20 jaar gelede het
daar 'n fliek verskyn met die naam "Leap of Faith".
Steve Martin het die
rol gespeel van 'n con-artist evangelis (Jonas Nightingale) wat met sy
sirkus-agtige troupe uit nêrens verskyn en in die loop van 'n paar aande 'n klein,
bankrot dorpie in Amerika nog meer bankrok maak deur voor te gee dat hy deur
die Here spreek en geloofsgenesing doen.
Soos feitlik alle
flieks wat sinies spottend oor Godsdiens is, was dit ‘n mislukking by die loket
en het vinnig verdwyn.
En tog, deur die jare
het Steve Martin se vertolking my bygebly as waarskynlik een van die 4 of 5
grootstes wat ek ooit in ‘n fliek gesien het.
Dit het ‘n verbasende,
anti-klimaktiese einde gehad en ek onthou hoedat ek uit die teater geloop en
gedink het – hierdie is ‘n fliek waarvoor ‘n sequel gemaak moet word. What’s past is prologue, het Shakespeare
gesê – en ek wou die verdere verloop van hierdie man meeleef.
Daar was nooit ‘n
sequel nie, maar in 2006 het Alan Menkin, komponis van “Beauty and the Beast”, “Little
Shop of Horrors” etc aangekondig dat hy 'n musical daarvan gemaak het. Vir die
laaste vier jaar sukkel hulle om hierdie show op die planke te kry – verlede jaar
het dit uiteindelik geopen op Broadway, tot lou-warm, gemengde sukses. En tog
byt die skeppers vas aan hulle materiaal.
Die misterie van geloof.
In die fliek speel
Steve Martin ‘n brutale man wat nie vir ‘n oomblik glo wat hy sê nie, maar met alle geloof in sy
vermoë om ander daarin te laat glo.
Wanneer hy deur die armsalige
dorpie in sy bakkie ry roep hy uit
A town this deep in the crapper has nowhere to turn but GOD!
Elke gesprek wat hy voer
is vir ‘n gehoor – of daar een is of nie. Wanneer iemand hom ‘n fake noem stem
hy dadelik saam – en gaan dood eenvoudig voort.
Om sy show te laat
werk is dit nodig dat werklik liggaamlik gebrekkige mense nie toegang tot die
verhoog moet kry nie. ‘n Deel van die storie gaan oor die proses van
manipulasie waarmee net die regte mense deurgelaat word en die predikant voor
die tyd weet (met binne-oor gehoorstukke) wat brand in elke boesem, sodat hy net die regte ding vir elke
mens kan sê.
Maar dan – in die
dorpie woon Lolita Davidovich en haar seun – Boyd - ‘n kreupel wat deur ‘n dronk trokbestuurder raakgery is.
Jonas wil dadelik seker maak dat die seun geen verwagtings het nie. In een van die kragtigste
tonele luister hy hoedat Boyd getuig dat hy weer sal stap “as dit God se wil is”. Jonas antwoord
Listen kid – every one is a loser some time, the point is not to
act like one.
En dan, op die laaste
aand, ten spyte van al die obstruksies kry die einste Boyd dit reg om ‘n pad te
maak tot op Jonas se verhoog.
Daar gebeur ‘n
wonderwerk – die seun word voor almal se oë genees, en loop.
En wat doen hierdie wonderwerk aan die predikant - dis soos 'n dolk deur sy hart. Hy voel soos 'n dief wat betrap is.
Die oorstelpte, geneesde kind wil dadelik die kerk groep join, en vir hom getuig.
Jonas self was ‘n orphan wat as
4 jarige deur sy ma op ‘n straathoek gelos is. Hy belowe (soos sy ma) om Boyd die volgende
oggend voor die kafeteria te ontmoet, maar verdwyn dieselfde nag nog, soos ‘n rot in die nag.
Hy gaan staan langs die pad en kry ‘n lift saam met ‘n trucker - en los alles agter: sy kerk, sy mense, sy wonderwerk, sy geld.
Hy gaan staan langs die pad en kry ‘n lift saam met ‘n trucker - en los alles agter: sy kerk, sy mense, sy wonderwerk, sy geld.
En wanneer hy uit
die dorpie ry, sien hy hoedat die gebede van die mense waar word – dit begin reën.
Daar is een sekwens
waar Jonas se handlanger ‘n gewone “out-of-town” ouma voorkeer wanneer sy in die tent instap en vir haar ‘n plek
in die eerste ry gee – in ‘n rolstoel.
Later, in die hitte
van die oomblik, stoot hulle haar op die verhoog en Jonas vra vir
haar om op te staan. Sy staan op en die gehoor snak na hulle asem – ‘n
wonderwerk!
Dis ‘n wonderwerk
inderdaad – om te kan stap. Om te kan asemhaal. Om te kan sien. Om liefde te
hê.
Dis ‘n wonderwerk vandag - of jy dit gister kon doen, of nie.
Al wat nodig is is om ons daaraan te herinner.
Geen opmerkings nie :
Plaas 'n opmerking