Saterdag, Oktober 13, 2012

Die Sneeuslaper


Ek het dadelik geweet die ding waaraan ek hierdie boek gaan onthou is die gedig aan die begin van die tweede storie - die slagwerker. Ek het koue rillings gekry toe ek die woorde lees

Dit alles kom van terugglimlag
As jy na my glimlag

Dit is fenominaal, watter poetry! (sy sê later dis 'n gedig van Rumi - iemand wat ek niks van weet nie)
Die ander groot oomblik was in die laaste storie, oor die fotograaf

"Hy wou met sy fotos die dinge gryp, nie soos hulle was nie, maar soos wat hulle wórd, deur wind, deur aanraking, deur die wellus van molekules"

Dis ook great en wonderlike gedagte, ek gaan nog lank daaroor dink.

Oor die algemeen was dit vir my nogal kripties, 'n bietjie van 'n tease - sy steek weg net soveel as wat sy reveal, ek dink sy wil aanhou belowe haar standpunt sal duidelik word, maar wil dit nie regtig veklap nie, wat dit ook al is - dis te precious om te bewoord.

I am large, het Walt Whitman gesê, I contain multitudes.

Ek is nie mal oor die 4de persoon verteller stem nie - die "iemand anders het hierdie vir my vertel en ek vertel dit vir julle en vat dit vir wat dit werd is" ding. Skrywers doen dit om afstand tussen hulself en hul materiaal te sit, soos wanneer sy kamstig haar storie (soos wat dit aan haar vertel is) onderbreek om die gehoor te vra

"Val julle daarvoor? Ek het nie"

Ag please man. As sy nie gaan glo in haar konkoksies nie, hoe sal die leser.

Ek het aan die begin gewonder hoe ek sou reageer het as ek daai dag tydens haar inhuldiging in die gehoor gesit het terwyl sy die eerste storie (die swanefluisteraar) gelees het.

Ek dink ek sou baie ge-eerd wees, baie opgeneem daarin maar uiteindelik baie embarrassed teen die einde - waneer sy haar fiskaal gedig lees. Die poging om kuns uit klank te maak, sonder om iets daarmee saam te kommunikeer, I don't think so.

Wat is dit waarna sy strewe? Ek dink dis iets van die stryd om te ervaar en te verstaan en die wereld se weerstand om verstaan te word. En die belangrikheid dat die misterie moet voortbestaan, dat ons pogings om te verstaan moet misluk.

Dis elke keer stories van kunstenaars wat die onsêbare probeer sê, en uiteindlik verval in stilte.

Daar is 'n natuurlike hipnose wat kom van peins oor dinge en staar na goed, soos in daai klein voëlvanger gadget waarvan sy praat aan die einde van die laaste storie.

Die dromslaner storie is die een wat my die meeste geroer het, dis 'n pragtige ironie - die perel gevorm om 'n sandkorrel van eensaamheid en ouderdom, 'n skrywer wat 'n lang storie uitdink wat die verdwyning van 'n jong buurman op wie hy verlief is, verduidelik.

Ek het altyd sulke suiwer Afrikaans gehaat, maar ek haat dit nie meer nie, ek waardeer nou mense wat nog in ons klein taal probeer woeker, al kan ek somtyds nie regtig verstaan wat sy sê nie.

Hoe meer ek gelees het hoe meer het ek gevoel dat ek iewers die draad verloor het, maar nou ja ons het net een lewe.

Dis wat dit vir my beteken het.

My kollega het hierdie week vir my gevra hoekom dra ek so swaar selfoon? Ek het gesê, I like it heavy, I like it big, I like it hard. Ek is hardcore.

Ek dink sy is ook.

1 opmerking :

  1. Interessante skrywe, Mnr Rautenbach. Enersyds is dit volgens een van u minder steekhoudende ("consistent")/selfversekerde skrywes, terwyl laasgenoemde dit andersyds juis 'n sekere lywigheid/digtheid/konsistensie ("consistency") gee, d.w.s. iets van daardie "hardcore" kwaliteit daaraan verleen.

    Na my mening veronderstel Marlene van Niekerk 'n bekendheid met Derrida (en dus veral ook Heidegger) se oeuvre. Ek beskou haar dus as iemand met 'n smaak vir die geheim, oftewel, sy begryp inderdaad iets van die "belangrikheid dat die misterie moet voortbestaan, dat ons pogings om te verstaan [vir logiese redes] moet misluk".

    U, of van u lesers, mag die volgende twee bronne dalk interessant vind:

    Catherine Botha se artikel "On The Way Home: Heidegger and Marlene van Niekerk’s Triomf", aanlyn beskikbaar by Phronimon (vol. 12, nommer 1, September 2011).

    Engelbrecht (1992) se onderhoud met Van Niekerk getiteld "Verhale gebore uit magteloosheid en woede", aanlyn beskikbaar by http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1992/11/5/2/10.html.

    Ek haal Van Niekerk uit laasgenoemde aan - ek dink dit vertel baie van haar "over the top" (haar woorde) - as ander manier om na "hardcore" te verwys? - vertelstrategie in die algemeen:

    “In die verhale in "Die vrou wat haar verkyker vergeet het" het ek baie plesier daaruit geput om die karakters te help om oortredings te begaan dis alles oortredings van die verbeelding, en verbeelding is ʼn oortreding van die ego. Ambisieuse ego’s se skemas lyk almal dieselfde, maar hulle het net verskillende name. Dis nou skemas soos die perfekte revolusie, die perfekte beesplaas, die perfekte gedenkingsmonument, ensovoorts.

    “Dan put ek groot plesier daaruit om hierdie ambisieuse skemas te help bedink en dan span ek vir die karakters ʼn geweldige strik. Dis kinderlik en primitief, en gebore uit magteloosheid en woede om te lewe in ʼn land waar daar so baie fout is, en ʼn mens wil iets daaromtrent doen, maar jy weet nie hoe nie.

    “Dis waaroor die satire in my stories gaan: jy blaas iemand se ballon op, en prik dit dan met ʼn klein speldjie. […]"

    Soos sy aan die einde van die onderhoud dan ook sê:

    "As ek vir myself 'n eis stel in die toekoms, is dit om op te hou om geweld met gewelddadige skryfwerk te straf en eerder pro-aktief te reageer, met medelye en selfvergiffenis. My
    selfkritiek spruit uit 'n soort besef dat 'n mens niks sal verander nie, maar net jouself kan verander deur jou identiteit af te breek en te sien jy is net soos almal. F.W. de Klerk kry ook sooibrand,
    Buthelezi se baard krap hom en Mandela het waarskynlik verdriet met vroue."

    Gepraat van die ""die wellus van molekules [van mense]"" - mens het 'n groot glimlag daarvoor nodig en hierdie Afrikaanse skrywer weet hoe om dit op 'n mens se gesig te sit (amper sit ek die laaste "dit" tussen hakies!)

    Ek sou graag wou hoor wat u van die titelverhaal van "Die vrou wat haar verkyker vergeet het" dink (gepraat van "hardcore"!) - dit is een van my top 5 Afrikaanse tekste, om nie van die hele bundel te praat nie.

    Groete tot u volgende blog (ek het u eers onlangs ontdek en werk nou so stelselmatig deur al u inskrywings - elke nou en dan kry ek 'n groot verrassing - doe so voort!)

    AntwoordVee uit