Ek het verlede jaar Danie Marais die gedig As jy wil hoor lees op een of ander kunstefees. Hy het ook 'n paar ander gelees, maar dit was die een wat my verbeelding aangegryp het.
Dit kom uit 'n bundel Solank verlange die sweep swaai - en dieselfde woorde is in die gedig.
Ek was beindruk deur die natuurlike vloei van die gedagtes daaruit - halwe liefde - liefde nadat jy geloof in liefde verloor het.
Solank verlange die sweep swaai.
Dis 'n mooi titel - en ek het vanaand die res daarvan gelees.
Dis 'n mooi titel - en ek het vanaand die res daarvan gelees.
Die gewone probleem met digkuns is dat dit te dig en soet is - soos fudge. Een klein byt en dis te veel. Jy moet stop en wag dat die oorvloed smaak smelt in jou mond, voor jy weer aangaan.
Wat sou gebeur as jy daardie digtheid verdun en dit meer luisterbaar word - soveel so dat jy 'n hele sluk van die bier kan neem - een hele lang gedig deurluister in een slag sonder om te stop (wat was daai? ).
Danie Marais skryf so, maar dis nie net die woordkuns wat verdun is nie. Dis ook die inhoud wat verdun - die oortuiging, emosie en drang.
Daar is 'n gedig met die naam Wat swak gedigte weet, waarin hy sê
dis die onmiskenbare waarheid in swak poësie
wat my moedeloos maak
Die goeie gedig is 'n frats, 'n leuen
want die wêreld is van kak styl en hol retoriek gemaak
Ek verstaan wat hy probeer sê, maar dis dadelik duidelik dat Marais nie die innerlike geloof, die selfvertroue het om so 'n frats, 'n leuen te skep nie.
Hy is uiteraard, soos ek, 'n groot Bruce Springsteen fan en haal hom in verskeie plekke aan. Ek het gedink aan Springsteen wat vertel het hoedat hy sy poësie ontdek het na die album Darkness on the edge of town. Hy het besef dat hy sou sing oor gewone mense wat probeer om gewone lewens te lei en hulle rekenings te betaal.
Dis die lewe van klein oorwinnings en groot teleurstellings wat Marais beskryf, maar hy vind nie inspirasie of vrede daarin nie. Die digter is te selfbewus oor sy hopeloos bevoorregde godverlate lewe.
Gelukkig is daar pragtige frases wat my laat lag. Hy wonder of sy lesers nie
liewer ’n bom of ’n boom behoort te plant
as om jou ore uit te leen aan die lustelose voorspel tot die midlife crisis
Nice.
ek is
snaaks genoeg
op allerhande maniere
tevrede,
voel ek,
soos oupa-dominee Dirk graag gesê
het,
uitgespaar
Wanneer ek luister na 'n liedjie of aan die einde van 'n fliek of TV program kom, vra ek altyd in stilte vir myself: was daar hartseer of inspirasie in, en hoe is dit geskep?
Die enigste gedig wat my so getref het was Las Vegas Chapel of Love, waarin hy die video van sy Oom en Tannie se Las Vegas trou-herdenking beskryf
Die enigste gedig wat my so getref het was Las Vegas Chapel of Love, waarin hy die video van sy Oom en Tannie se Las Vegas trou-herdenking beskryf
"We are from a little village called De Doorns"
sê my tannie in die kamera
en stuur groete vir hul drie kinders
...
My oom Nico kyk na die kamera en sê:
"This is for all the Elvis fans in South Africa"
...
Ses maande later sal hulle jongste seun, Adriaan,
dood aan 'n oordosis in sy woonstel lê,
Ek kan nie dink dat Marais se lewe sonder hartseer of inspirasie is nie - hy praat deurentyd van 'n egskeiding, maar weier om te bejammer of spyt of woede daaroor te wys.
Elkgeval, hier is die gedig wat my eerste gegryp het.
As jy wil
Solank verlange die sweep swaai
sal begeerte blind dikteer
sal liefde die laksman speel
maar vir jou, Kuiltjies,
het ek net so per ongeluk in die middel
eintlik van ’n ander
koue blou oorlog liefgekry.
Ek het te lank gelowig die oseaan geploeg
te lank brood gesaai
koppig piesangs probeer plant in die Groot-Karoo.
By jou soek ek nie meer Paaseiers
of groot skelm woorde soos “redding” of “vervulling” nie.
Jou laatnag-pepermenttee is genoeg, dankie.
Jou glimlag vergewe voldoende.
Daar’s ’n gul gaping tussen jou voortande wat ek wil vat.
Jou soene proe na die helder bergwater
van die Hexvallei na kleintyd op my oom Nico se plaas.
Jy praat so reguit
soos die N1 tussen Laingsburg en Beaufort.
Jy vry so ondubbelsinnig soos honger, warm en dors.
By jou verlang ek nie – nie na New York in die 70’ s
of ’n ander elders nie.
Jou sagbruin oë het my ondeund oortuig:
Daar is niks wat ons nog móét koop, vermag of bely nie.
As jy wil
kan ons sommer net
onbenullige klein grootmense bly
en braai
op jou sagte ou Namib-beige bank op die stoep sit en wyn drink
tot die dood ons skei
'n kind roep of die telefoon lui
Hi Gert,
AntwoordVee uitUiteindelik kry ek jou jou blog!
Ek is bly ek vind jou post oor hierdie digbundel van Marais. Ek het dit net die ander dag ook gelees en was so verbyster oor hierdie wonderlike skryftalent.
Ek sien jy het op my blog al kommentaar gelaat. Ek weet nie of jy in kennis gestel word as daar reaksies is op jou kommmentaar nie. Nou kry ek jou op JOU blog om vir jou direk dankie te se vir die twee kere wat jou op my blog gereageer het.
Stuur my jou eposadres asseblief.. wil nie nou nie op jou blog-post verder "clutter" nie. Ons kan dan verder kommunikeer (my adres laraafrika@gmail.com)
groete,
Lara