In 1941, op die
hoogtepunt van sy sukses, het Eugene O'Neill 'n drama geskryf en in escrow laat
toesluit met streng instruksies dat dit eers 25 jaar na sy dood oopgemaak mag
word.
O'Neill het reeds
die Nobel-prys gewen, maar hy het voorspel dat dit sy meesterstuk sal wees en
verder niks daaroor gesĂȘ vir die laaste dekade van sy lewe nie. Dit was te
persoonlik.
Na sy dood het
die professore se vingers gejik om te sien wat hy weggesteek het. 25 jaar was
te lank om te wag. Sy 3de vrou Carlotta, die erfgenaam van sy boedel, het die
regte daarvan aan Yale Universiteit verkoop en - teen O'Neill se instruksies -
is die manuskrip in 1956, 3 jaar na sy dood, oopgemaak.
Daarin is ‘n drama
ontdek met die naam A Long
Day's Journey Into Night.
Dit was nie
O'Neill se laaste toneelstuk nie, hy het heelwat daarna geskryf en een daarvan
- A Moon for the Misbegotten - is 'n sequel vir Long Day, dieselfde
karakter (Jim Tyrone) later in sy lewe.
Maar sy
voorspelling het waar geword: Long Day het die Pulitizer prys na-doods gewen en
sy mees bekroonde stuk geword, waarskynlik die mees bekroonde Amerikaanse drama
en die ultimate "speelgeleendheid", vir al vir vroue akteurs.
Wees gewaarsku:
dis pure praat en pyn en niks anders nie.
Die titel is
tipies poetiese Eugene O'Neill. Dit verwys na 'n lewe - the sickness unto death
- maar ook na een dag in een huis, van die oggend tot middernag.
Dit is 'n pa en
ma en hul twee volwasse seuns - al vier is gekrippel met verwyte, spyt en
teleurstelling. Ou koeie word uit die sloot gehaal, en verwyte oor en weer.
Wat Long Day spesiaal
maak is die rol van Mary Tyrone, die ma. Sy is getroud vir baie jare met ‘n
grootbek (maar nou has-been) teater akteur – James Tyrone. Deur die loop van tyd
het sy ‘n dwelm verslaafde geword, om haar te help “om haar siel te roep”
tussen al die pyn en chaos rondom haar.
Daar is ‘n
hartverskeurende middelpunt in die drama wanneer sy aan haar siek seun beken
dat eendag, lank terug alles skielik opgehou het.
Haar siel het nie meer gekom wanneer
sy geroep het nie.
I've
never understood anything about it, except that one day long ago I found I
could no longer call my soul my own. But some day, dear, I will find it
again-some day when you're all well, and I see you healthy and happy and
successful, and I don't have to feel guilty any more-some day when the Blessed
Virgin Mary forgives me
Die toneelstuk
eindig terwyl sy in ‘n beswyming vertel, met haar gesin wat in stilte aankyk,
hoedat sy as kind ‘n visie van die Blessed Virgin Mary gesien het.
Sy het dadelik na
die Mother Superior gegaan en gevra om vir die res van haar lewe as ‘n non
opgeneem te word.
Die Mother
Superior het na haar visie geluister maar gevra dat sy eers uit die skool uit
gaan en een jaar in die wereld lewe as ‘n normale tiener meisie en daarna
terugkom.
Daarna kon sy ‘n
non word.
Mary was tot haar wortels toe
geskok dat die Mother Superior haar so ligtelik opneem, maar het besluit om
haar te wys: sy sou die jaar uit wag en weer terugkeer om haar roeping te
voltooi.
And then- something happened, but I can't quite
remember what.
Sy dink – en dan
onthou sy
Oh,yes. I fell in love with James Tyrone, and I
was quite happy for a time
Geen opmerkings nie :
Plaas 'n opmerking