Wys tans plasings met die etiket Whitman. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Whitman. Wys alle plasings

Vrydag, Januarie 14, 2005

Leaves of Grass

Presies tien jaar terug het ek het in Exclusive Books gestaan en 'n klein digbundel opgetel: Walt Whitman - Leaves of Grass. Ek was intrigued omdat dit so dun was. Ek het die boek al tevore gesien en dit was altyd 'n groot vet affere. Die eerste woorde - "I celebrate myself, and what I assume you shall assume" - het ek al in samestellings gesien sonder om ooit verder te lees.

Ek het dit omgedraai en agter gelees dat hierdie die eerste - 1855 - uitgawe van die boek was, met net die oorspronklike gedigte in hul eerste vorm. Meer as die helfde van die boek was net een gedig - op daai stadium sonder 'n titel, maar uiteindelik sou hy dit "Song of Myself" noem.

Whitman het net een digbundel gepubliseer, maar tot sy dood toe aanhou gedigte byvoeg, totdat dit uiteindelik van 50 bladsye na 500 geswel het, waaronder baie bekendes - "O Captain, My Captain", "I sing the body electric", "Out of the cradle endlessly rocking".

Maar dit was daai eerste gedig - "Song of myself" - wat my persoonlike obsessie geword het. Na die eerste paar reels was dit vir my soos die poorte v die hemele wat oopgegaan het. Ek het dit gelees en gelees en weer gelees vir enige een wat wou luister, en toe, in 1996 op die KKNK rimpelfees dit vir 'n totale gehoor v 4 mense voorgedra.

Dit was tien jaar terug.

Ek wens ek kon sĂȘ dat dit my lewe verander het, maar dit het nie. Ek doen vandag nog min of meer dieselfde werk as toe, selfde vrese en drome - tien jaar ouer.

Ek het dit gistraand weer gelees.

Vir die wat belangstel - hier is dit.