Maandag, September 17, 2012

Strange Interlude

In die 1920s het Eugene O'Neill 'n lang weird eksperimentele en unieke drama geskryf: Strange Interlude.

Dit was die hele lewe van een vrou: Nina Leeds. Bo en behalwe al die usual teater-glamour het dit, vir die eerste keer sedert Shakespeare, die konsep van die soliloquy hergebruik. Die karakters op stage praat met mekaar en dan met die gehoor (die gehoor luister na wat hulle regtig dink).

Nina verloor haar geliefde in World War I, gaan deur 'n reeks affairs en teleurstellings en trou en word swanger met Sam, 'n goeie, veilige man.

In een horribale, seminale toneel met haar skoonma word sy gevra (indirek) om haar kind te aborteer, van voor af swanger te word met 'n ander man en die kind groot te maak asof dit haar man Sam sn is, sonder dat iemand ooit moet weet.

Nina is sprakeloos.


Haar skoonma glo dat haar manlike lyn 'n genetiese defek het en dat haar kleinkind mal gebore sal word en haar seun se lewe ruineer.


 I used to be a great one for worrying about what's God and what's devil, but I got richly over it living here with poor folks that was being punished for no sins of their own, and me being punished with them for no sin but loving much. Being happy, that's the nearest we can ever come to knowing what's good! Being happy, that's good! The rest is just talk!

Nina doen uiteindelik wat haar skoonma sê, deels uit vrees en horror en deels omdat sy in elkgeval 'n affair met Dr Ned Darrel wil hê.

En deur die jare wat verbygaan word die seuntjie groot voor die oe van hierdie drie mense: Ned, Nina en Sam.

Na haar skoonma se dood begin Nina in die geheim te ondersoek of daar regtig 'n "mal streep" in haar man se familie is - en vind niks. Enige teken dat Sam self mal gaan word? Na al die jare bly hy "as sane as a pig", sê sy bitter vir haarself.

Heel aan die einde reflekteer sy oor haar lewe

our account with God the Father is settled … afternoons of happiness paid for with years of pain … the only living life is in the past and future … the present is an interlude … strange interlude in which we call on past and future to bear witness we are living! …

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking