Wys tans plasings met die etiket Alan Moore. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Alan Moore. Wys alle plasings

Sondag, April 05, 2009

From Hell

Baie mense glo dat “King Lear” Shakespeare se grootste werk is omdat dit niks van die bo-natuurlike bevat nie. Geen spoke (Hamlet) of hekse (Macbeth) nie. Net mense.

In dieselfde gees is “From Hell”, ‘n comic deur Alan Moore, van Watchmen, V for Vendetta, Top 10 ens fame. Dis ‘n geweldige lang lees, amper 600 bladsy (en vir die wat dink comics gaan gou, make no mistake, jy lees jou gat af).

Die hele ding is ontwerp en gelewer as streng tradisionele swart potlood tekeninge.

Dit gaan oor die reeks moorde in London 1888 wat die koerante destyds aan “Jack the Ripper” toegeskryf het. En daar is geen superheroes en superpowers nie.

Daar is ook - in die woorde van die twee ou manne wat 40 jaar later na die “Ripper” se graf stap - “geen hurry” nie.

Alles verloop baie stadig, terwyl Moore die storie ontwikkel a la Stanley Kubrick.

Die werklike Ripper het tussen 5 – 10 vrouens (afhangende van wie vertel) se kele gesny, geslag en verskeie binne-organe verwyder – en is nooit gevang nie.

Moore se Ripper word van die begin af gewys, as kind, as student, as moordenaar, word gevang, erken alles en word vrygelaat sonder enige straf. Hoe so?

Hy was Sir William Gull, haar majesteit Queen Victoria se persoonlike dokter – en het dit alles gedoen om die koningin van ‘n skandaal te beskerm: ‘n royal baba is in die slums gebore (haar halfwit kleinseun was die pa) en vier prostitute het probeer om die paleis af te pers.

Dit was alles ‘n sameswering.

Maar waarom die besondere brutaliteit.

Gull het ‘n rympie gesing

“If I were a tailor I’d make it my pride the best of all tailors to be
And if I were a tinker, no tinker beside would mend an old kettle like me”

Moore wy een hele hoofstuk – Hoofstuk 10, The Best of all tailors – om die vyfde moord-ritueel in afgryslike detail te wys – 34 bladsye lank. Skielik verstaan die leser waarom die hele boek is growwe swart sketse gedoen is.

Queen Victoria kan tog nie hiervoor account nie.



Moore skep daarom ‘n verdere lang relaas oor Gull se hangups oor vroue, ens ens, maar dit is oud en moeg en unconvincing.

Die interresantste deel van hierdie boek is ‘n tema wat begin met ‘n vraag

“What is the 4th dimension?”

Sonder om enige aandag daarna te trek, teken die kunstenaars enkele rame (net voor, tydens en na die moorde) in ‘n eietydse konteks – ‘n hotelkamer met ‘n TV-stel, ‘n kantoor met rekenaars en laptops, ‘n skyscraper in 1888? onverklaarbaar vir die tyd en onversoenbaar met die styl van al die ander tekenings.

Uiteindelik word dit duidelik wat Moore probeer se – Jack the Ripper was nie net ‘n mens nie – dis ‘n strain in ons genes, ‘n al-om teenwoordige monster in alle tye en alle plekke en alle mense – die monster wat “geboorte gegee het aan die 20ste eeu” – ‘n dimensie van ons wese.

Geen superheroes, geen superpowers, maar ‘n visie van die mensdom.

Maandag, November 07, 2005

V for Vendetta



Remember, remember, the 5th of November,
The Gunpowder treason and plot,
I know of no reason
Why the Gunpowder treason
Should ever be forgot

Dis 400 jaar gelede, hierdie naweek, sedert Engeland se “Gunpowder Plot”. ‘n Groep Katolieke het die Britse parlement, met koning James I en al, so amper-amper opgeblaas met 2.5 ton buskruit in ‘n kelder direk onder die House of Lords.

Daarmee saam sou ‘n klein hoeveelheid Katolieke MPs gesterf het; een van die samesweerders het besluit om hulle te waarsku; die polisie is in kennis gestel en ‘n eerstydste soldaat en plofkundige (Guy Fawkes) is in die kelder betrap; vir drie dae lank gemartel; sy makkers verraai en vroeg in 1606 is hulle almal gehang, geslag en hul liggaamsdele vir die publiek uitgestal.

Verskeie herskeppings en eksperimente het intussen bewys dat Fawkes se voorbereiding van die kelder beslis sou gewerk het – almal in die Parlement, insluitende die koning, sou gesterf het.

In 1981-88 het Alan Moore en David Lloyd Guy Fawkes laat herleef in die comic boek “V for Vendetta”. Dit speel af in ‘n Fascistiese Engeland van die toekoms (1997!), oppad na die 400ste herdenking van die Gunpowder Plot.

Die land word beheer deur die “Leader” en sy rekenaar “Fate”, almal groet mekaar met die woorde “England Prevails”, CCVT en die nasionale PA stelsel is in elke huis en straat van die land, “minderhede” – swartmense, Moslems, homos etc - is reeds deur konsentrasiekampe van kant gemaak, die staat se organe word lettelik genoem – The Ear, The Eye, The Mouth, ens.

En dan verskyn ‘n anargistiese terroris wat homself “V” noem, in die kostuum, cone-hoed en masker van Guy Fawkes, en begin ‘n eenman oorlog, met plofstof teen die staat.

Moeilik om nie te cheer vir V nie, ten spyte van sy ‘n snide, egoistiese, alwetende, aanslag, op die oog af net so wreed soos sy vyande. Hy red ‘n meisie – Evey – van die polisie, die “Fingers” en diep in sy wegkruipplek gee hy haar ‘n Phantom-of-the-Opera-agtige heropvoeding.

Evey het haar pa tien jaar tevore aan die konsentrasiekampe verloor, ons word bewus daarvan dat “V” ‘n mediese eksperiment in sel 5 van ‘n konsentrasiekamp was, dat hy ontsnap het – deurgaans terg-en-teister hy haar met die moontlikheid, dat hy, agter die masker, haar verlore vader is.

Die drie dele van die storie “Europe after the War”, “The Vicious Cabaret” en “The Land of Do-As-You-Please” word deurspek met die beeld van V se handskoen wat dominoes pak, oppad na die sy groot klimaks, die voltooiing van Guy Fawkes se werk, die vernietiging van die regering.

Daar is ‘n pragtige oomblik wanneer V die regering se CCTV stelsel opblaas, en daarmee saam oor die PA vir die volk “drie dae van vryheid en privaatheid” aankondig, drie dae waarin julle enige klein onbenullige dingetjie kan doen sonder dat iemand sal kyk