Start spreading the news... I'm leaving today...
I want to be a part of it, New York, New York.
These vagabond shoes, are longing to stray...New York, New York was vrygestel in die ergste era van auteur orgies - die laat 70s - as 'n vier ure epic van twee musikante wat mekaar ontmoet op VJ-dag 1945, musiek en liefde maak - saam sukkel en stry en uiteindelik opbreek.
Dit was 'n fiasko by die loket en by die kritici - en is baie vinnig hersny, maar dit was nooit populer in enige van sy vorms tot vandag toe nie.
So waarom daaroor skryf?
Die pragtige einde - wat gehore so verstom en leeg gelaat het.
Jare nadat hulle opgebreek het, ontmoet De Niro en Minelli mekaar onverwags op 'n partytjie. |
Hulle het 'n vriendelike, belowende maar moeilike gesprek wat die heeltyd onderbreek word. |
Die frustreerde De Niro vlug en bel haar van 'n tickie boks onder in die straat |
Hy kan nie praat tussen al die mense nie - maar is sy bereid om hom daar onder te ontmoet, sodat hulle saam kan koffie drink? Sy stem in. |
Maar terwyl hy wag kry hy koue voete, en loop weg. |
En die oomblik voordat sy by die gebou uitloop, kry sy ook - en draai om |
En nie een van die twee daag by die bestemde ontmoeting op nie. Wie sien kans om weer 'n keer deur al daardie pyn te gaan? |
Geen opmerkings nie :
Plaas 'n opmerking