaraan as die van 'n leeu) om vir hom te wys. En dit alles omdat hy nie 'n God wou erken nie. Eeeish.

Die Acharnians. 'n Great idee, maar 'n baie arbitrere, John Lennonerige play oor een man se voorpoed nadat hy 'n "persoonlike vrede vir sy huisgesin" met die vyand gesluit. Sonder die byt v die Knights, maar snaaks by plekke.

Ajax

[Apr. 17th, 2004|09:58 pm]

O son, mayst thou prove happier than thy father,
In all else like him, and thou'lt prove not base.
Yet even now might I envy thee herein,
That of these woes thou hast no sense at all.
For the life that is unconscious is most sweet-
Until we learn what joy and sorrow are.
But that once learnt, then midst thy father's foes
Thou must show what thou art, and of what breed.

Nog 'n goeie play v Sophocles, die selfmoord v Ajax. Selfde tipe gehalte as Philoktetes.

Die Paddas, Die Ridders

[Apr. 15th, 2004|09:56 pm]

My eerste Griekse komedie, Die Paddas (op Anja se aanbeveling). Nogal indrukwekkend, die funnybones is daar, reg op die bladsy. Ek het net jammer gevoel vir arme Euripides, wat hy in kompetisie teen Aeschylus in die hel laat meeding vir 'n plek terug op aarde.

The Knights. (die ridders, die knegte, die ruiters?) Skitterende, vuil, vieslike play, tjokvol energie. 'n Direkte aanval op die heerser v Athene, Creon, wie sy job aan 'n worsverkoper verloor. En bleddie snaaks.

Alcestis, Medea, Hippolytus

[Apr. 11th, 2004|09:55 pm]

Alcestis: Lekker-e-rig. Heracles wat oorslaap as Admetus se gas op dieselfde dag wat sy vrou Alcestis namens hom moet sterf.

Medea: Die groot vlagskip vir skreeu & haat & wraak & pyn-aandoen. Medea, half-heks half-beskermengel wat in woede die vier mense in haar ex-man se lewe vermoor. Die uiteinde is die ergste vorm van sadisme, wanneer sy - net buite sy bereik - vir Jason koggel met die lyke van hul twee seuns aan haar voete.

Nie so ernstig en kragtig soos Agamemnon & die Kransdraers nie, maar 'n lekker orgie elkgeval.

Die Kinders van Heracles. Nie veel om te vertel nie - wanneer gaan Euripides ophou om kinders te vermoor?

"It is the custom of heralds to exaggerate events, yes, twofold in the telling"

"Envy no man his prosperity until you see him in his grave, fortune can desert him in a single day."

Hippolytus

Bullseye! Briljant, uit-en-uit meesterstuk. Pragtige digkuns en drama, damn!

"If anything more precious than life does exist, it's wrapped in darkness, hidden behind clouds. We're fools in love - it's plain enough - clinging to this glitter here on earth because we don't know any other life and haven't seen what lies below. It's stories sweep us along, silly stories."

The Suppliant Maidens, Die Persiers

[Mar. 31st, 2004|09:53 pm]

(Aeschylus). Mooi intro, maar die res is heeltemal staties. Die meisies wat vlug en die Koning v Argos smeek om hul te red uit forseerde troues met hul neefs.

Die Persiërs is min of meer dieselfde.

Philoktetes

[Mar. 30th, 2004|09:52 pm]

Philoktetes - Sophocles. Die krippel boogskutter met Heracles se boog, wat eendag Paris sal doodskiet. 'n Pragtige, roerende oomblik in tyd.

PHILOKTETES

If you have a sword, or an axe, or a knife,
then bring it to me.

CHORUS

What will you do with it?

PHILOKTETES

I will cut off my head, cut off my foot,
cut myself apart with my own hand.
My mind wants nothing but death.

CHORUS

Why?

PHILOKTETES

I want to find my father.

Hecuba, Die Vroue van Troje, Andromache

[Mar. 21st, 2004|09:48 pm]

Pynlik verby pyn, die hartseer v die moord op die kinders v die Troyaners. Die Troyaanse vroue is die volledigste, voltooidste van die drie. Eina, eina.

Andromache is een v die spannendste goed wat ek ooit gelees het. Al daai hoop en liefde v die vrou en haar kind, en die voortbestaan van haar ras en Hector se geskiedenis, sonder om te weet wat gaan gebeur. Phew!

Prometheus Bound

[Feb. 27th, 2004|09:44 pm]

'n Powerful situasie: die wereld se twee grootste verloorders ontmoet mekaar. Prom., vasgeketting aan 'n rots vir ewig, en Io, die meisie wat vir altyd in 'n bok verander is. Sonder die kragtige taal en uitvoering v Orestia, maar dit bly 'n interrante fragment.

Seven Against Thebes

[Feb. 23rd, 2004|09:42 pm]

Nogsteeds die Grieke. Seven against Thebes vertel dieselfde storie as Sophocles se Antigone. Meer soos 'n fragment as 'n drama.

Orestia

[Feb. 22nd, 2004|09:41 pm]

Jy kan nie anders as om Aeschylus te respekteer nie, al is dit maar bitter grim. Agamemnon lees vir my soos 'n set-up vir sy groot opvolger: Choephori. 'n Meesterstuk, vir die kragtige visie van die kransdraers en hul verskillende motiewe. "The living wails to the dead".

Ek het nie geweet wat om van die Eumenides te verwag nie, maar dit was 'n bitter teleurstelling na die intensiteit van sy twee voorgangers. Dieselfde anti-klimaks as Oedipus by Colonus - voel soos 'n laylo wat stadig afblaas terwyl jy lees.

Oedipus

[Feb. 21st, 2004|09:41 pm]

Nommer een - Alles wat ek gehoop het. Beter as Shakespeare, met 'n storie wat deur die eeue die verbeelding aanvuur.

Nommer twee (by Colonus) - Nee wat, probeer my beste om dit te vergeet. (was Soph. die luckieste skrywer v alle tye?).

Nommer drie (Antigone) - ook nie so hot nie, alhoewel ek van die karakter hou.

Dinsdag, Maart 16, 2004

The Odyssey


Nie naastenby so roerend en intens soos die Iliad nie, maar baie meer leesbaar, vertelbaar en modern. 'n Rip-roaring storie, eintlik baie meer oor Odysseus se wraak op die suitors as sy lang reis terug na Ithaca.

"Then spake to him the swineherd, a master of men: Stranger, since thou askest and questionest me hereof, give heed now in silence and make merry, and abide here drinking wine. Lo, the nights now are of length untold. Time is there to sleep, and time to listen and be glad; thou needest not turn to bed before the hour; even too much sleep is vexation of spirit. But for the rest, let him whose heart and mind bid him, go forth and slumber, and at the dawning of the day let him break his fast, and follow our master's swine. But let us twain drink and feast within the steading, and each in his neighbour's sorrows take delight, recalling them, for even the memory of griefs is a joy to a man who hath been sore tried and wandered far. Wherefore I will tell thee that whereof thou askest and dost question me."