Woensdag, Oktober 10, 2012

The Last Laugh

Hier is 'n voorbeeld van hoe eenvoudig 'n great storie kan wees.


The Last Laugh kom uit die silent-movie era (1924). Dit is 'n vollengte 2-uur fliek met geen klank, maar ook geen dialoog. Daar is geen woord-kaarte of onderskrifte wat deur die fliek verskyn nie, soos in ander silents van hierdie tyd.

Niks. En tog is die storie so duidelik soos daglig.

Dit vertel van 'n ou portier (Emil Jannings) van 'n groot hotel wat op sy ou dag ge-demote word na linne-man, omdat hy te veel sukkel met die gaste se tasse dra.

Daarmee saam word hy gevra om sy portier-uniform in te handig.

Maar die vernedering is te veel vir die ou man. Sy hele self-beeld, sy identiteit in die gemeenskap hang saam met die uniform wat hy deur die jare gedra het. 

Wanneer die kans voordoen steel hy die uniform terug en trek weer aan voordat hy huistoe gaan.

Daarna lewe hy 'n dubbele lewe: hy trek sy uniform aan in die oggend by die huis tot op die stasie - verklee daar in sy eenvoudige wit jassie - en ruil weer uniforms om voordat hy sy vrou en gesin by die huis moet face.

Maar natuurlik, een of ander tyd gaan die waarheid uit...

Alles in hierdie fliek is kru en eenvoudig, maar die effek is ongelooflik - omdat dit so 'n wonderlike, single-minded storie vertel.

1 opmerking :

  1. Wat 'n wonder dat ek jou 'blogspot' ontdek het, Gert. Ek sit al vir ure te lees aan jou insigryke en baie interessante blogs, dankie. My leeslewe het o pas (weer) ryker geraak ;-)

    AntwoordVee uit