Sal ons Afrikaners ooit in die hemel kom, na al die sondes van apartheid? As jy ooit hieroor wroeg is jy in goeie geselskap - Afrikaners het 'n lang tradisie daarvan.
Niemand minder as NP van Wyk Louw het 'n hele drama, oratorio, koorspel, heilige gebed affêre, soos net hý kon, hieroor geskryf.
Hy het dit Die Dieper Reg genoem - sy "spel van die oordeel oor 'n volk". Dit word vandag onthou vir die frase: O wye en droewe land...
Louw het dit in die 30s geskryf vir die eeufees vieringe van die Groot Trek, so geen groot spanning om te raai wie wen nie. Die Louw van die 30s was... ehem... 'n ander mens as Mnr Liberale Nasionalisme van die 60s.
Nogtans, dis 'n tydsvak en 'n proses om by die antwoord uit te kom, 'n nominale drama waarin die "Voortrekkers" in een groep in die hemel opdaag en daar deur die Here verhoor word - in "die Saal van Ewige Geregtigheid".
'n Hofsaak sal nie 'n hofsaak wees sonder 'n aanklaer nie, en so gedaan - die Voortrekkers word aangekla deur "'n magtige en hooghartige Gees wat koninklik in sy eie reg staan", 'n karakter wat eenvoudig die Aanklaer genoem word.
Wat is die aanklag? Grondhonger ( mooi woord )
in opstand het hul uitgegaan
die bande en die wet verbreek
en dwaas hul in verderf gestort
om grond te roof en ryk te word
In hul verdediging maak die Voortrekkers baie van hul leiding en smarte en dapperheid, waarop die Aanklaer opmerk
Die dapperheid is niks as drif
wat selfs die diere het.
Die liggaamspyn ken ook die dier
en kinders baar en sterf...
Ons hoor 'n lang en dor verhaal
van nietige en needrige dinge,
'n swak en skaars nog mensetaal ( praat nog kombuis Nederlands U hoogheid )
wat nooit deur die sewe heilige kringe
van God se heerlikheid kan dring;
die Reg is ver bo pyn en drif
Die basiese argument van die Aanklaer is dat leiding en smart nie rede genoeg is om hul daad te heilig nie, daar moet 'n dieper geregtigheid wees.
Louw se toneel aanwysings vir die sprekers is om van die heebie jeebies te kry - dit wys hy neem alles ernstig op: tree vorentoe... heftig en vinnig... smekend... juigend... fors en somber... stil, religieus... diepe ontsag... ekstaties
Voordat hulle hel toe gaan kry die Voortrekkers darem een van sy grootste gedigte in
KOOR (Klaagsang) (Begin langsaam en versnel totdat die laaste stansas kragtig opklink)
O wye en droewe land, alleen
onder die groot suidersterre.
Sal nooit 'n hoë blydskap kom
deur jou stil droefenis?
Jy ken die pyn en eensaam lye
van onbewuste enkelinge,
die verre sterwe op die veld,
die klein begrafnis
eenvoudige mense wat getrou
en enkeld bitter dinge doen,
en enkeld val soos korrels saad;
stil daad, klein trou, klein trouloosheid
van dié wat om 'n ander diens
soos knegte jou verlaat.
(Ligverandering: helderder)
Sal nooit 'n magtige skoonheid kom
oor jou soos die haelwit somerwolk
wat uitbloei oor jou donker berge,
en nooit in jou 'n daad geskied
wat opklink oor die aarde en
die jare in hul onmag terge;
'n grootsheid van so suiwer glans,
dat mense in 'n verre land
wat van jou naam die melding hoor
met wilde en helder oog sal staar
soos vroeë vaarders in die nag
verslae gesien het kim bo kim
die nuwe, blom-groot sterre styg
op uit jou see se wit gevaar?
Die Here vererg hom op 'n stadium vir die Aanklaer se koggeling
Waar is jul mag?
Want net die magtige volke kan
geweldig oor die aarde gaan
soos die wind in sy prag
en sy gestaltes vorm soos klei.
met 'n vat so
Voor God is alle volke klein,
en net die wil se waarde bly
en daarna lyk dinge beter vir die Voortrekkers
Hul sal nie sterf, hul lewe het
in daardie land so ingetrek
en ingeweek dat hul sal bly
so lank sy kranse bo die see
se lang skuimkringe uit sal staan,
afsonderlik en trots en vry
Maar nou ja, dit was die 1930s
Etikette
- Dostoyevsky
- Eugene Marais
- HG Wells
- Jans Rautenbach
- Karen Blixen
- Nietzsche
- Opperman
- Scorsese
- Shakespeare
- Tarkovsky
- Tolstoy
- Wagner
- afrikaans
- amerika
- antiek
- boeke
- breytenbach
- comics
- drama
- engelse
- filosofie
- flieks
- gedigte
- geskiedenis
- godsdiens
- grieke
- horror
- kuns
- musiek
- opera
- politiek
- russe
- scifi
- van Wyk Louw
Wys tans plasings met die etiket drama. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket drama. Wys alle plasings
Sondag, April 15, 2018
Maandag, September 26, 2016
As ons twee eers getroud is
Ek het As ons twee eers getroud is hierdie jaar op Radioteater geluister en dit bly myns-insiens - meer as 60 jaar later - een van die beste komedies in Afrikaans. Dit was 'n stapel van ons vroeë teater en verfilm met Frederik Burgers in die 1960s.
Die storie gaan oor die prim-en-proper van der Merwe gesin - ma, pa, Oupa en twee kinders - Afrikaanse stadsjapies van die 1950s. Magriet en Karel - pa en ma - is 25 jaar tevore in 'n oomblik van passie in 'n Las Vegas-erige seremonie getrou is deur 'n "predikant" wat moontlik nie so heeltemal 100% was nie.
Dit was jare terug, maar die hele herinnering knaag aan Magriet. Vir hul 25ste huweliksherdenking vra sy net een geskenk van haar man: sy wil uiteindelik haar huwelikssertifikaat in haar hande vashou, die sertifikaat wat sy nog nooit gesien het nie.
Karel is seker hulle het een "iewers in die huis", maar stem uiteindelik in om 'n nuwe kopie van die Departement van Binnelandse Sake te bestel vir haar gemoedsrus.
Maar dan, op die dag van die groot herdenking, kry hulle 'n brief van die Departement dat daar geen rekord van hul troue is nie...
Die skok van hierdie nuus is die tsunami wat al die komedie maak.
Die vrees dat haar gaste gaan uitvind hulle lewe in sonde. Magriet dwing Karel om 'n tweede keer te trou voordat die gaste opdaag. Wanneer Karel dink sy is absurd dreig sy om van hom te "skei" - iets nog moeiliker om te verduidelik. Dan is daar Oupa en die kinders, almal met hul kinkels. Hoe gered voor die mense kom?
Die titel verwys na 'n pak liefdesbriewe van Karel aan sy vrou, wat hy as 'n jong kêrel vir haar geskryf en sy bewaar het. Elke brief begin met: As ons twee eers getroud is...

Geplaas deur
Gert Rautenbach
om
Maandag, September 26, 2016
Dinsdag, Julie 05, 2016
kanna hy kô hystoe
Daar is 'n sekere soort boekskryf wat in werklikheid die wegkerf van hout is, totdat jy kom by die essensie van dinge. Die boek self is die afval op die vloer. Die titel is die essensiële eindpunt daarvan - die pêrel in die oester - 'n hard-gewonne idee, tema, 'n metafoor, 'n visie van dinge.
Dit staan op die voorblad asof alles daarmee begin het, maar kristalliseer stadig, drup drup, in die skryf totdat die regte paar woorde skielik na mekaar verskyn.
In projekbestuur sê ons "die einde is die begin", bedoelende dat vordering eers gemaak kan word wanneer almal die eind-doel duidelik genoeg verstaan. Gewoonlik is 'n groot deel van die aanvanklike rondvallery om die eind-doel vas te vang, en daarna kan die werk begin.
Die kreatiewe proses is ook so - jare se perkolering totdat die sleutel draai, en daarna die werk om dit te realiseer.
Dink aan Fear and Loathing in Las Vegas
Wat sou hierdie boek gewees het sonder daardie twee woorde?
kanna hy kô hystoe is vier sulke woorde. Dis maklik om dit te hoor en te dink - dis nie so besonders nie. Maar dit is.
kanna is die beste Afrikaanse drama wat ek ken, en die krag daarvan lê in die eenvoud van die konsep: 'n ma wat verlang na haar seun.
Die ma is Makiet wat droom oor die dag dat haar liefling seun weer sal terugkom huistoe. Met die tragedie van haar dogter Kitty se moord hoop sy dat Kanna sal kom vir die begrafnis.
Die twee kante van hierdie situasie bevat soveel: Makiet se verlange is die bewaring van hoop - dat iets goeds nog sal gebeur in hierdie lewe. Sy is soos Don Quixote - blind vir die pyn om haar solank hierdie hoop sal bestaan.
Aan die ander kant is daar Kanna se weersin om met hierdie verlede gekonfronteer te word, met soveel slegte herinnerings en skuldgevoelens. Hy het ontsnap uit hierdie wêreld en sy vrees om nie terug te keer nie hou hom aan die gang, net soos haar droom dat hy sal.
Ek het hom swaar grootgemaak, dink Makiet.
Die ironie is in die laaste tonele, wanneer Kanna "gehaal word" op die stasie vir sy ma se begrafnis, omdat die hele woonbuurt so verander het dat hy niks meer daarvan sal herken nie. Die verlede is nie in huise in strate nie, maar tussen mense.
***
Vrinne
lat ons die Bybel oepeslaan
en lat ons daaryt lies –
o Allahoegste Gies
lat hierie woorde na onse harte gaan! –
yt die twiere boek van Mosas
yt die Exoras
yt die viere hoefstuk die ee’ste en die twiere verse –
o God
maak vi’ ons lig moet hierie woorde soes moet kerse! –
toe antwoord Mosas en hy sê: ma’ wat
as hulle my nie glo, nie aan my woorde vat
as hulle sê die Here het nie ga-appear aan my?
ma’ die Here sê vi’ hom: djy sal djou mense lei
wat’s in djou hand?
en Mosas sê: ‘n staf
nou vrinne
dit was al wat hy gahad het
hierie man van God
’n staf
’n dooie stok
en boenop het hy nog gahakkel ok
ma’ die Here het toe lank moet hom gapraat
oor hoe hy moet daai kierie doodgaslaat
het die Egiptenaar
en Mosas het sy groote kop lat hang
en toe
toe skielak was daai selfde kierie in sy hand ’n slang!
nou vrinne
die Here het gabring
aan my sy wonnerwerke oek so
hy het gavra wat’s in my hand
en vrinne
in my hand was my kitaar
kô, lat ons sing

Vrydag, Januarie 08, 2016
As You Like It
![]() |
| Kevin Kline en Alfred Molina in Kenneth Branagh se filmweergawe |
Die tradisionele antwoord is dat As You Like It 'n "pastorale drama" is (wat dit ook al beteken), en dat Shakespeare inter alia sê "Hier is een soos wat julle plebs daarvan hou".
Die drama is verbasend gewild met akteurs - wat ek kan verstaan - en met gehore ( vir iets so staties en on-dramaties - verstommend ).
Eerstens: dink aan As You Like It as 'n klomp hippies wat dagga rook in 'n woud en sit en snert praat oor die wereld daar buite.
Vergeet vir 'n oomblik dat dit 'n drama is en dat iets veronderstel is om te gebeur - sonder daardie verwagting word As You Like It ongetwyfeld een van Shakespeare se grootste werke, een van my absolute gunstelinge. Shakespeare onderdruk die "storie" - gender-bender Rosalind wat die woud in vlug - soveel as moontlik. Alles speel af in "die forest of Arden" waar dit ookal is.
Kenneth Branagh het 'n wonderlike fliek daarvan gemaak, wat afspeel in...errrm... 19de eeuse Japan.
Sy fliek sny ongelukkig een van die teks se juwele uit - TOUCHSTONE se verduideliking van hoe konflik in high-society werk.
I did dislike the cut of a certain courtier's beard:
he sent me word, if I said his beard was not cut well,
he was in the mind it was:
this is called the Retort Courteous.
If I sent him word again 'it was not well cut,'
he would send me word, he cut it to please himself:
this is called the Quip Modest.
If again 'it was not well cut,'
he disabled my judgment:
this is called the Reply Churlish.
If again 'it was not well cut,'
he would answer, I spake not true: this
is called the Reproof Valiant.
If again 'it was not well cut,'
he would say I lied: this is called the
Counter-check Quarrelsome: and so to the Lie
Circumstantial and the Lie Direct.
As You Like It is deurdrenk met sinisme en melankolie soos daardie - en dis nie sommer enige melankolie nie:
JAQUES
I have neither the scholar’s melancholy, which is emulation; nor the musician’s, which is fantastical; nor the courtier’s, which is proud; nor the soldier’s, which is ambitious; nor the lawyer’s, which is politic; nor the lady’s, which is nice; nor the lover’s, which is all these, but it is a melancholy of mine own, compounded of many simples, extracted from many objects, and indeed the sundry contemplation of my travels, in which my often rumination wraps me in a most humorous sadness.
Die bekendste voorbeeld van hierdie melankolie is seker die "All the world's a stage" toespraak, een van Shakespeare se bekendstes.
And so, from hour to hour, we ripe and ripe,
And then, from hour to hour, we rot and rot;
And thereby hangs a tale
Daar is die Rot maar ook die Ripe: Liefde. Die ander helfde van As You Like It is liefde.
PHEBE Good shepherd, tell this youth what 'tis to love.
SILVIUS It is to be all made of sighs and tears;
It is to be all made of faith and service;
It is to be all made of fantasy,
All made of passion and all made of wishes,
All adoration, duty, and observance,
All humbleness, all patience and impatience,
All purity, all trial, all observance;
Sulke pragtige onskuld en idealisme in dieselfde bitter siniese werk? Dieselfde skrywer? Yebo.
As You Like is die teks waaruit die woorde too much of a good thing kom. In baie opsigte vang daardie frase hierdie oorgang vas: van ryp na vrot, van onskuld na ervaring.
En dit bring my by: wat beteken As You Like It?
Soos ander drama-titels (eg Measure for Measure en All's Well That Ends Well) glo ek dit is 'n sleutel tot die Shakespeare fenomeen. Sy weiering om een waarheid to aanvaar.
Do I contradict myself?, het Walt Whitman gesê. Very well, I am large, I contain multitudes.
As You Like It beteken daar is te veel vir een mens, maar daar is iets vir jou. Tussen alles, soek en kies dit. Neem daaruit wat vir jou sin maak. As You Like It.
O wonderful, wonderful, most wonderful
wonderful, and yet again wonderful
Sien ook: My Somer van Shakespeare.
Geplaas deur
Gert Rautenbach
om
Vrydag, Januarie 08, 2016
Donderdag, Desember 17, 2015
Siener in die Suburbs
My een en enigste oomblik as akteur was in 'n skoolproduksie van Die Nag van Legio. Ek het Dogoman gespeel - die demoon wat moordenaars van malmense maak - en self die drama gekies omdat dit myns insiens die beste van alle dramas was. Shakespeare gaan slaap.
Teen die tyd dat ons klaar was was ek bitterlik ontnugter. Nie so maklik om die Duiwel te wees nie. Te veel druk. Die "heiligheid van die gehoor" was 'n beter opsie, en Siener in die Suburbs was eintlik die beste, natuurlik. :-)
Ek het Siener onlangs weer op die radio gehoor, na baie baie jare. Aan die begin het ek geluister hoofsaaklik uit nuuskierig vir hoe die 50-jaar oue Afrikaanse zef nou sou voel (ek's mos 'n tang broer).
Maar my skanse het vinnig gesak. Siener is 'n drama in die beste tradisie van die garage-band met vier instrumente en 'n goeie song.
Baskitaar, dromme, kitaar en Buddy Holly = Not Fade Away.
So het dit nood, wreedheid, drome, lot en 'n goeie storie - wat meer het 'n mens nodig?
Die idee is dat almal in die klein armblanke huisie glo in Tjokkie se vermoeë om "te sien". Soos Siener van Rensburg kom episodes van kriptiese visioenere insig oor Tjokkie, waarin hy "sien" en "praat in tale".
Die groep arm mense saam met hom suig elke woord op en analiseer dit vir die moontlike munt wat daaruit geslaan kan word.
Sy skoonpa Giel is 'n kompulsiewe dobbelaar en gebruik Tjokkie om die perde te speel. Hierdie selfde Giel het (per implikasie) verhoudings met beide Tjokkie se ma en suster in dieselfde huis.
Jakes (Marius Weyers se groot rol) het Tjokkie se suster Tiemie swanger maar soek sekerheid oor of hy werklik die pa van haar kind is.
Sterk, eenvoudige karakters wat goed kontrasteer en aanvul.
Die storie speel af rondom so 'n "sien" episode. Daaruit kry Giel 'n voorspelling vir 'n perd waarop hy kan wen en Jake 'n voorspelling dat Tiemie se ongebore baba NIE SYNE IS NIE.
En daarna 'n klimaks wanneer almal om die radio wag om te hoor of Giel (wat al sy geld gewed het op Tjokkie se voorspelling) se perd gaan wen. Wat ook al die uitkoms, iemand gaan baie seerkry.
Wanneer Giel sy fortuin wen neem Jakes dit as bevestiging van Tiemie se ontrouheid en gaan op 'n bloedaardige wraakspul. Die een man se droom, die ander man se nagmerrie.
Die ironie is dat, ten spyte van al die sienery, Jakes blind bly vir die feit is dat dit sy eie tjommie - goeie Oom Giel wat hier langs hom staan - wat Tiemie onder sy oë molesteer het.
Terwyl hy die arme meisie vermink en vermoor om uit te vind wie die regte pa is, kry oom Giel sy tassie, lig sy hoed, en sluip by die huis uit om sy groot wengeld te gaan haal.
Not fade away.

Woensdag, November 18, 2015
Radioteater
Radio het geboorte aan my verbeelding gegee. As kind, voor boeke, flieks, televisie en musiek het ek radio geluister. Elke aand het ons die "twintig oor sewe" storie saam geluister, maar vir my was die hoogtepunt die een aand 'n week van Radioteater direk na die vervolgverhaal - 'n laaaaaaang storie, 'n "storie in jou mond" - soos my seuntjie gevra het toe hy klein was.
Na al die jare onthou ek nogsteeds die enorme impak wat Pendoring Edms Bpk, Germanicus, die rebellie van lafras verwey en Periandros van Korinthe op my gemaak het.
Winde het gewaai en alles het verander, maar Radioteater bestaan nogsteeds.
In hierdie week van paniek oor Afrikaans en Stellenbosch en al daai dinge, herinner ek myself dat ons dit moet ondersteun wat reeds bestaan. Veral as dit gratis is, soos Radioteater. Wie weet vir hoe lank dit daar sal wees?
Radioteater is deesdae as potgooie beskikbaar ( op die oomblik hier ) en kan maklik vanaf 'n selfoon geluister word, in die motor of terwyl ek stap. Ek wil almal aanmoedig om dit te doen, veral mense wat nie sommer in harde teater kom nie.
Mense van my geslag wonder seker of die medium nog die vermoeë het om te betower, soos in daardie jare toe daar niks anders was nie. Jonger mense sal nie eers weet waarvan ek praat nie.
Die formaat is basies 60 of 90 min lange Afrikaanse dramas - dikwels verwerkings van dramas, boeke en kortverhale, maar baie keer oorspronklike werk ook. 'n Paar stemkunstenaars, byklanke en dialoog wat so bietjie gedraai word om te help - Wie loop daar!
[ As 'n jong man het Orson Welles die "To be or not to be" toespraak uit Hamlet gesny vir sy radio produksie. Irrelevant tot die storie, het hy gesê. :) ]

In die ou dae was "hoorbeelde" 'n groot ding - die ou manne het daarvoor geskryf omdat so vry was: jy kon van een oomblik spring van antieke Rome na Egipte, van die verlede na die toekoms.
Ek onthou nog die begin van NP van Wyk Louw se Dias: jy hoor die see, 'n boot en 'n man wat sê:
Hoe gly ons mas se punt met die sterre langs...
En vandag?
Ek is nogal verbaas oor die nuwe materiaal - 'n goeie halfdosyn van die werke waarna ek onlangs geluister het handel oor verkragting of kindermolestering. Soms, soos in Martie Swanepoel se Sonate, in grafiese detail. Maar dan, op die oomblik wys Dis ek, Anna in flieks en dis 'n reuse sukses.
Daar is nog gereeld verwerkings van "klassieke tekste". Ek het veral gehou van die dramatiserings van Andre Brink se Lobola vir die Lewe en Bartho Smit se Putsonderwater. [ Gister se verbanne materiaal is vandag se klassieke tekste ].
Daar is ook verwerkings uit internasionale letterkunde, vertaal in Afrikaans: Ibsen se Die vrou uit die see, Calvino se Baron op die Bome en Riana Scheepers se verwerking van die Sherezade legende: 'n Lang lang nag.
Ek is 'n dagdromer, en vir my is dit nogsteeds 'n plesier om na te luister. Ek doen dit nie, soos in my kinderdae, in die aand om die tafel nie, maar wanneer ek stap of in die motor. Ek kan sien hoedat vreemdelinge rondom my my verstom aankyk wanneer ek skielik hardop in die straat saamleef met dit waarna ek luister... ( screw them )
Verlede week was daar 'n langer-as-gewoonlike produksie: Van die Vlees, geskryf deur Karien Polley. Dit is 'n mengsel van drama & horror & heksery in die ou Hollandse Kaap. Dit was een van die bestes wat ek nog na geluister het - 'n bitter pil, nie vir die met 'n swak gestel nie.
Lang storie kort: gaan luister en ondersteun ons Afrikaanse kunstenaars. Dit kos niks.
Al wat doodgaan wanneer 'n taal sterf is die betekenis wat mense daarin wou skep.

| Christoff Blaauw se spookstorie: Nagrit na Keetmanshoop |
Geplaas deur
Gert Rautenbach
om
Woensdag, November 18, 2015
Saterdag, Mei 11, 2013
Die Pluimsaad Waai Ver
Wat is 'n Volk?
NP van wyk Louw - met al sy foute, onsekerhede, pretensies en wroegings - kon skryf in Afrikaans soos niemend anders nie.
Hy het 'n magiese gevoel vir die musiek van sinne gehad. Soos Shakespeare in Afrikaans, kon hy woorde aanmekaarsit in 'n manier wat onmiddelike gewig en visie daaraan gegee het.

Vier pragtige woorde met suggestie en misterie - wat beteken dit?
Die volgende twee woorde is 'n alternatiewe titel vir hierdie Boere oorlog drama.
Bitter Begin
How great is that!
Pluimsaad gaan oor die Vrystaatse Boere President MT Steyn. Die ou man wat dit reggekry het om, saam met Generaal Christiaan de Wet, die grootste mensejagting in die geskiedenis te oorleef.
Brittanje het 200,000 Empire troepe op jag gehad vir Steyn en de Wet en geglo (teregterlik) dat die oorlog dadelik beeindig kan word deur Steyn te vang. President Kruger was reeds 'n banneling in Europa.
Des nieteenstaande is Steyn en de Wet nooit gevang nie: hulle was bittereinders. Hulle is uiteindelik deur hul eie volksgenote oortuig om gewilliglik oor te gee.
Pluimsaad gaan oor hierdie binnestryd tussen aanhou en ophou.
Dit begin met 'n Ou Vrou wat praat met die gehoor
Wat is 'n volk?
Uit stof en stof-in-tyd is ons gemaak:
Boere en knegte, trein masjiniste,
passers, labratorium-assistente,
motoriste, meisies in swemklere,
bestuurders, direkteure en rekenmeesters
meisies op voorblaaie en agter
op motorfietse; anoniem: 'n massa,
maar elkeen met sy naam en eie aard,
elkeen met sy kiesheid, wat 'n kuisheid kan word.
Die laaste toneel is Steyn wat terugdink aan wat hy gedoen en begin het
Voor Magersfontein het twee jong burgers na my toe gekom en gevra: "President, ons is bly ons gaan veg. Maar as ons doogeskiet word, hoe weet ons julle gaan nie bo-oor ons grafte oorgee nie - en ons Vrystaat sy vryheid verloor?"
En ek het belowe: Hierdie hand van my sal nooit 'n vrede onderteken wat die onafhanklikheid van die Vrystaat weggee nie.
En hulle het gesê: "Dankie President."
(pouse)
Hulle het albei kort daarna gesneuwel.
Ek is met 'n duur eed gebind. Ek is gebind aan al ons dooies onder die aarde.
'n Duur eed. Die pluimsaad waai ver: die gevolge van ons dade kring wyd uit en word gevoel vir jare en jare en jare.
Dis 'n oomblik van rekening wat wag vir almal wat oorlog begin, en dit oorleef.
Dis 'n oomblik van rekening wat wag vir almal wat oorlog begin, en dit oorleef.
Mary Chestnut, aan die verloor kant van die Amerikaanse Burgeroorlog, het geskryf
Woe to those that began this war, if they were not in bitter earnest.
Geplaas deur
Gert Rautenbach
om
Saterdag, Mei 11, 2013
Maandag, April 22, 2013
'night Mother
Jjjjjo! Hierdie fliek het my hart gebreek.
Dit is 'n eenvoudige twee-mens teater-stuk uit die 80s - 'n ma en dogter wat woon in dieselfde huis.
Een aand, sommer in die verbygaan, beken die dogter Jessie dat sy besluit het om haar lewe te beeindig - dieselfde aand nog.
Die horror daarvan is in die stadige insinking dat wat soos 'n grap klink werklik gaan gebeur.
Dit is soos die twee houtkappers uit Sometimes a Great Notion wat vasval onder 'n boomtak in 'n rivier en (net vir die grap) wonder hoe hoog die watervlak gaan styg voordat iemand kom help - en dan later besef dat daar niemand is nie: hulle gaan verdrink.
Die ma, Thelma, probeer alles onder die son om haar dogter van haarself te red - maar hoe?
Die ou vrou bel haar seun om te kom help, maar Jesse dreig om onmiddelik selfmoord te pleeg.
He is not invited, sê sy.
Just me, sê haar ma bitter.
Yes, this is private.
Maar as dit privaat is, waarom dit dan so voor die tyd aankondig? Waarom haar ma hierdeur sit?
Haar antwoord is: sou jy verkies het dat ek nooit iets gesê het nie?
Jesse het 'n lang lys instruksies waarna haar stomgeslaande ma moet luister: Nadat sy dood is, wie om te bel, wat om te sê, wie haar kamer moet oorneem. Dis soos om te kyk na 'n trein crash in slo-mo, met niks wat jy daaraan kan doen nie.
Hoe bereik een mens 'n ander? Met watter woorde?
Of is dit alles net 'n speel vir aandag?
Die fliek weergawe het twee heeltemal teenoorgestelde mense - die warm, versmorende Anne Bancroft en die koue, onderdrukte Sissy Spacek.
Jesse, you're my child! sê die verslae ma.
No, mama - I'm what became of your child.
Dis maar waar van ons almal.
Not for the faint-hearted.
Geplaas deur
Gert Rautenbach
om
Maandag, April 22, 2013
Woensdag, April 03, 2013
Haar naam is Xazama
Dit het my opgeval tydens hierdie jaar se KKNK hoe musiek produksies verander het. Een na die ander Afrikaanse kunstenaar sing met backing tracks, maar ook met keyboards en kitaar op die verhoog.
Hoekom nie al die instrumente nie? Ek neem aan dis te duur.
Maar hoekom dan nie net sanger alleen, kareoke styl nie? Ek neem aan dis te obviously fake.
Wil gehore regtig hierdie tussenwereld hê - half lewendig, half opname? Blykbaar wel.
Ek het die ander aand 'n show gaan kyk met die naam "Haar naam is Xazama".
Die hele ding het my getref soos 'n koue emmer water - want hier was 'n herinnering van waar alles vandaan kom.
'n Groep van sewe amateurs, met geen geld, geen promosie, geen stelle, geen beligting, geen opleiding, geen krag, geen amplifiers, geen celebrities.
Niks: net twee akoestiese kitare (weggesteek agter 'n gordyn) en hul entoesiasme en hongerte om te sing en te dans en 'n storie te vertel - 'n eenvoudige storie van 'n slawe swerwer wat 'n meisie sien en verloor en soek.
Dit werk, dis roerend - omdat dit so sonder alle trapping is - en dis Afrikaans.
Dis mos waaroor dit alles gaan.
As jy nog op Oudtshoorn is, gaan kyk dit terwyl dit wys.

Saterdag, Maart 30, 2013
Op Dees Aarde
Ek het nou net op KKNK 2013 'n drama van die wyle Reza de Wet gesien: Op Dees Aarde. Aan die begin, in donkerte, dwaal 'n Scrooge-agtige figuur deur die verhoog met 'n kers in die hand en mompel iets van 'n lewe van werk in die lykshuis. Eeee.
Daarna gaan die ligte aan oor 'n huishouding van 'n sterwende ma en wat lyk soos twee volwasse susters en 'n broer.
Die broer werk inderdaad in die dorp se lykshuis en die oudste suster maak trourokke op die dorp. Wat die ander suster doen is onduidelik, al wat deurskemer is dat sy uiters frustreerd met haar situasie is en die algemene benoude huishouding.
Hulle praat almal oor 'n bizarre dooie 3de suster vir wie hulle wag daardie aand, soos 'n spook wat 'n verskyning vir haar verjaardag in die huis gaan maak.
En jou werklik waar: sy verskyn soos klokslag 8pm, nie as iets vreesaanjaends nie, maar 'n gelukkige, onskuldige en erg swanger tiener dogter.
( Ek het al die karakters se name vergeet.)
Daar is 'n axe om te grind tussen die oudste suster, wie verloof was aan die jong man deur wie haar spooksuster swanger gemaak is, en die jong spooksuster, wat klaarblyklik net jonk is omdat sy - as spook - nooit verouder nie.
Baie jaloesie en 'n bietjie melodrama wat eindig in 'n spoke jag met 'n skêr in die hand en 'n bloederige uitsny van die "sonde wat groei soos 'n gewas in jou".
Dit alles klink belaglik in die daglig, maar tog het dit met hoendervleis geëindig, en so:
Wilma Snyman, die verswakte, siek ma van die storie, sterf in stilte in die huis terwyl die kinders rondrol. Hulle ontdek dit eers na die tyd.
Die broer wonder dadelik of sy ook, soos hulle jong suster, elke jaar sal terugkeer en vir hulle kom kuier.
En met hierdie vraag verdwyn almal behalwe hy, en ons hoor (in die stem van die oorspronklike ou man) dat almal in die huis uiteindelik een na die ander gesterf het - die ma en die jong dogter het teruggekeer elke jaar, maar die ander twee susters nooit nie.
Die uiteindelike redding van die armsalige, die swakkeling, die onderdrukte, is sy geheue, sy vermoë om liefde en lekker in sy hart te hou, en die res te laat gaan.
Geplaas deur
Gert Rautenbach
om
Saterdag, Maart 30, 2013
Saterdag, Februarie 16, 2013
My somer van Shakespeare
Ek het besluit om oor die somervakansie weergawes van al 37 plays wat Shakespeare geskryf het te soek en te kyk.
Hier is die resultaat.
The Comedy of Errors
If every one knows us, and we know none,
'Tis time, I think, to trudge, pack, and be gone
Henry VI Parts 1 - 3
A staff is quickly found to beat a dog
Richard III
'Tis a vile thing to die, my gracious lord,
When men are unprepared and look not for it.
Titus Andronicus
The woods are ruthless, dreadful, deaf and dull.
![]() |
| So vroeg in sy loopbaan reeds het Shakespeare hierdie bloederige gemors geskryf. Nog 'n groot crowd-pleaser maar in later jare 'n verleendheid - dit is die mees gewelddadige klassieke drama, Shakespeare is skynbaar verbete om Euripides en Christopher Marlowe to out-do. In die foto staan Lavina: verkrag, met haar tong uitgesny en haar hande afgekap en skryf die naam van haar verkragters met 'n stok uit haar mond na die sand. |
The Taming of the Shrew
Such a life with such a wife
The Two Gentlemen of Verona
To wear away thy youth in shapeless idleness
Love's Labour's Lost
Society, saith the text, is the happiness of life
Romeo and Juliet
But one thing to rejoice and solace in
![]() |
| Niks verder hoef gesê te word oor hierdie wonderlike tragedie-komedie-liefdeswerk nie. 'n Groot come-back vir Shakespeare, en hierna was hy in sy wonder-jare. |
A Midsummer Night's Dream
Jack shalt have Jill, nought will go ill
The Merchant of Venice
if the scale do turn but in the estimation of a hair
thou diest and all thy goods are confiscate
King John
Preach some philosophy to make me mad
And thou shalt be canonised Cardinal
Richard II
Let's talk of graves, of worms, and epitaphs;
![]() |
| Hier begin Shakespeare die tweede groep geskiedenis dramas, wat kronologies pas direk voor die Henry VI & Richard III dramas. Die tweede groep is Richard II, Henry IV en Henry V. Hierdie dramas is van die beste werk wat Shakespeare ooit sou skryf. Richard II is beroemd vir die "hollow crown" toneel - waar Richard sy kroon moet oorhandig aan Bolingbroke, wat Henry IV word. Daar is ook die beroemde "this sceptered isle" speech, een van die groot speeches oor die Engelse eiland. Shakespeare suggereer dat Richard II gay was en nooit die mas sou opkom nie - baie hiervan herinner aan Christopher Marlowe se briljante, en baie meer eksplisiete Edward II. |
Henry IV, Part 1 & 2
Reply not to me with a fool-born jest.
Presume not that I am the thing I was,
![]() |
| Ek het reeds tevore oor hierdie werk geskryf - waarskynlik Shakespeare se rykste, diepste drama. Boeke en boeke kan hieroor geskryf word. Dit bevat die karakters van Falstaff en Hal en Hotspur. En Henry IV. Meesterwerk. |
Henry V
Small time, but in that small most greatly lived
This star of England.
Much Ado About Nothing
Serve God, love me and mend
As You Like It
O wonderful, wonderful, most wonderful
wonderful, and yet again wonderful
![]() |
| Die hele "As You Like It" speel af in 'n woud, "The Forest of Arden". Ek dink daaraan as die daglig weergawe van "n Midsummer Night's Dream. Dit is staties (nie soos Much Ado) nie, moeiliker om te stage maar bevat groot dele briljante dialoog en nonsens praat on-gewenaar in die geskiedenis van drama. Een van my gunstelinge. |
Twelfth Night
Thus the whirligig of time brings in his revenges
Hamlet
In this harsh world draw thy breath in pain
To tell my story
Julius Ceasar
Security gives way to conspiracy
![]() |
| Hierdie was die heel eerste Shakespeare wat ek gesien het as kind - met Marlon Brando as Marc Anthony. Ek was in trane. Dis 'n baie goeie play, en ek het 'n sagte plek vir die villian - Cassius. |
The Merry Wives of Windsor
I myself sometimes, leaving the fear of God on the left hand
and hiding mine honour in my necessity,
am fain to shuffle, to hedge and to lurch...
Troilus and Cressida
He that will have a cake out of wheat must tarry the grinding.
All's Well That Ends Well
The web of our life is of a mingled yarn, good and ill together
![]() |
| Teen hierdie tyd het Shakepeare se belangstelling in formule-komedie heeltemal verdwyn. Die dramas wat nou gekom het was hartseer stories met happy eindes of hartseer stories met hartseer eindes. Daar is niks in om oor te lag nie. All's Well That Ends Well is die eerste van hierdies. Dit het die teenoorgestelde titel van Shakespeare se volgende drama - Measure for Measure - en ek dink aan die twee as suster-dramas. Ek het al tevore oor hierdie drama geskryf. |
Measure for Measure
For truth is truth to the end of reckoning
Othello
Of one whose hand, like the base Indian, threw a pearl away richer than all his tribe
![]() |
| Die laaste deel van Othello - waar Desdemona wag vir hom om kamer toe te kom, is een van die ongelooflike vergestaltings van hopeloosheid, liefde, vrees en moed. O, these men - is al wat sy kan sê |
King Lear
Why should a dog, a horse, a rat have life, And thou no breath at all?
Macbeth
I feel the future in this instant.
Antony and Cleopatra
O infinite virtue, comest thou smiling from
The world's great snare uncaught?
Coriolanus
The beast with many heads butts me away
Timon of Athens
I love and honour him, but I must not break my back to heal his finger.
Pericles
Nature's own shape, of bud, bird, branch, or berry,
Cymbeline
When we shall hear the rain and wind beat dark December...
The Winter's Tale
For the life to come: I sleep out the thought of it
The Tempest
to perform an act whereof what's past is prologue...
Henry VIII
No, his conscience has crept too near another lady
Geplaas deur
Gert Rautenbach
om
Saterdag, Februarie 16, 2013
Teken in op:
Plasings
(
Atom
)

.jpg)