Wys tans plasings met die etiket O'Neill. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket O'Neill. Wys alle plasings

Woensdag, Oktober 17, 2012

A Long Day's Journey Into Night

Katherine Hepburn in die 1962 fliek
In 1941, op die hoogtepunt van sy sukses, het Eugene O'Neill 'n drama geskryf en in escrow laat toesluit met streng instruksies dat dit eers 25 jaar na sy dood oopgemaak mag word. 

O'Neill het reeds die Nobel-prys gewen, maar hy het voorspel dat dit sy meesterstuk sal wees en verder niks daaroor gesê vir die laaste dekade van sy lewe nie. Dit was te persoonlik.

Na sy dood het die professore se vingers gejik om te sien wat hy weggesteek het. 25 jaar was te lank om te wag. Sy 3de vrou Carlotta, die erfgenaam van sy boedel, het die regte daarvan aan Yale Universiteit verkoop en - teen O'Neill se instruksies - is die manuskrip in 1956, 3 jaar na sy dood, oopgemaak.

Daarin is ‘n drama ontdek met die naam A Long Day's Journey Into Night.

Dit was nie O'Neill se laaste toneelstuk nie, hy het heelwat daarna geskryf en een daarvan - A Moon for the Misbegotten - is 'n sequel vir Long Day, dieselfde karakter (Jim Tyrone) later in sy lewe.

Maar sy voorspelling het waar geword: Long Day het die Pulitizer prys na-doods gewen en sy mees bekroonde stuk geword, waarskynlik die mees bekroonde Amerikaanse drama en die ultimate "speelgeleendheid", vir al vir vroue akteurs.

Wees gewaarsku: dis pure praat en pyn en niks anders nie.

Die titel is tipies poetiese Eugene O'Neill. Dit verwys na 'n lewe - the sickness unto death - maar ook na een dag in een huis, van die oggend tot middernag.

Dit is 'n pa en ma en hul twee volwasse seuns - al vier is gekrippel met verwyte, spyt en teleurstelling. Ou koeie word uit die sloot gehaal, en verwyte oor en weer.

Wat Long Day spesiaal maak is die rol van Mary Tyrone, die ma. Sy is getroud vir baie jare met ‘n grootbek (maar nou has-been) teater akteur – James Tyrone. Deur die loop van tyd het sy ‘n dwelm verslaafde geword, om haar te help “om haar siel te roep” tussen al die pyn en chaos rondom haar.

Daar is ‘n hartverskeurende middelpunt in die drama wanneer sy aan haar siek seun beken dat eendag, lank terug alles skielik opgehou het.

Haar siel het nie meer gekom wanneer sy geroep het nie.

I've never understood anything about it, except that one day long ago I found I could no longer call my soul my own. But some day, dear, I will find it again-some day when you're all well, and I see you healthy and happy and successful, and I don't have to feel guilty any more-some day when the Blessed Virgin Mary forgives me
Die toneelstuk eindig terwyl sy in ‘n beswyming vertel, met haar gesin wat in stilte aankyk, hoedat sy as kind ‘n visie van die Blessed Virgin Mary gesien het.

Sy het dadelik na die Mother Superior gegaan en gevra om vir die res van haar lewe as ‘n non opgeneem te word.

Die Mother Superior het na haar visie geluister maar gevra dat sy eers uit die skool uit gaan en een jaar in die wereld lewe as ‘n normale tiener meisie en daarna terugkom.

Daarna kon sy ‘n non word.

Mary was tot haar wortels toe geskok dat die Mother Superior haar so ligtelik opneem, maar het besluit om haar te wys: sy sou die jaar uit wag en weer terugkeer om haar roeping te voltooi.

And then- something happened, but I can't quite remember what.

Sy dink – en dan onthou sy

Oh,yes. I fell in love with James Tyrone, and I was quite happy for a time

Maandag, September 17, 2012

Strange Interlude

In die 1920s het Eugene O'Neill 'n lang weird eksperimentele en unieke drama geskryf: Strange Interlude.

Dit was die hele lewe van een vrou: Nina Leeds. Bo en behalwe al die usual teater-glamour het dit, vir die eerste keer sedert Shakespeare, die konsep van die soliloquy hergebruik. Die karakters op stage praat met mekaar en dan met die gehoor (die gehoor luister na wat hulle regtig dink).

Nina verloor haar geliefde in World War I, gaan deur 'n reeks affairs en teleurstellings en trou en word swanger met Sam, 'n goeie, veilige man.

In een horribale, seminale toneel met haar skoonma word sy gevra (indirek) om haar kind te aborteer, van voor af swanger te word met 'n ander man en die kind groot te maak asof dit haar man Sam sn is, sonder dat iemand ooit moet weet.

Nina is sprakeloos.


Haar skoonma glo dat haar manlike lyn 'n genetiese defek het en dat haar kleinkind mal gebore sal word en haar seun se lewe ruineer.


 I used to be a great one for worrying about what's God and what's devil, but I got richly over it living here with poor folks that was being punished for no sins of their own, and me being punished with them for no sin but loving much. Being happy, that's the nearest we can ever come to knowing what's good! Being happy, that's good! The rest is just talk!

Nina doen uiteindelik wat haar skoonma sê, deels uit vrees en horror en deels omdat sy in elkgeval 'n affair met Dr Ned Darrel wil hê.

En deur die jare wat verbygaan word die seuntjie groot voor die oe van hierdie drie mense: Ned, Nina en Sam.

Na haar skoonma se dood begin Nina in die geheim te ondersoek of daar regtig 'n "mal streep" in haar man se familie is - en vind niks. Enige teken dat Sam self mal gaan word? Na al die jare bly hy "as sane as a pig", sê sy bitter vir haarself.

Heel aan die einde reflekteer sy oor haar lewe

our account with God the Father is settled … afternoons of happiness paid for with years of pain … the only living life is in the past and future … the present is an interlude … strange interlude in which we call on past and future to bear witness we are living! …

Sondag, November 27, 2011

The Iceman Cometh

Lee Marvin as Hickey
Jare terug was daar 'n ou boeregeneraal - Piet Cronje. Dis hy wat oorgegee het aan die Engelse by Paardeberg, met 4000 boere, op Majuba-dag, tydens die Boereoorlog.
Skande. Piet Cronje was die enigste boere generaal wat ooit die wit vlag gehys het of gevang is deur die vyand.
Om dinge verder te vererger het hy kort na die oorlog na Amerika gereis vir 'n re-enactment van Paardeberg by die St. Louis International Fair, waarvoor hy betaal is.
Dit was die laaste strooi. Cronje is ge-disown deur sy familie en die hele Afrikaner volk.
Ek weet nie wat daarna van hom gebeur het nie, maar hy verskyn - duidelik herkenbaar - in Eugene O’Neil se play “The Iceman Cometh”.
Dis alles in een kroeg in Amerika, so 1910 (die Great War lê nog voor en die Boer War is nog die laaste groot oorlog waaroor almal praat).
Binne die kroeg lewe ‘n groep regular drunks, waaronder “Generaal Wetjoen”, ‘n disgraced boere generaal wat te bang is om terug te keer na die Transvaal. Sy beste (enigste) vriend, is ‘n Engelse kolonel uit dieselfde oorlog, wat gedobbel het met sy regiment se geld.
Saam met die res wag hulle vir die besoek van ‘n travelling salesman wat elke jaar op sy verjaardag in hulle kroeg 'n groot party gooi en al sy geld blaas.
“Hicky” is sy naam.
Hy kom, maar tot hulle skok wil hy niks drink nie, hy is hergebore: hy glo dat hy die geheim van vryheid ontdek het.
Elkeen van die dronkaards in die kroeg is dieselfde op een manier: hulle koester een laaste illusie oor wat hulle nog met hul lewe gaan bereik – wat Hicky noem hulle “pipe dream”.
Vir Generaal Wetjoen is dit sy terugkeer na sy land, sy gesin, sy mense.
Hickey se teorie is dat dit hierdie laaste droom is wat al die pyn in elkeen se lewe veroorsaak, en hul verslawing aan drank is nodig om hierdie illusie te laat lewe. Sonder hul verslawing aan hierdie illusie sal hy hulle heeltemal bevry wees.
Maar om alle hoop op te gee is ‘n terrible ding om iemand te vra.
Die hele affere gaan glad nie goed af nie, en kort voor lank begin hulle vermoed dat Hickey, in fact, mal geword het, en nie sonder rede nie.
Dis die swartste van swart drama, dis lank en sonder enige verligting, maar ek is mal oor die Iceman Cometh. Daar is ‘n enorme toure-de-force rol vir die akteur wat Hickey speel, maar die hele ding bly interessant en ontwykend tot heel aan die einde.
Die siel kan nie besit word nie, dit is te diep om te bereik en te beheer. Die siel tree op sonder dat ons kan help.
Die Hickey rol is onlangs deur Kevin Spacey op Broadway gedoen, daar is twee flieks – een met Jason Robards, wat die oorspronklike rol gedoen het; en een met Lee Marvin, die Dirty Dozen aksie ster - skitterende movie, ook.

Sondag, November 13, 2005

A Moon for the Misbegotten

Ek het pas hierdie play deur Eugene O'Neill gelees - my eerste.

Die hart daarvan is Josie - 'n obese oorgewig meisie met 'n kragtige persoonlikheid. Sy verlei mans kompulsief na haar bed, maar verongeluk alles elke keer net voor seks, omdat sy diep in haar siel nie kan glo dat dit nooit kan werk nie. Deur haar slim manipulasie van die situasie skep sy 'n valse reputasie as 'n gigelo van soorte (geen man wil erken dat hy a) vir haar geval en dan b) deur haar verwerp is nie).

Die drama is 'n streng klassieke een plek, een tyd, twee mense op 'n slag, aaneenlopende verhaal: Josie se groot groot gamble - 'n date, laat in die nag in die pragtige maanlig, met die een man op wie sy werklik verlief is.

O'Neill skep 'n horde spelgeleenthede vir die twee lovers - Josie en Tyrone - terwyl hulle hierdie hartseer beerdans om mekaar maak, en met elke tree nader word die stakes al hoe hoër.
Die skrywer en die karakters word eerliker en duideliker en bereik 'nonverduidelikbare intimiteit wat Josie die volgende oggend vir haar pa probeer vasvang

"A miracle. A virgin who bears a dead child in the night, and the dawn finds
her still a virgin"

Geen smugness daarmee.
Wens ek kan dit sien op die planke.