Hoeveel keer het ons al hierdie uitdrukking gehoor, sonder om daaroor te dink?
All's Well That Ends Well
Ek het getop en gedink en vandag glo ek dat hierdie 5 woorde die grootste, diepste motto is wat Shakespeare ooit geskryf het.
Hoe om te verduidelik? In ons tyd word drama, hetsy tragedie of komedie, gebaseer op verdiende loon. Goed wat seevier oor Kwaad.
Nie dat die good-guy altyd wen en die bad-guy altyd verloor nie, maar wanneer die bad guy wen haat ons hom en wanneer die good-guy verloor huil ons vir hom. Om hierdie emosies te wring is die hele essensie van ons drama.
Wat my altyd gepla het is dat hierdie patroon glad nie in die ou drama voorkom nie. Nerens in Shakespeare nie: The Two Gentleman of Verona, Taming of the Shrew, Much Ado About Nothing, Measure of Measure en talle ander dramas het sadistiese, euwel mans wat na al hul wandade skielik met hul slagoffers versoen en dan met 'n glimlag saam 'n buiging maak, sonder enige straf.
Neem Mozart se opera Le Nozze di Figaro, waar die Duke vir vier ure sy Chambermaid in die bed probeer kry, en dan, wanneer hy uitgevang word neem dit net een buig van die knie vir sy vrou om hom te vergewe.
Moderne gehore kan nie sin hiervan maak nie - waarom aanhou probeer om die ding lief te hê wat jou seermaak? Wat is hulle veronderstel om te voel vir hierdie monsters, en hoe moet hulle voel oor die victim se verraad aan die einde?
Dieselfde is waar van die ou tragedie - daar is geen verskil tussen die lot van die goeie en die slegte nie: Romeo sterf saam met Tibalt, Othello met Iago, Hamlet met Claudius, Ceaser met Brutus, Lear met sy dogters.
Soos Clint Eastwood in Unforgiven sê - Deserve's got nothing to do with it.
Dit het my lank geneem om hierdie gedagte te verstaan.
Ek het die ander aand na Shakespeare se drama All's Well That Ends Well gekyk.
In hierdie storie word 'n man - Bertrand - forseer om met sy diensmeisie - Helena - te trou, nadat sy die koning se lewe red. Hy verag haar en vlug uit sy moederhuis onmiddelik na die huwelik, met die woorde
Till I have no wife in France, I have nothing.
Jare later - nadat sy vergeefs probeer om hom oor te wen, sterf die arme Helena - en die verligte Bertrand kan huistoe kom.
Daar ontdek hy, tot sy skok, dat sy mistress van die laaste jaar in werklikheid sy gehate vrou is (wat hom in die geheim gevolg het) totdat hy haar swanger gemaak het.
Bertrand besef dat daar in werklikheid niks was om te haat nie, niks om te vrees nie.
All's Well That Ends Well is towerwoorde.
Dit beteken: daar is hoop vir almal, daar is vergifnis, dat pyn verdra kan word, dat mense kan verander, dat ons uit die verlede kan ontsnap.
Dit beteken: niemand is goed nie, niemand is sleg nie
The web of our life is of a mingled yarn, good and ill together.
Etikette
- afrikaans
- amerika
- antiek
- boeke
- breytenbach
- comics
- Dostoyevsky
- drama
- engelse
- Eugene Marais
- filosofie
- flieks
- gedigte
- geskiedenis
- godsdiens
- grieke
- HG Wells
- horror
- Jans Rautenbach
- Karen Blixen
- kuns
- musiek
- Nietzsche
- opera
- Opperman
- politiek
- russe
- scifi
- Scorsese
- Shakespeare
- Tarkovsky
- Tolstoy
- van Wyk Louw
- Wagner
Vrydag, Februarie 01, 2013
Teken in op:
Plaas opmerkings
(
Atom
)
Geen opmerkings nie :
Plaas 'n opmerking