Wys tans plasings met die etiket HG Wells. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket HG Wells. Wys alle plasings

Sondag, September 02, 2012

The Island of Dr Moreau


Toe hy 'n jong man was het HG Wells 'n visionere storie geskryf: The Island of Doctor Moreau.

Dis op een vlak 'n kinder-avontuur storie, geskryf in die laat 19de eeu, maar soos met die beste science fiction was dit ook 'n kyk van buite na die essensie van menswees op aarde - en gee my nog koue rillings 125 jaar later.

Dis 'n eenvoudige storie van 'n skipbreukeling wat op 'n eiland uitspoel.

Daar ontdek hy 'n wild reservaat van soorte, met die horribale, wrede Dr Moreau wat daaroor regeer en heeltyd aanvul met nuwe eksotiese spesies wat hy van buite invoer.

Die diere op die eiland kan praat en het onnatuurlike, menslike intelligensie, maar andersens is-en-lyk-hulle soos dood gewone diere.

[In al die movie en stage weergawes van die storie is hulle mense met Planet-of-the-Apes-agtige maskers, of mutasies tussen mense en diere. Dit is glad nie wat Wells ingedagte gehad het nie. Hulle is diere]

Dr Moreau, die prototipe mal wetenskaplike, het 'n spesiale serum ontwikkel wat die brein kapasiteit van diere ontwikkel tot dieselfde vlak as mense. Maar, daarmee saam voer hy 'n brutale program om "menswees" aan die diere te leer.

In een van die beroemde tonele van die storie skreeu Moreau, met sy pistool en sweep, op rituele wyse aan die diere

"What is the Law!"

waarop die diere, in een stem, antwoord

"Not to go on all fours, that is the Law. Are we not Men?"
"Not to suck up Drink, that is the Law. Are we not Men?"
"Not to eat Flesh or Fish, that is the Law. Are we not Men?"
"Not to claw the Bark of Trees, that is the Law. Are we not Men?"
"Not to chase other Men, that is the Law. Are we not Men?"

Om regop te staan en hulself te weerhou van hul normale liggaamlike instink is natuurlik 'n resep vir disaster en konflik, en daarin lê die raaisel van die storie - waarom is hierdie Law so belangrik vir Dr Moreau? Is dit hierdie dinge wat bepaal dat jy Mens is? En wat is die minimum "sosiale aanpassing:" wat nodig is om 'n groep spesies in vrede te laat saamleef, sonder dat hulle mekaar verorber?

Maar uiteindelik kry die diere hulle wraak en vermoor Moreau - maar wat nou? Is hulle vry, en vry van wat?

Met geen meer wonder serum nie, begin die diere terug te keer na hul natuurlike staat as wilde diere, en moet die laaste mens op die eiland 'n ontsnapping beplan voordat hulle wilde natuur kom verskeur.

Die groot oomblik van hierdie storie, vir my, is heel aan die einde, met die verteller terug in die beskawing.

Then I look about me at my fellow men, and I go in fear. I see faces keen and bright, others dull or dangerous, others unsteady, insincere; none that have the calm authority of a reasonable soul. I feel as though the animal is surging up through them; that presently the degradation of the Islanders will be played over again on a larger scale.

En dit is die groot visie: die aardbol aan die einde van die 19de eeu was 'n eiland sonder Dr Moreau. Nietzsche het sopas gesê "God is Dood". Die ou moraliteit was iets onnatuurlik en onnodig, en niemand wat dit verder sou forseer nie.

En wat nou? Wat lê voor?

Vrydag, Januarie 21, 2005

The Sleeper Awakes

Hoe's dit vir 'n fantasie:

Twee vreemdelinge loop mekaar op die strand raak - een kan al vir jare lank nie slaap nie en sit na die see en staar. Die ander vreemdeling stop en gesels en wanneer hy die arme man se kondisie sien neem hy hom na sy huis. Terwyl hulle kuier en gesels lê die insomniak terug en raak uiteindelik aan die slaap. Vir 'n lang tyd slaap hy, terwyl sy vriend hom versorg.

Jare gaan verby.

Wanneer sy vriend uiteindelik sterf bemaak hy sy fortuin aan die slapende man se versorging, en dan doen ander mense dieselfde - totdat dit 'n tradisie vir eensame mense deur die wereld word om alles vir die wonderbaarlike slaper te los.

En so, tweehonderd jaar later, met sy liggaam op openbare vertoon, maak die slaper sy oë oop: die rykste, magtigste mens & die bekendste gesig in die wereld.

Klink lekker?

Hierdie is my sesde HG Wells boek in 'n ry - en waarskynlik die liggewigste van die klomp. 'n Baie goeie opbou maar daarna is Wells se obsessie met vlieg & vliegtuie in alles se pad. Interresant hoedat hy - 'n honderd jaar terug, voor die eerste vliegtuig gevlieg het - duidelik gesien het dat die wereld regeer sou word deur die een wat die lugruim sou beheer (vra die Irakies & die Serbiers).

Baie mooi slotparagraaf.

Dinsdag, Januarie 04, 2005

Tono Bungay

Elke keer as ek 'n Engelse celebrity sien wat 'n tough guy wil wees - Guy Ritchie, Vinnie Jones, Sid Vicious, Simon Cowell, wie ook al - respond my hart op dieselfde manier: as jy my wil impress meneer, laat ek hoor hoe jy daai Britse monarg op die rekord en by naam kritiseer. Mens sou sweer sy kap nog koppe af.

Stel jou nou voor hoeveel punte Wells se boek score: geskryf in 1905-8, op die zenith v die Empire waaroor die son nooit sak nie, alles nog in een stuk, kort voor WW 1 dit kom spoil het. En daar sit hy en sien dit duidelik - die sinloosheid van die hele kasarm.

"To others it may be a scene of achievement and construction radiant with hope. I too, have a sort of hope, but it is a remote hope, a hope that finds no promise in this Empire or in any of the great things of our time."

Maar waaroor gaan dit anyway, en wat is Tono Bungay?

Dis die storie van 'n arm, quack apteker wat 'n "opkikker" skep genaamd Tono Bungay waarmee hy uiteindelik een van die rykste manne in Engeland word. Wells maak geen bones daaroor dat dit alles net 'n vloek is nie. Sy verteller is, soos altyd, 'n jong wetenskaplike wat droom oor vliegtuie maar settle vir 'n gemaklike lewe waar hy sy oom help om hierdie nuttelose bottels die wereld deur te versprei.

Uiteindelik verkrummel die hele Empire finansieël en as die laaste gooi v die dice onderneem hulle 'n ekspidisie na die fabelagtige "Mordet Island" aan die kus v Wes Afrika, waar natuurlike radioaktiewe materiaal uit die grond gloei en alle lewe uitgewis is - daar vir die man met die moed dit te kom haal.

Met alles hierin belê, sink die boot oppad terug in die middel v die oseaan wanneer die gesteelde radioaktiewe vrag 'n lek in sy romp veroorsaak.

Daar is geen sprake hier van die perfek gesnyde storielyne van sy science fiction nie. Tono Bungay is iets totaal anders - 'n onverteerde metafoor, 'n rou, hartseer stem vir almal wat voel dat dat die son sak en hul lewenstaak nooit gebeur het nie.

"I have called it Tono-Bungay, but I had far better have called it Waste. I have told of childless Marion, of my childless aunt, of Beatrice wasted and wasteful and futile. What hope is there for a people whose women become fruitless? I think of all the energy I have given to vain things. I think of my industrious scheming with my uncle, of Crest Hill's vast cessation, of his resonant strenuous career. Ten thousand men have envied him and wished to live as he lived. It is all one spectacle of forces running to waste, of people who use and do not replace, the story of a country hectic with a wasting aimless fever of trade and money-making and pleasure-seeking."

Woensdag, Desember 29, 2004

The War of the Worlds

In die dae voor vuurpyle, missiele, voor motors en vliegtuie, voor kernwapens, voor bomme wat kom uit die lug uit, voor radio en televisie en radar, voor enige van vandag se groot wapens - ai, wat was daar om voor bang te wees?

"No one would have believed in the last years of the nineteenth century that this world was being watched keenly and closely by intelligences greater than man’s and yet as mortal as his own; that as men busied themselves about their various concerns they were scrutinised and studied, perhaps almost as narrowly as a man with a microscope might scrutinise the transient creatures that swarm and multiply in a drop of water. With infinite complacency men went to and fro over this globe about their little affairs, serene in their assurance of their empire over matter."

Met hulle cutting edge tegnologie word die Marsmanne in groot silinders deur 'n Mars-kanon geskiet aarde toe, waar hulle land naby London en massiewe drie-potige metaalmasjiene aanmekaarsit en daarna: The War of the Worlds - die uitwissing van ons almal met hittegolwe en giftige swart gas.

HG Wells is omtrent in dieselfde beswyming as sy spartelende paniekbevange London, teen die einde is hy so opgewerk dat dit voel asof hy homself half oortuig dat alles regtig gebeur het. Die laaste hoofstuk waarsku dat die volgende aanval van Mars af moontlik al oppad is....

Nog 'n rip-roaring groot droom met 'n bietie wie-weet-miskien-dalk daaragter - met baie oordeel en kunstigheid vertel. Gn wonder dat Amerika gagga gegaan het toe Orson Welles dit oor die radio gebulder het nie.

Vrydag, Desember 10, 2004

The Time Machine & The Island of Dr Moreau & The Invisible Man

'n Paar skitterende stories deur HG Wells.

The Island of Dr Moreau

Die doktor gebruik sy eiland om (met medisyne, scalpels, sweep en rewolwer) die eiland se diere in mense te verander. Hulle vermoor hom en keer dan stadig weer terug na hul oorspronklike vorm. En die-man-wat-dit-alles-gesien-het eindig terug in die beskawing, maar kyk nooit weer dieselfde na die mense om hom nie: hy sien altyd 'n dier in hul oe wat wag om weer uit te kom.

“Not to go on all-fours; that is the Law. Are we not Men? “Not to suck up Drink; that is the Law. Are we not Men? “Not to eat Fish or Flesh; that is the Law. Are we not Men? “Not to claw the Bark of Trees; that is the Law. Are we not Men? “Not to chase other Men; that is the Law. Are we not Men?”

The Time Machine

Die Time Machine is net so 'n CLASSIC - 'n visie van die mensdom in die jaar 802,701 ge-split in twee spesies, waarvan die een die ander een eet. En daarna 'n droomvisie waarin alle lewe stadig van die aarde af verdwyn en net betyds REVERSE, terug na die 19de eeu.

Kan nie eers onthou hoekom ek die Wells goed begin lees het nie, maar geniet dit verskriklik! Lekker lengte en detail, regte helderheid, my soort ding.

The Invisible Man

"I experienced a wild impulse to jest, to startle people, to clap men on the back, fling people’s hats astray, and generally revel in my extraordinary advantage."