Niks word so oud soos ou sci-fi nie - datums wat so vêr in die toekoms was is so vinnig in die verlede.
Ubik is in 1969 geskryf, dit speel af in die verre 1992 maar die storie "verval" agteruit na 1939, tot op die vooraand van die Tweede Wêreldoorlog.
'n Span mense word opgeblaas in 'n bomontploffing, maar net een van hulle sterf - die baas, Glen Runciter.
Hulle haas om sy liggaam in "half-lewe" te kry - 'n toestand waarin miljoene mense verkeer: die liggaam is bevrore in "cold pac" maar danksy 1992 tegnologie kan die naasbestaande nog met sy/haar geliefde praat deur 'n oorfoon/mikrofoon kopstel wat aan die vrieskas verbind word.
Soos in baie ander sci-fi legkaartstories is daar 'n ander moontlikheid: net Glen Runciter het oorleef en die res van hulle is in half-lewe.
Joe Chip is een van die "oorlewendes", Runciter se vriend en die hoofkarakter wat die wêreld waarin hy oorleef het probeer peil.
Op die oog af is alles normaal, maar alle objekte verval na ouer en ouer weergawes van hulself - videofone word selfone word lessenaar fone word ou draaifone. Hysers word trappe. Sweeftuie word motors en dan koetse, Ruimteskepe word vliegtuie en dan bote.
Dis asof elke objek verander in sy "Platoniese idee", dink Joe.
Joe Chip sien, of verbeel homself hy sien, sy vriend Runciter wat uit 'n ander wereld met hom praat.
Een na die ander word die oorlewendes vermoor totdat Joe Chip die enigste van die oorspronklike groep is. Net soos objekte verval die menslike liggaam ook: na growwe aapvel en skubbe net voor die dood.
Nagmerrie sake.
Maar Joe Chip voel daar is ook iets of iemand wat hom probeer beskerm.
Oral waar hy gaan, in elke era, word daar 'n produk ( of produkte ) adverteer met die naam Ubik. Dis om die beurt verskillende goed met dieselfde naam - 'n skeermes, koffie, slaaisous, medisyne, bier en nog baie meer - maar die naam is altyd dieselfde: Ubik.
Wat is Ubik?
Op een of ander manier sal dit die sleutel tot sy oorlewing wees. Een advertensie wys dat die proses van agteruitgang omgekeer kan word deur Ubik oor 'n objek te spuit. Ou dinge word weer splinternuut. Ten spyte van al hierdie advertensies bly Ubik vir die grootste deel van die storie buite Joe se bereik. Hy weet nie hoe om dit in die hande te kry nie.
Soos al die ander objekte verval Ubik ook - in sy oorspronklike, onbruikbare vorm word dit verkoop as 'n "opkikker" stroop, 'n soort primitiewe Viagra of Tono Bungay.
Die krag van Philip Dick se boek is in hierdie Ubik metafoor: wat verteenwoordig hierdie misterieuse stof? Ubik hou 'n blywende houvas oor die sci-fi verbeelding. Tot vandag toe is daar 'n kultus waarin mense "Ubik" advertensies skep - daar is 'n advertensieagentskap met die naam Ubik in Frankryk.
Ek wil nie die hele storie verder vertel nie - gaan lees die boek.
Daar is 'n oomblik in die die boek wanneer Joe Chip die insig kry dat Ubik kort is vir Ubiquity - geblikte alomteenwoordigheid.

Ek self dink aan Ubik met die koms van elke nuwe weergawe van alles wat verbruik word: nuwe selfone, skoene en klere, 'n nuwe laag Ubik wat daaroor gespuit is - maar met die Platoniese idee nogsteeds dieselfde.
***
I am Ubik. Before the universe was, I am. I made the suns. I made the worlds. I created the lives and the places they inhabit; I move them here, I put them there. They go as I say, then do as I tell them. I am the word and my name is never spoken, the name which no one knows. I am called Ubik, but that is not my name. I am. I shall always be.

Al wat uit jou kom is drek.
AntwoordVee uitJammer vir jou Andre, dat jy nie van 'n beter manier weet hoe om hulp te soek nie.
Vee uit