My een en enigste oomblik as akteur was in 'n skoolproduksie van Die Nag van Legio. Ek het Dogoman gespeel - die demoon wat moordenaars van malmense maak - en self die drama gekies omdat dit myns insiens die beste van alle dramas was. Shakespeare gaan slaap.
Teen die tyd dat ons klaar was was ek bitterlik ontnugter. Nie so maklik om die Duiwel te wees nie. Te veel druk. Die "heiligheid van die gehoor" was 'n beter opsie, en Siener in die Suburbs was eintlik die beste, natuurlik. :-)
Ek het Siener onlangs weer op die radio gehoor, na baie baie jare. Aan die begin het ek geluister hoofsaaklik uit nuuskierig vir hoe die 50-jaar oue Afrikaanse zef nou sou voel (ek's mos 'n tang broer).
Maar my skanse het vinnig gesak. Siener is 'n drama in die beste tradisie van die garage-band met vier instrumente en 'n goeie song.
Baskitaar, dromme, kitaar en Buddy Holly = Not Fade Away.
So het dit nood, wreedheid, drome, lot en 'n goeie storie - wat meer het 'n mens nodig?
Die idee is dat almal in die klein armblanke huisie glo in Tjokkie se vermoeƫ om "te sien". Soos Siener van Rensburg kom episodes van kriptiese visioenere insig oor Tjokkie, waarin hy "sien" en "praat in tale".
Die groep arm mense saam met hom suig elke woord op en analiseer dit vir die moontlike munt wat daaruit geslaan kan word.
Sy skoonpa Giel is 'n kompulsiewe dobbelaar en gebruik Tjokkie om die perde te speel. Hierdie selfde Giel het (per implikasie) verhoudings met beide Tjokkie se ma en suster in dieselfde huis.
Jakes (Marius Weyers se groot rol) het Tjokkie se suster Tiemie swanger maar soek sekerheid oor of hy werklik die pa van haar kind is.
Sterk, eenvoudige karakters wat goed kontrasteer en aanvul.
Die storie speel af rondom so 'n "sien" episode. Daaruit kry Giel 'n voorspelling vir 'n perd waarop hy kan wen en Jake 'n voorspelling dat Tiemie se ongebore baba NIE SYNE IS NIE.
En daarna 'n klimaks wanneer almal om die radio wag om te hoor of Giel (wat al sy geld gewed het op Tjokkie se voorspelling) se perd gaan wen. Wat ook al die uitkoms, iemand gaan baie seerkry.
Wanneer Giel sy fortuin wen neem Jakes dit as bevestiging van Tiemie se ontrouheid en gaan op 'n bloedaardige wraakspul. Die een man se droom, die ander man se nagmerrie.
Die ironie is dat, ten spyte van al die sienery, Jakes blind bly vir die feit is dat dit sy eie tjommie - goeie Oom Giel wat hier langs hom staan - wat Tiemie onder sy oƫ molesteer het.
Terwyl hy die arme meisie vermink en vermoor om uit te vind wie die regte pa is, kry oom Giel sy tassie, lig sy hoed, en sluip by die huis uit om sy groot wengeld te gaan haal.
Not fade away.
Etikette
- afrikaans
- amerika
- antiek
- boeke
- breytenbach
- comics
- Dostoyevsky
- drama
- engelse
- Eugene Marais
- filosofie
- flieks
- gedigte
- geskiedenis
- godsdiens
- grieke
- HG Wells
- horror
- Jans Rautenbach
- Karen Blixen
- kuns
- musiek
- Nietzsche
- opera
- Opperman
- politiek
- russe
- scifi
- Scorsese
- Shakespeare
- Tarkovsky
- Tolstoy
- van Wyk Louw
- Wagner
Donderdag, Desember 17, 2015
Teken in op:
Plaas opmerkings
(
Atom
)
Geen opmerkings nie :
Plaas 'n opmerking