Wys tans plasings met die etiket Scorsese. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Scorsese. Wys alle plasings

Maandag, Julie 20, 2015

New York, New York

Onthou Frank Sinatra se lied - New York, New York?

Start spreading the news... I'm leaving today...
I want to be a part of it, New York, New York.
These vagabond shoes, are longing to stray...

Dit was die temalied van 'n fliek, gemaak deur die ou Martin Scorsese - toe hy jonk en honger was.

New York, New York was vrygestel in die ergste era van auteur orgies - die laat 70s - as 'n vier ure epic van twee musikante wat mekaar ontmoet op VJ-dag 1945, musiek en liefde maak - saam sukkel en stry en uiteindelik opbreek.

Dit was 'n fiasko by die loket en by die kritici - en is baie vinnig hersny, maar dit was nooit populer in enige van sy vorms tot vandag toe nie.

So waarom daaroor skryf?

Die pragtige einde - wat gehore so verstom en leeg gelaat het.

Jare nadat hulle opgebreek het, ontmoet De Niro
en Minelli mekaar onverwags op 'n partytjie.












Hulle het 'n vriendelike, belowende maar moeilike gesprek
wat die heeltyd onderbreek word.















Die frustreerde De Niro vlug en bel haar van
 'n tickie boks onder in die straat













Hy kan nie praat tussen al die mense nie -
maar is sy bereid om hom daar onder te ontmoet, 
sodat hulle saam kan koffie drink? Sy stem in.










Maar terwyl hy wag kry hy koue voete, en loop weg.
En die oomblik voordat sy by die gebou uitloop,
kry sy ook - en draai om
En nie een van die twee daag by die bestemde
ontmoeting op nie.
Wie sien kans om weer 'n keer deur al daardie pyn te gaan?





Vrydag, Maart 04, 2005

The Last Temptation of Christ

Die Oscars is verby en Martin Scorsese het - teen alle verwagtings - weer verloor.

Ek het nog nie Clint se movie gesien nie - ek was nie mal oor Aviator nie - maar as die wereld fair was sou Scorsese jare terug al 'n Oscar gekry het vir "The Last Temptation of Christ". In die plek daarvan het hy 'n storm kritiek - godsdienstig sowel as artisties - gekry en die hele affere hang in die geheue as sy een crazy mislukking.

In werklikheid is dit is sy enigste fliek wat heeltemal sonder fetishes, afleidings en showboating is. 'n Baie onseker, droeë "praat fliek" wat vir een maal net konsentreer om 'n kosbare vrag te dra en veilig af te lewer.

Temptation was destyds verban in SA, ek weet nie of dit nou beskikbaar is nie. Ek weet uit my eie ervaring dat meeste mense 'n verwronge idee het van hierdie heavy-going maar pragtige fliek.

Dis vir die meeste 'n reg-uit-die-Bybel hervertelling van Jesus se lewe (so droog soos stof), tot en met die kruisiging. Ons sien ondermeer die Duiwel se drie versoekings in die woestyn: spring van die krans, verander klippe in brood, laat die stede jou aanbid.

Wanneer Jesus aan die kruis hang word sy sinne oorval met 'n massa geraas en gedreun (vir ons verwysend van die pyn wat hy voel). Skielik, uit die bloute, stop dit alles. Die mense is nog daar, maar die geraas (die pyn) is weg. Christus kyk af en sien 'n klein meisie staan aan die voet van sy kruis. Sy waai vir hom en sê "Kom af!"

Wanneer Jesus weier en sê dat dit sy lot is, antwoord sy: "Nee, ek is 'n Engel wat God gestuur het om jou te kom haal. God wou jou geloof toets, net soos hy die geloof van Job en Abraham wou toets. Sal God sy enigste seun doodmaak as hy Abraham gekeer het?".

En daarmee kom Christus van die kruis af en stap saam met die meisie deur die jubelende, onbewuste skare.

By sy huis wag sy vriende en Maria Magdalena, dis sy bruilof dag. Hulle trou en Jesus hervat sy lewe as 'n skrynwerker en 'n middelmatig suksesvolle prediker en gemeenskapsleier. Later word hy pa en uiteindelik Oupa. 'n Ou en gerespekeerde man.

(Obviously is die Bybel nou lankal by die venster uit)

Dan eendag, as ou man, kry hy 'n besoek van sy ou vriend Judas Iskariot (Harvey Keitel !). Judas is woedend omdat Christus nie sy lot vorbring het nie. "Ek moes jou verraai sodat jy jou lot kon volbring".

Jesus verduidelik dat die Engel van God - die klein meisie wat van daardie dag af elke dag by hom bly - hom kom haal het, dat dit alles God se toets van sy geloof was.

"Watter Engel van God?" vra Judas.

"Daar is sy". Jesus draai om na waar sy sit - en wanneer hy mooi na haar kyk sien hy vir die eerste keer: sy is die Duiwel.

En dan, met alles wat hy het, wens Christus homself terug in tyd, terug na sy kruis, terug na sy pyn en sy lot.

En wanneer hy weer daar hang, skreeu hy: "Dit is volbring!", en sterf.

Sondag, Februarie 13, 2005

The Aviator

As enige iemand anders as Scorsese hierdie movie gemaak het sou ek waarskynklik gedink het - alamagtig, uitstekend.

Maar komende van hom, kan ek nie help om die paadjie v Francis Coppola 20 jaar terug te sien nie - van "Godfather" na "Peggy Sue Got Married".

Daar was 'n tyd toe Scorsese (soos sy karakters) die kampioen v eensame, onderdrukte outcasts was (Taxi Driver, Raging Bull, King of Comedy), 'n man wat oorstroom het met 'n liefde vir akteurs en intense drama en geloof in sy eie eenvoudige visie van dinge.

Maar sukses het het hom verander. Ek onthou hoe hy na sy remake v "Cape Fear" as sy eerste "regte movie" (bedoelende, popcorn-en-Coke-movie) verwys het. Ai, jai, jai - het dit maar nooit gebeur nie.

Deesdae pluk hy al die vrugde v Hollywood sukses: groot produksies, groot sterre, baie geld, smart inkleding: mooi huise en motors en meubels en klere en gesigte. (Age of Innocence, Gangs of New York).

Almal se eerste keuse.

Die logika is: Great directors maak great epics, Scorsese is DIE great director, daarom, gee vir hom ons epic. Die probleem is dat baie great directors nie geskik v epics is nie, eerder v persoonlike miniatures.

Van die drama van ouds is daar bitter min oor. Alles lyk pragtig en vloei so glad soos seep oor die doek - maar wat help dit as die emosionele energie nie meer daar is nie? Die akteur-regisseur is nou 'n producer-regisseur, 'n vakman wat bly by die draaiboek en trek aan die obvious snare. Niks word gewaag wat die konsep en die boodskap kan vertroebel nie.

Cate Blanchette kom ten minste oor op doek soos 'n skepping van die verbeelding, maar die res van die produksie, Mr DiCapprio en al, speel in 'n duuuur TV biografie.

'n Kunstenaar skep insigte en oomblikke, 'n hack verskaf bestanddele - en Aviator is 'n movie v bestanddele: die bad guy, die lig kant en die donker kant, die Freudiaanse kindertrauma, die triomf oor stommerikke, die ingesleepte love interest....

Die hartseer is dat Scorsese, na 'n leeftyd van wag, waarskynlik sy eerste Oscar gaan kry, soos die laaste spyker in sy kis.