Wys tans plasings met die etiket iere. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket iere. Wys alle plasings

Vrydag, Oktober 28, 2016

The Picture of Dorian Gray

Oscar Wilde het 'n roman geskryf (sy enigste) - 'n horror storie oor 'n sexy jong man, Dorian Gray, van wie 'n portret geskilder word.

Wanneer hy daarna staar kom 'n gedagte by hom op:

A painting can capture eternity. 

en hy maak sy beroemde wens: dat hy vir altyd jonk sal bly en dat sy geskilderde weergawe in sy plek sal oud word.

Wanneer hy besef dat sy wens waar word ( hy sien 'n snedige glimlag in die portret nadat hy sy verlowing op 'n wrede manier verbreek ) laat waai hy met 'n lewe van seks, drugs en rock & roll wat Koningin Victoria se kop laat spin het.

The Picture of Dorian Gray was so 'n skandaal in ou Brittanje dat Wilde 'n spesiale voorwoord daarvoor geskryf het wat die oorsprong van die frase art-for-art's-sake is - feitlik so beroemd soos die storie self.

Die boek het inderdaad geen morele les nie - dit is onuitstaanbaar big deal, seksisties en versot. En tog, die verwerkings daarvan hanteer dit as 'n les: crime doesn't pay.

Wat vir my interessant bly van hierdie boek is nie soseer die eksternalisering van ouderdom nie, maar van moraliteit. Dorian Gray bly nie net jonk nie, maar ook onskuldig in die oë van die meisies wat op hom verlief word - maak nie saak wat hy doen nie. Intussen word die skildery al hoe meer afskuwelik, totdat Dorian dit later wegsteek omdat hy nie daarna kan kyk nie.

In daardie opsig was Oscar Wilde se nalatenskap dieselfde as Dorian Gray: 'n lewe van verdorwenheid wat verheiligd is.

Sy ambiwalente gevoel oor die skildery lei tot 'n reeks moorde - waarvan die arme skilder daarvan die eerste is.

En tog - maak nie saak hoe diep hy die portret wegsteek nie - word hy magneties teruggetrek om daarna te kyk asof hy hierdie afskuwelike deel van hom ook wil besit.

Pyn wil gevoel word, sonde wil gestraf word. Anders voel dit nie meer soos sonde nie.

Donderdag, Julie 09, 2015

The Dead

The Dead was die laaste kortverhaal wat James Joyce geskryf het voor hy begin werk het aan Ulysses (en sekerlik een van die grootste kortverhale in die Engelse taal).

Dis 'n eenvoudige lang beskrywing van 'n groot familiepartytjie in 1904 wat deur 'n paartjie (Gabriel en Gretta Convoy) bygewoon word, waarna hulle laat in die nag terugstap deur die sneeu huistoe.

Die partytjie, die stap en die sneeu het 'n helende effek op die twee - maar dan skielik breek iets in die vrou, sy begin histeries huil, en vertel uiteindelik vir haar verdwaasde man van 'n ou geliefde - Michael Furey - wat op ouderdom 17 aan longontsteking (koue en sneeu) gesterf het.

Met Gretta uiteindelik gekalmeer en aan die slaap, dink Gabriel aan alles.

A few light taps upon the pane made him turn to the window. It had begun to snow again. He watched sleepily the flakes, silver and dark, falling obliquely against the lamplight. The time had come for him to set out his journey westward. Yes, the news­pa­pers were right: snow was gen­eral all over Ire­land. It was falling softly upon the Bog of Allen and, fur­ther west­wards, softly falling into the dark muti­nous Shan­non waves. It was falling too upon every part of the lonely church­yard where Michael Furey lay buried. It lay thickly drifted on the crooked crosses and head­stones, on the spears of the lit­tle gate, on the bar­ren thorns. His soul swooned slowly as he heard the snow falling faintly through the uni­verse and faintly falling, like the descent of their last end, upon all the liv­ing and the dead.

Dinsdag, Desember 17, 2013

Van Morrison

Niks op hierdie aarde is maklik nie. En meer nog, as iets maklik lyk (of klink), is daar beslis iets baie spesiaal aan die gang.

Ek dink Van Morrison is die naaste ding wat rock-musiek, of R&B, het aan 'n Mozart.

Op sy beste voel Van se musiek asof dit opstyg, dis so veer-lig! Jy wil lag uit jou maag uit.

Van Morrison het net een ding wat hom interresseer - die mistieke "eenheid van alles" en die soeke na vervulling. Dis 'n moeilike "onartikuleerbare" onderwerp, maar keer na keer kom hy tevore met ontsaglike eenvoudige verwoordings daarvoor.

Baie van die songs bestaan maar net uit 'n paar reels lirieke - maar die mengsel van totale harmonie, die sielvolheid, die totale eenvoud en stem is enig van sy soort.

'n Paar voorbeelde.

Rave On, John Donne
(Inarticulate Speech of the Heart)

In die laate 50 jaar het die mens op die maan gestap, civil rights het gekom, kolonialisme en kommunisme het verdwyn; nuwe oorloë; 9/11; heavy metal, punk, grunge, reggae en rap; plate, kasette, CDs, iPods...

Maar niemand het vir Van Morrison laat weet nie - na meer as 50 jaar bly hy salig onbewus van al hierdie onbenullighede.

Die basiese menslike taak het niks verander deur tyd en omstandighede nie - en die siel van duisende jare is nog met ons.

In hierdie song praat hy die 400 jaar oue digter John Donne moed in (en Walt Whtman, Omar Kayamm...), asof hulle nog saam met ons is

Rave on John Donne, rave on thy Holy fool
Down through the weeks of ages
In the moss borne dark dank pools
Rave on, down through the industrial revolution
Empiricism, atomic and nuclear age
Rave on down through time and space down through the corridors
Rave on words on printed page
...

In The Garden
(No Guru, No Method, No Teacher)

Morrison het 'n gawe om 'n lang intense spirituele opbou na 'n great oomblik te doen.

In hierdie een is dit basies twee mense wat mekaar in 'n tuin ontmoet, in stilte alles inneem en uiteindelik praat

And I turned to you and I said:

No guru, no method, no teacher
Just you and I and nature


Days Like This
(Days Like This)

Hierdie het so vinnig 'n classic geword dat dit voel asof die song al vir dekades bestaan. In werklikheid is dit eers in 1995 geskryf en het dadelik 'n volkslied vir lekker dae en slegte dae geword.

When it’s not always raining there'll be days like this
When there's no one complaining there'll be days like this
When everything falls into place like the flick of a switch

Well my mama told me - there'll be days like this...

Moonshine Whiskey
(Tupelo Honey)

Morrison het op verskeie kere in Country musiek gewerk. Die album Tupelo Honey was min of meer dieselfde tyd as Bob Dylan se Country musiek fase (Nashville Skyline etc) en het ‘n groot indruk op hom gemaak. Hy het eenkeer gesê dat Tupelo Honey in die hemel geskep en deur Morrison na die aarde ge-channel is.

"Moonshine Whiskey" is die laaste en langste song op die album – ‘n heerlike vrolike, uitbundige jam – alternatiewelik vinnig en stadig.

Virgo Clowns
(His Band and the Street Choir)

Great song, een van daardie waar alles click en niks vir niks oorheers nie.

Die idee daarvan is die eenvoudige wens

Oh, let your laughter fill the room

Watter groter geluk kan 'n mens iemand toe wens?

Listen To The Lion
(Saint Dominic's Preview)

Een van die kragtigste songs. 

Weereens 'n stadige opbou waar Morrison praat oor die "lion inside you", maar dan verder gaan deur die dier op te roep. 

Halfpad deur die song verander sy woorde in diere-kreune en uiteindelik die ge-brul van die leeu. 

Dit wil gedoen wees, Lady Gaga.


You Don't Pull No Punches, But You Don't Push The River
(Veedon Fleece)

Wat 'n weird en wonderlike titel vir 'n song, ek lag sommer!

You Don't Pull No Punches (baie dankie, good for you),
But You Don't Push The River (maar die wereld gaan maar aan soos tevore).

Dit beteken eenvoudig - maak nie saak of jy tough of sag is nie; wat jy dink jy is nie - dit verander basies niks aan die aardbol nie.

Morrison het destyds 'n denkbeeldige "Veedon Fleece" uitgedink as die naam vir die groot ideale, onbereikbare "iets" waarna hy soek en streef.


Into the Mystic
(Moondance)

Een van die eerste songs - ook die absolute essens van Van Morrison se musiek en sy lewenslange soek na die "Philosopher's Stone".

We were born before the wind
Also younger than the sun
Ere the bonnie boat was won 
as we sailed into the mystic

Daar bestaan honderde covers hiervan.

And The Healing Has Begun
(Into the Music)

In hierdie song sê Van Morrison: Die wonderlikste wonderlikste gevoel op aarde; wat enige mens kan ervaar; is die oomblik wanneer jy kan sien of voel 

...that the healing has begun...

hetsy in jouself of in iemand vir wie jy omgee, of in iemand wat jy seergemaak het.

Cyprus Avenue
(It's Too Late To Stop Now)

Die live album "It's Too Late To Stop Now" het 'n onheilige reputasie as een van die beste lewendige opnames van 'n rock kunstenaar ooit.

Cyprus Avenue was 'n straat in Belfast, waar Morrison grootgeword het. Dit onthou die eerste oomblik toe "hy" vir "haar" gesien het.

...and you were standing there
and you were standing
there

..in all your revelation...

Die album eindig met 'n dramatiese 10-minute weergawe hiervan en dan Van Morrison se beroemde slot-kreet "It's too late to stop now!"

Jy kan letterlik hoor hoedat die gehoor hoendervleis kry.