Die Unknown Americans is die stroom van Latynse immigrante na Amerika. Dies teen wie Donald Trump 'n muur wil bou en waarvoor Mexico gaan betaal.
Like they really want to be tied to the underside of a car or stuffed into a trunk like a rug or walking in nothing but some sorry-ass sandals through the burning sand for days, a bottle of hot water in their hands? Half of them ending up dead, or burned up so bad that when someone finds them, their skin is black and their lips are cracked open? Another half of them drowning in rivers...
And for what? To come here and make beds in a hotel along the highway?
[ Bruce Springsteen het 'n roerende song - Matamoros Banks - wat begin met 'n lyk wat uitspoel op die bank van die Matamoros Rivier en eindig met 'n Mexikaanse man wat sy vrou groet voordat hy sy reis oor die grens begin. Aan die einde daarvan besef jy dit was sy storie - kronologies agterstevoor. Dit was 'n bitter opvolg vir een van sy heel beste, hoopvolle songs - Across the Border - van 10 jaar vroeër. But I digress ]
Die immigrante in die storie is van Panama, Mexico, Venezuela, ooral oor. Elke hoofstuk word geskryf in die stem van 'n ander een, en begin met sy naam en agtergrond.
Die hele toon is totaal simpatiek - dis glad nie die murderers and rapists waarvan The Donald praat nie. Net hoedat arm mense hulle potjies probeer krap en uit die moeilikheid bly.
Driekwart van die boek in hierdie trant - so simpatiek dis eintlik vervelig. Die hart daarvan gaan oor 'n gesin - Alma & Arturro Rivera en hulle dogter Maribel. Deur die loop van die storie word dit duidelik dat hul dogter Maribel breinskade opgedoen het in 'n ongeluk in Mexico en dat hulle (wettiglik) immigreer om haar in 'n spesiale skool in Amerika te kry.
Die eerste 3/4 van die boek was vir my uitstaande hoofsaaklik vir die ernstige poging wat dit aanwend om die lewens van arm mense te wys. Ek besef nou eers dat mens dit skaars ooit in boeke lees. Die Oos-Duitsers in Franzen se Purity was sekerlik ook arm, maar mens sou dit nooit sê nie.
I had the feeling that they disapproved of us being there, drinking only water, taking up space. But when I glanced at the people around us, no one was even looking in our direction, and I felt the way I often felt in this country—simultaneously conspicuous and invisible, like an oddity whom everyone noticed but chose to ignore.
Maar hierdie erns beteken geen wisecracks en grappies nie, baie min in die lyn van vermaak. Die Riveras se lewe word oorheers deur twee obsessies: om die wet te gehoorsaam (dubbel te gehoorsaam!) en hul weerlose dogter op te pas.
En dan kom tragedie, baie vinnig - en Arturo word doodgesķiet in 'n misverstand.
En hierna vind die boek skielik sy poetiese mojo: die finale is wonderlik en baie slim gedoen. Al wat vir Alma oorbly na haar man se dood is om op te pak en haar dogter terug te neem na Mexico.
Die toneel waar sy alles - skaars ses maande nadat hulle in Amerika aangekom het - oppak in dieselfde swart sakke waarmee hulle gekom het, is die hoogtepunt van die boek. In elke objek waaraan sy raak is die droom van Amerika, en die gevoel van haar dooie man.
On Monday, a woman from the hospital called to ask what I wanted to do with the body. The question was so absurd it made me laugh.
“What do I want to do with it?” I said. “I want to bring it back to life.”
Dit eindig met ma en dogter wat terugreis na Mexico, nadat die gemeenskap 'n kollekte doen om die lyk van haar man per vliegtuig te verskeep: $5000.
Arturo was going with us to the wide, silent lake and the butterfly fishermen who glided over its surface. To the red tile roofs and the rough adobe walls of both his childhood and mine. To the cobblestone streets and the brilliant sunshine and the arched doorways and the flowers spilling over people’s roofs. To the market in La Boca and the bench in Plaza Grande where the two of us ate ice cream on our first date while the late-day sun quavered above us, sliding down slowly against the curve of the sky. To the basilica and the cathedral and the painted store names in red and black. To the dirt and the wandering dogs. To our friends and generations of our families. To that stupid glass bowl that he missed so much. To home. Our home
In hierdie oomblik word Mexico die beloofde land.
Die laaste hoofstuk is - baie slim - in die stem van Arturo Rivera: die man wat reeds dood is. Hy vertel dat hy gelukkig was in Mexico, maar dat Amerika nog beter is. Hy noem nooit sy dogter se kondisie nie, hy noem nooit hoedat sy vrou hom gepleit het om te kom nie, hy verwyt haar nie vir die ongeluk wat sy dogter se breinskade veroorsaak het nie (dit was Alma wat nie die leer op die regte oomblik vasgehou het nie). Hy noem niks van die swaarkry in Amerika nie. Hy dink aan die positiewe.
Maribel is getting stronger. I can see it. Every day a little bit more. A safe area to live. Such good friends. It’s incredible. One day when we go back to México and people ask me what it was like here, I will tell them those things.
Etikette
- afrikaans
- amerika
- antiek
- boeke
- breytenbach
- comics
- Dostoyevsky
- drama
- engelse
- Eugene Marais
- filosofie
- flieks
- gedigte
- geskiedenis
- godsdiens
- grieke
- HG Wells
- horror
- Jans Rautenbach
- Karen Blixen
- kuns
- musiek
- Nietzsche
- opera
- Opperman
- politiek
- russe
- scifi
- Scorsese
- Shakespeare
- Tarkovsky
- Tolstoy
- van Wyk Louw
- Wagner
Sondag, September 20, 2015
Teken in op:
Plaas opmerkings
(
Atom
)
Ek het die ander dag gedink die huidige volksverhuising in Europa sal seker 'n klomp nuwe boeke aanstig en as nagedagte dat mens 'n interessante leesprojek oor migrante kan maak. Hierdie boek sal daarby pas. Ook Oscar Wao en The moon is low. En Americanah wat weer n ander variasie verteenwoordig. Wat kan jy nog aanbeveel?
AntwoordVee uitHouse of Sand and Fog. Ek het net die fliek gesien maar onthou dit vandag nog.
Vee uitMonica - Jean-Michel Guenassia se The Incorrigible Optimists Club, rakende die idee - argetipe? - van die beloofde land, of om 'n vreemde in 'n vreemde land te wees.
AntwoordVee uit