"Nine times already since my birth the heaven of light had almost revolved to the self-same point when my mind’s glorious lady first appeared to my eyes, she who was called by many Beatrice (‘she who confers blessing’), by those who did not know what it meant to so name her."
Ek het tevore al geskryf oor die nege-jaar oue seuntjie Dante se lewenslange obsessie met die meisie Beatrice, in die inskrywing oor die Divine Comedy.
Dante het die verhaal self vertel in die bundel "Vita Nuova" - "Nuwe Lewe". Vita Nuova is 'n versameling van sy Italiaanse gedigte wat Dante met groot sorg geredigeer en in detail, een vir een, lyn vir lyn verduidelik het.
Die boek het sy ontstaan te danke aan 'n nagmerrie waarin hy droom dat Liefde, in die gedaan van 'n jong man, sy hart uitskeur en vir Beatrice voer, stukkie vir stukkie.
[Hierdie eerste sonnet "To every captive soul and gentle heart", is die een wat Hannibal Lecter aan die Commendatore se vrou voordra in "Hannibal"]
Dit was 'n ander wereld - die middel van die middeleeue - die 1200s. Die heelal het om die aarde gedraai, Dante praat met homself in 'n nuwe taal - Italiaans - maar sy sinne verskyn aan hom as mense: Liefde, Wysheid, Dood, en praat terug in Latyn.
Hy het Beatrice net 'n paar keer in sy lewe gesien. Elke keer was hy heeltemal oorkom in haar teenwoordigheid, en kon geen sinvolle gesprek voer nie.
In magtelose frustrasie het hy gesien hoedat sy vir hom "verlore raak", trou en op vroeë ouderdom (24 j) sterf (op 'n manier waarvan hy nooit iets sê nie).
Daarna sy jare van eensaamheid en refleksie, dae van euforie aan haar gedagte, dae van afswering.
Later, in sy wandelings, sien hy herhaaldelik 'n vrou in 'n venster. Die laaste gedigte word aan haar - die "vrou in die venster" - gerig. Sy word simbolies beskou as FILOSOFIE, die muse waaraan Dante sy volgende twee dekades na Beatrice se dood gewy het - sy NUWE LEWE.
Die vrug van hierdie nuwe lewe was sy massiewe epos - The Divine Comedy - sy reis deur Hel, Vagevuur en die Hemel, om uiteindelik met Beatrice herenig te word.
Etikette
- Dostoyevsky
- Eugene Marais
- HG Wells
- Jans Rautenbach
- Karen Blixen
- Nietzsche
- Opperman
- Scorsese
- Shakespeare
- Tarkovsky
- Tolstoy
- Wagner
- afrikaans
- amerika
- antiek
- boeke
- breytenbach
- comics
- drama
- engelse
- filosofie
- flieks
- gedigte
- geskiedenis
- godsdiens
- grieke
- horror
- kuns
- musiek
- opera
- politiek
- russe
- scifi
- van Wyk Louw
Wys tans plasings met die etiket Dante. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Dante. Wys alle plasings
Dinsdag, Junie 21, 2005
Woensdag, Februarie 23, 2005
The Divine Comedy
"Nine times already since my birth the heaven of light had almost revolved to the self-same point when my mind’s glorious lady first appeared to my eyes, she who was called by many Beatrice"
Toe hy nege jaar oud was het die seuntjie Dante Alighieri 'n meisie ontmoet met die naam Beatrice Portinari. Wat tussen hulle gebeur het weet niemand - hulle het mekaar net een of twee keer gesien en toe nooit weer nie.
Beatrice was Dante se lewensobsessie - al sy gedigte was aan haar opgedra - alhoewel hy nooit die moed bymekaar kon maak om haar weer te nader nie.
Van 'n afstand het hy gekyk hoedat sy verloof word, trou met 'n ander man, en op die ouderdom van twintig sterf en begrawe is.
Die terugslag - dat Beatrice nie meer saam met hom op aarde was nie - het Dante ontroosbaar gelaat. Vyftien jaar later het hy in desperasie gaan sit en geskryf
Midway along the journey of our life
I woke to find myself in a dark wood,
For I had wandered off from the straight path
Dit was die eerste woorde van die "Divine Comedy"
Dit was Donderdag, 17 April 1300 - die dag voor Goeie Vrydag.
Dante word wakker in 'n donker woud en word weggedryf van die uitgang eers deur 'n leeu, dan deur 'n luiperd, dan deur 'n wolf. Uiteindelik ontmoet hy die ou Latynse digter Vergillius, wat beloof om vir hom die "lang pad uit" te wys.
Die lang pad uit is baie lank inderdaad: hulle sak af deur 'n tonnel in die grond en stap deur die sirkels van hel - 'n groot holte onder die aardkors wat soos 'n tregter dieper en dieper word, in kleinerwordende terasse. In elke sirkel word sondaars van 'n ander soort op grusame wyse gestraf. Reg in die middel van die aarde, in die laagste punt v hel, sit die Duiwel homself - met drie koppe - en kou die drie ergste sondaars van alle tye (raai wie?).
Daarna volg 'n tonnel oor die Duiwel se heupe verder af deur die aarde totdat dit tot aan die ander kant van die aardbol weer uitkom - op 'n eiland in die see. Op die eiland staan 'n berg - Mount Purgatory. Van alle kante bring bote die siele van die dooies na die eiland, waarna hulle die berg begin klim. Die berg is soos 'n onderstebo roomys cone met 'n pad was soos 'n kurktrekker al in die rondte opwaarts reik en verdwyn in die wolke in.
Aan die voet van die berg merk 'n engel elke mens se voorkop, en algaande hulle vorder teen die berg op word die merke deur ander engele afgevee - soos die siel vergoed vir sy sondes en skoner word.
Heel bo op Mount Purgatory is 'n tuin - die tuin v Eden - dieselfde tuin waarin Adam en Eva gewoon en deur God uitgesmyt is, met die boom van kennis van goed en kwaad.
In die tuin brand 'n vuur.
Vergillius bring vir Dante deur dit alles, en stop by die vuur.
Van hier af moet hy alleen deurstap - aan die ander kant is die hemel. As jou siel skoon genoeg is, sal jy oorleef, andersins sal jy sterf.
Dante stap deur en aan die anderkant wag sy geliefde Beatrice vir hom. Sy neem hom aan die hand en styg saam met hom op deur die atmosfeer - na die hemele.
Die hemel is die planete wat draai om die aarde - die Maan, Mars, die Son. In die verste eindes van die hemel kyk hulle terug - Beatrice vra vir Dante om die Aarde uit te wys, hy kan nie - en besef hoe nietig ons is.
Uiteindelik is hulle in die "swart" - geen lig, geen klank, geen beweging - niks. En dan vou daar iets oop uit die niks - soos 'n wit roos - en vorm 'n "reenboog van reenboë".
Beatrice stop en wys vir Dante: die laaste 100 treë na God stap elkeen alleen.
Geplaas deur
Gert Rautenbach
om
Woensdag, Februarie 23, 2005
Teken in op:
Plasings
(
Atom
)

