Die hele boek het 'n unieke tipografie: dis gedruk horisontaal instede van vertikaal, en in twee kolomme instede van een.
Die teks in die linkerkantse kolom is "hy", die regterkantse kolom is "sy".
Verder is kursiewe teks "'n verlede", normaal is "'n hede" en bold is "'n duur" (wat is 'n duur?)
Deur al die jare was hierdie opset alleen genoeg om my my eetlus daarvoor te laat verloor - en ek het dit nooit gelees nie. Maar wat vandag my oog gevang het was
PLEK
saal van 'n kunsbal, Kaapstad, 20ste eeu nC.
feesgebou en tempeltoring, Babilon, 18de eeu vC.
So - twee stories 4000 jaar verwyder, het ek gedink.
Binne die eerste paar bladsye skryf Andre Brink oor Ut-Napishti, die oorspronlike Noag uit die storie van Gilgamesh - en toe het ek belanggestel, want Gilgamesh is een van my gunsteling stories op aarde.
Dis 'n baie kriptiese relaas - van wat ek verstaan is hy en sy saam op 'n maskerbal - sy is nosteeds smoorverlief op iemand anders: X, 'n digter wat haar forseer het om 'n aborsie te kry en haar daarna ge-dump het vir 'n jonger meisie.
Hy is verlief op haar, maar getroud met A en wik en weeg of hy sal ingee aan haar aanhoudende kreun - gee vir my 'n kind.
Dit word duidelik dat hy haar oppas en van selfmoord gered het - sy is 'n aktrise en 'n groot klomp vrouerolle word in die boek se teks aangehaal en ingesleep om gewig aan dinge te gee.
Bo en behalwe sy gewone sak vol tricks gebruik Andre Brink hier die "niks" - die wit spasie op die papier vir dramatiese effek, die heen en weer geskommel van woorde - dan dik, dan dun.
Maar die storie self is 'n baie bekende resep
- sy is lief vir X
- X is lief vir ander mooi meisie
- hy is lief vir haar,
- maar A is getroud met hom.
Brink laat twee hele wit bladsye oop net vir X se antwoord wanneer sy vir hom vertel dat sy swanger is
En so gaan dit aan.
Daar is mooi stukke.
Wie-weet-waar in die wilde lewe
woon jy, kind,
met jou heilige sonderlinge oe
en jou apokaliptiese glimlag
Haar ouma word van tyd tot tyd aangehaal
Sy sou sê, my oerouma wat alles weet: die kind is begrawe, die nageboorte grootgemaak.
Terug by die masker bal glo sy dat sy vir X sien, en agtervolg hom die donkerte in, waar sy verkrag word deur 'n vreemdeling.
Daar vind hy haar, nadat alles verby is, soos die roman begin.
Ek het gewonder wat van Babiloniee geword het?
In sy voorwoord skryf Brink dat, in antieke Ur mummies ontdek is wat vir een dag Gode vertolk het op feeste, maar daarna selfmoord moes pleeg - want hul durf nie verder lewe as mense as jy eers "god gespeel" het nie.
My indruk was van 'n plakboek van holy-almosts - 'n ORGIE van lewensontdekking, ervarings, liefde, lees en wonder - alles in een boek gestort, met 'n jong skrywer wat dit skommel en ruk en offer aan die gode en bid dat iets sinvol met die materiaal moet gebeur.
Ek sien op die Internet dat daar 'n fliek van Orgie in die werke is, met die hoek dat dit die storie van Andre Brink se affair met Ingrid Jonker was.
Dit kan baie interessant wees.
Wonderlik, dankie. Nou maak Koos Doep se "Orgie" (Om jou verlaas te groet, 1985) ook vir my soveel meer sin.
AntwoordVee uit"Ek het jou van jou kleed bevry;
jou koue liggaam wag op my."
Maryna
(Ek dink 'n duur is 'n tydsverloop tussen gebeure)
Is u bewus van die versamelde liefdesbriewe van André P Brink en Ingrid Jonker wat in November uitkom - vanoggend op Kyknet heruitsending daarvan te hore gekom. Sien ook:
AntwoordVee uithttp://umuzi.bookslive.co.za/blog/2015/08/03/versamelde-liefdesbriewe-van-andr%C3%A9-p-brink-en-ingrid-jonker-in-november-beskikbaar/
Ek is huidig besig om "Vlam in die Sneeu" te lees, die versamelde liefdesbriewe tussen Andre en Ingrid Jonker. Dit is absoluut geskoei op hul stormagtige en passievolle liefdesverhaal en duidelik ook meld hy dat haar ouma ook daarin 'feature'. Kort nadat hy "Orgie" voltooi het, het hy die verhouding met Jonker beeindig, waarna sy na drie maande die see ingeloop het om so selfdood te pleeg. Ek wilnou hierna ook weer "Orgie" lees.
AntwoordVee uit