Donderdag, Augustus 25, 2016

Die Huis van Dooies


In sy jong dae het Dostoyevsky met die verkeerde intelligensia deurmekaar geraak en is gearresteer met "verbode leesstof".

Dit klink soos 'n belaglike aanklag, en totdat hy ter dood veroordeel is het Dostoyevsky het ook so gedink.

Ek het nog nooit iets uit sy mond gelees oor hoe hierdie doodsafwagting vir hom was nie, maar dis iets wat hy dikwels sy karakters laat ervaar het.

Sy lewe is uiteindelik gespaar en sy vonnis verminder na vier jaar harde arbeid in 'n tronk buite Omsk in Siberië.

Hy het nat agter die ore die tronk binne gegaan - nog niks van die groot romans was geskryf nie, behalwe die pragtige storie "Arm Mense".

Die tronkjare het sy lewensuitkyk totaal verander - Dostoyevsky was nie 'n slagoffer nie; hy het 'n politieke en spirituele ommekeer beleef en is daar uit as 'n spieëlbeeld (in baie opsigte) van die mense wat hom tronk toe gestuur het.

Hy sou vir die res van sy lewe 'n konserwatiewe Slawofiel wees - veragtend van "Westerse waardes", kapitalisme sowel as sosialisme en Katolieke en Protestante ewe veel.

In sy boek oor die tronkjare - Memoirs from the House of the Dead - skryf hy van so 'n ommeswaai

One day I saw a prisoner who had undergone his punishment take leave of his comrades. He had done twenty years’ hard labour. More than one convict remembered seeing him arrive, quite young, careless, thinking neither of his crime nor of his punishment. He was now an old man with grey hair, his countenance sad and morose. He walked in silence through our six barracks. As he entered each of them he prayed before the icon, made a deep bow to his former companions, and begged them to remember him kindly.

Sy katarsis was op 'n manier 'n Faustiaanse deurbraak, Rosemary's Baby, noem dit wat jy wil: want die publikasie van Dead House het hom 'n literere ster gemaak en die fondasie gelê vir al die werk wat sou kom.

Ek het 'n paar maande terug Marcel Proust se boek In Search of Lost Time gelees. Proust skryf baie oor Dostoyevsky, en een opmerking het my veral bygebly: dat Dostoyevsky nie net die siel beskryf nie, maar die huis waarbinne die siel lewe.

But to return to the new kind of beauty that Dostoievsky brought to the world, just as, in Vermeer, there’s the creation of a certain soul, of a certain colour of fabrics and places, so in Dostoievsky there’s the creation not only of people but of their homes, and the house of the Murder in Crime and Punishment, with its janitor, isn’t it as marvellous as the masterpiece of the house of Murder in The Idiot, that sombre house of Rogozhin’s, so long, and so high, and so vast, in which he kills Nastasia Philipovna. That new and terrible beauty of a house, that new and two-sided beauty of a woman’s face, that is the unique thing that Dostoievsky has given to the world

Ek dink aan huis waarbinne die siel lewe nie as die baksteen en sement nie, maar die verwysingsraamwerk, die beperkinge, die veiligheid en rusplek van die siel.

Die Dooies van die Huis van Dooies is die kettingde gevangenis ( Dostoyevsky se arms en voete was in kettings vir sy hele termyn in die tronk ) maar ook die vermoordes - die slagoffers wat spook in hierdie selle en lewend bly in die stories wat vertel word.

Daar is 'n diep streep sado-masochisme in alles wat Dostoyevsky sou skryf. Sy groot romans van Crime and Punishment tot The Brothers Karamazov is die omstandighede wat opbou na moord.

Dead House is dieselfde ding in miniatuur. As voorbeeld, daar is een storie met die naam "Akoulka's husband".

Akoulka is 'n meisie wat haar familienaam klad deur haarself te hoereer aan 'n nikswerd dronklap met die naam Philka. Wanneer haar ma agterkom dat haar kind geld vir seks neem is sy woedend, slaan haar dogter met die sweep en "verkoop" haar aan Chichkoff - 'n ewe-nikswerd vriend van die gehate Philka - vir 300 roubels - min of meer die geld wat haar kind as prostituut verdien het. Alles as straf.

Met die aanloop na Chichkoff en Akoulka se troue spot Philka sy vriend venynig: ek het reeds jou verloofde gehad en sal seker maak dat ek haar weer het wanneer jy jou rug draai.

Maar, tot sy verstomming, ontdek Chichkoff op sy huweliksnag dat sy vrou 'n maagd is. Hy kan nie verstaan wat om daarvan te maak nie.

Intussen doen Philka iets wat blykbaar gereeld deur desperate arm mense van die dag gedoen is: hy bied aan om 'n rykmanskind se militêre diensplig namens hom te doen. Dit is 'n lewe van oorvloed vir die kort tydperk terwyl hy wag om opgeroep te word - die ryk familie sal feitlik enige iets doen om in hul plaasvervanger se guns te bly met geld en persente.

Maar dit alles eindig op die dag wanneer Philka opgeroep word. Voordat hy vertrek na die weermag daag hy by Akoulka en Chichkoff se huis op en vra met groot nederigheid haar vergifnis vir die manier waarop hy haar goeie naam swartgesmeer het. Dit is omdat hy haar liefhet.

Akoulka se antwoord is: ek weet.

Vir Chichkoff is dit soos 'n kers wat doodgeblaas is: nog 'n onvergeeflike, onaanraakbare maagdelikheid in sy vrou.

Daardie nag wel sy moordlus op. Eers deur te dink daaroor; dan vir Akoulka te vertel dat hy haar gaan vermoor; die lang nag waardeur sy moet slaap terwyl sy wag vir die volgende dag ( soos Desdemona vir Othello ); die wete dat sy kan vlug maar nie vlug nie; dat sy haar man kan doodmaak in sy slaap maar eerder wag totdat hy wakker word en opstaan.

Hy neem haar na 'n afgeleë plek waar hy haar keel afsny.

Ek dan skielik is Akoulka weg - 'n verre herinnering, al wat oorbly is Dostoyevsky en Chichkoff wat sit en praat in 'n sel in die gevangenis.

En die volgende oomblik is Chichkoff weg, 'n herinnering van jare terug vir Dostoyevsky, terwyl hy sy boek skryf.

En met 'n oogknip is Dostoyevsky weg, 'n herinnering vir my van die oomblik toe ek sy boek toegemaak en in die rak gesit het.

1 opmerking :

  1. Die huis van die dood, en dus van lewe - die dood is 'n sekere onhebbelike begin - en dus 'n unheimlich huis, geheimsinnig, 'n geheim ...

    Rakende u slot: "There Is No Thought Without Remembrance" betitel Michael Marder en Luce Irigaray (2014) 'n skrywe 10 jaar na Derrida se heengaan wat ek onlangs raakgeloop het op die internet. Is herinneringe nie soms meer lewendig as die hede nie?

    Derrida (1985:291) praat ook van apartheid as 'n "memory in advance" in sy teks "Racism’s Last Word".

    Celan se woorde (met verwysing na Heidegger alhoewel hy nie sy bron eksplisiet erken nie) kom ook by my op: “To Think and to Thank are in our language words of one and the same origin. Whoever follows their sense comes to the semantic field of ‘to remember,’ ‘to be mindful,’ ‘memory,’ ‘devotion’”, soos Anne Carson (1999:41) hom in haar Economy of the Unlost aanhaal.

    Carson (1999:40) skryf ook: "Memorable naming is the function of poetry, within a society like that of the Greeks, for the poet uses memory to transform our human relationship to time." Die digter is dus “a sort of hinge” aangesien die digter “[t]hrough songs of praise […] a continuity between mortal and immortal life for a man like Skopas” rangskik, want alhoewel “Skopas believes he is paying Simonides a certain price for a certain quantity of words” bekom hy egter “a memory that will prolong him far beyond all these. He will be one of the unlost. Gratitude is in order.”

    AntwoordVee uit