Die ex-libris stempel wat Eugene Marais vir sy boeke versameling ontwerp het. Met die woorde "dit of dood" in die hoek. Wat op aarde wou hy sê?
Etikette
- Dostoyevsky
- Eugene Marais
- HG Wells
- Jans Rautenbach
- Karen Blixen
- Nietzsche
- Opperman
- Scorsese
- Shakespeare
- Tarkovsky
- Tolstoy
- Wagner
- afrikaans
- amerika
- antiek
- boeke
- breytenbach
- comics
- drama
- engelse
- filosofie
- flieks
- gedigte
- geskiedenis
- godsdiens
- grieke
- horror
- kuns
- musiek
- opera
- politiek
- russe
- scifi
- van Wyk Louw
Wys tans plasings met die etiket Eugene Marais. Wys alle plasings

Sondag, Augustus 27, 2017
Vrydag, Oktober 19, 2012
Eugene Marais
Met Katinka se fliek "Die Wonderwerker" wat op die oomblik wys, dink ek weer aan Eugene Marais. Ek is nie 'n groot kenner nie, maar ek wil elkgeval sê wat hy vir my beteken, ten minste die gedigte.
As kind is ons geleer dat Eugene Marais "Winternag" geskryf het en dat dit die eerste "werklike" gedig in Afrikaans was.
O Koud is die windjie en skraal
En blink in die doflig en kaal...
Eugene Marais was hiermee die vader van Afrikaanse digkuns.
Winternag het my nooit veel gegryp nie, Wat in my kop vas gesteek het was
O Diep Rivier, O Donker stroom,
hoe lank het ek gewag, hoe lank gedroom..
Whoa - dit het my verbeelding aangegryp.
'n Paar jaar terug het ek gelees deur NP van Wyk Louw se gedigte. Terwyl ek gelees het het ek gewag vir iets soos Diep Rivier
Die lem van liefde wroegend in my hart
In jou omhelsing eindig al my smart
Tot my verbasing het ek dit nooit gekry nie. NP van Wyk Louw kan aangaan en aangaan oor O God U donker dit en U hoge dat - maar daar is in werklikheid nie die gevoel van diep ervaring nie, iets wonderliks wat raakgesien is en van binne uitbars nie.
Die Groot Verlange wat my nooit verlaat
Nou, asseblief - NP van Wyk Louw is 'n BRILJANTE digter. Hy is die tzar van 5 woorde bymekaarsit sodat dit na 'n miljoen dollars klink.
Kruger breek die pad oop...
Die pluimsaad waai ver...
Hoe gly ons mas se punt met die sterre langs...
O Wye en Droewe land...
Uit stof en stof-in-tyd is ons gemaak...
Miskien ook sal ons sterwe...
en derduisende ander.
Die gewig hang onmiddelik aan die woorde, nog voor jy weet wat aangang en waarheen dit gaan lei.
[Louw se mees persoonlike, beste gedig is op bladsy een van sy heel eerste bundel: "Grense" - my naakte siel wil sonder skrome in alle eenvoud na jou gaan...]
Eugene Marais - op sy beste - is die teenoorgestelde. Waar hy die gawe gekry het weet nugter alleen: van die boesmans, die bobbejane, die miere, die meisies; en of hy dit ge-fake of gesteel het?
Ek weet nie.
Hy ervaar iets - en vind die woorde daarvoor.
Hy staan in 'n hospitaal vir gestremde kinders, en sê
Is daar nog trane?
Is daar nog bly gelag?
Slaan my so dood soos 'n mossie - dis mos ongelooflik.
In die "Dans van die Reen" beskryf hy
Die grootwild jaag uit die vlakte
hulle dam op die bulttop
wyd rek hulle die neusgate
en hulle sluk die wind
en hulle buk, om haar fyn spore in die sand te sien
elke lyn hiervan gee my koue rillings, ek sien dit voor my, ek lag aan die binnekant - natuurlik!
My mees geliefde Afrikaanse gedig is
Wat word van die meisie wat altyd alleen bly?
Sy wag nie meer vir die koms van die jagters nie;
sy maak nie meer die vuur van swart doringhout nie.
Die wind waai verby haar ore
sy hoor nie meer die danslied nie
Die stem van die storieverteller is dood
Geeneen roep haar van ver nie
om mooi woorde te praat
Sy hoor net die stem van die wind alleen
en die wind treur altyd
om hy alleen is.

Geplaas deur
Gert Rautenbach
om
Vrydag, Oktober 19, 2012
Dinsdag, Maart 08, 2005
Dwaalstories
In 1927 het Eugene Marais hierdie klein boekie gepubliseer. Dit bevat net vier baie kort stories, waaronder "Klein-Riet-Alleen-In-Die-Roerkuil", en 'n paar basiese illustrasies. Die oorspronklike uitgawe was duidelik op kinders gemik.
Dit wil voorkom asof hy die stories verbatum van Boesmanvertellers neergeskryf het. Die inhoud en styl daarvan is heeltemal anders as enige iets anders in Afrikaans:
"En toe hy kom, hoor hy die meide in die strooihuise skree: "Hot-'tgorra! Hot-'tgorra!" En die mans is so bang dat hul toonnaels kletter en die sweet drup van hul lyf in haelkorrels. Elkeen kan die vuur met een asem doodblaas."
"Dwaalstories" was 'n baie spesiale gebeurtenis vir Afrikaans. Die reputasie daarvan het gegroei omdat niemand ooit weer so iets kon "skryf" nie, ten spyte van baie pogings. Vandag staan dit alleen as die enigste rekord van 'n kunsvorm wat vir altyd verby is: die Boesmanvertellings in Afrikaans.
Die taal en die verbeelding van die Dwaalstories is ongeewenaar deur enige later skrywer.
Maar selfs meer skokkend, die laaste storie bevat "Die Dans van die Reën" - een van die HEEL BESTE gedigte in Afrikaans:
O, die dans van ons Suster!
Eers oor die bergtop loer sy skelm,
en haar oge is skaam;
en sy lag saggies,
En van ver af wink sy met die een hand;
haar armbande blink en haar krale skitter;
saggies roep sy,
Sy vertel die winde van die dans
en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof is groot.
Die grootwild jaag uit die vlakte,
hulle dam op die bulttop,
wyd rek hulle die neusgate
en hulle sluk die wind;
en hulle buk, om haar fyn spore in die sand te sien.
Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
en hulle kruip nader en sing saggies;
"Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!"
En haar krale skud,
en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;
sy trap af van die hoogte;
sy sprei die vaal karos met altwee arms uit;
die asem van die wind raak weg.

Maandag, Januarie 03, 2005
Die Ondergang van die Tweede Wereld
Gepraat v science fiction, probeer bietjie hierdie storie deur ons eie Eugene Marais - so weird (en grusaam) soos hulle kom, maar 'n briljante konsep wat jou hare laat rys.
Die idee is dat lewe op aarde al 'n paar keer in tyd vernietig is - a la die dinosaurisse. Marais beskryf die "derde keer", in die vorm van 'n dagboek wat iewers in die toekoms in Suid-Afrika ontdek word.
Ons held is die enigste geletterde man in 'n klein dorpie iewers in die Bosveld, wat een maal 'n week die koerant per pos ontvang en vir die gemeenskap lees.
Een dag begin daar stories verskyn van die skielike, onverklaarbare daling v watervlakke in groot riviere reg deur die wereld. Terwyl almal slaap staan die verteller een nag op en verdwyn soos 'n spook die berg in, waar hy wegkruip by 'n watergrot wat net hy en die diere ken. Vandaar hou hy dop hoedat sy dorp se water opraak in die dae wat volg en al die mense uiteindelik verdwyn.
Wanneer dit baie maande later reen besluit hy uiteindelik om weer mense te gaan soek, net om te ontdek - stukkie vir stukkie - dat die hele mensdom intussen aan dors gesterf het.
Marais se verduideliking is dat 'n skeur in die aarde se kors - op die seebodem - 'n groot hoeveelheid oksidasie tussen die H2O en metaal uit die dieper mantel veroorsaak, waarna reuse dele v die oseane "verdwyn" en waterstof vrygestel word - 'n idee so tantalizing soos enige iets wat ek nog teegekom het.

Teken in op:
Plasings
(
Atom
)