Wednesday, May 15, 2013

Albums met cool titels

Ek het 'n sagte plek vir musiek albums met cool titels. Ek kan aangaan vir ewig, maar hier is 'n paar gunstelinge.


Catch Bull at 4
Cat Stevens



Stop Making Sense
Talking Heads




One Day It Will Please Us 
To Remember Even This
New York Dolls




No Guru, No Method, No Teacher
Van Morrison




Old Crow Medicine Show
Old Crow Medicine Show



Sophisticated Beggar
Roy Harper



Excitable boy
Warron Zevon


Alas, I Cannot Swim
Laura Marling



All this useless beauty
Elvis Costello


At war with the mystics
The Flaming lips


Use Your Illusion
Guns & Roses


Mule Variations
Tom Waits


Cold Fact
Rodriguez



Blah Blah Blah
Iggi Pop



Devils and Dust
Bruce Springsteen


The Downward Spiral
Nine Inch Nails


Faster Than the Speed of Night
Bonnie Tyler


Glitter and Doom
Tom Waits



Goats Head Soup
The Rolling Stones



Led Zeppelin
Led Zeppelin



Never Mind the Bollocks
Sex Pistols



Open Up and Say Ahh!
Poison



E=mc2
Mariah Carey


God Hates Us All
Slayer



A Rush of Blood to the Head
ColdPlay

Shut Up 'n' Play Yer Guitar
Frank Zappa



Sigh no more
Mumford & Sons


Tales of a Librarian
Tori Amos



The Times They Are A-Changin'
Bob Dylan


Saturday, May 11, 2013

Die Pluimsaad Waai Ver

Wat is 'n Volk?

NP van wyk Louw - met al sy foute, onsekerhede, pretensies en wroegings - kon skryf in Afrikaans soos niemend anders nie.

Hy het 'n magiese gevoel vir die musiek van sinne gehad. Soos Shakespeare in Afrikaans, kon hy woorde aanmekaarsit in 'n manier wat onmiddelike gewig en visie daaraan gegee het.

Die Pluimsaad Waai Ver

Vier pragtige woorde met suggestie en misterie - wat beteken dit? 

Die volgende twee woorde is 'n alternatiewe titel vir hierdie Boere oorlog drama.

Bitter Begin

How great is that!

Pluimsaad gaan oor die Vrystaatse Boere President MT Steyn. Die ou man wat dit reggekry het om, saam met Generaal Christiaan de Wet, die grootste mensejagting in die geskiedenis te oorleef.

Brittanje het 200,000 Empire troepe op jag gehad vir Steyn en de Wet en geglo (teregterlik) dat die oorlog dadelik beeindig kan word deur Steyn te vang. President Kruger was reeds 'n banneling in Europa.

Des nieteenstaande is Steyn en de Wet nooit gevang nie: hulle was bittereinders. Hulle is uiteindelik deur hul eie volksgenote oortuig om gewilliglik oor te gee.

Pluimsaad gaan oor hierdie binnestryd tussen aanhou en ophou.

Dit begin met 'n Ou Vrou wat praat met die gehoor

Wat is 'n volk?
Uit stof en stof-in-tyd is ons gemaak:
Boere en knegte, trein masjiniste,
passers, labratorium-assistente,
motoriste, meisies in swemklere,
bestuurders, direkteure en rekenmeesters
meisies op voorblaaie en agter
op motorfietse; anoniem: 'n massa,
maar elkeen met sy naam en eie aard,
elkeen met sy kiesheid, wat 'n kuisheid kan word.

Die laaste toneel is Steyn wat terugdink aan wat hy gedoen en begin het

Voor Magersfontein het twee jong burgers na my toe gekom en gevra: "President, ons is bly ons gaan veg. Maar as ons doogeskiet word, hoe weet ons julle gaan nie bo-oor ons grafte oorgee nie - en ons Vrystaat sy vryheid verloor?"

En ek het belowe: Hierdie hand van my sal nooit 'n vrede onderteken wat die onafhanklikheid van die Vrystaat weggee nie.

En hulle het gesê: "Dankie President."

(pouse)

Hulle het albei kort daarna gesneuwel.

Ek is met 'n duur eed gebind. Ek is gebind aan al ons dooies onder die aarde.

'n Duur eed. Die pluimsaad waai ver: die gevolge van ons dade kring wyd uit en word gevoel vir jare en jare en jare.

Dis 'n oomblik van rekening wat wag vir almal wat oorlog begin, en dit oorleef.

Mary Chestnut, aan die verloor kant van die Amerikaanse Burgeroorlog, het geskryf

Woe to those that began this war, if they were not in bitter earnest.

Friday, April 26, 2013

Die Nibelungen


Margarete Schön as Kriemhild
Op 22 Mei is dit die tweehonderdste verjaarsdag van die komponis Richard Wagner. Daar sal waarskynlik allerhande huldeblyke en klaagliedere oor hierdie monster-genie - vernietiger en herskepper van die kunste - wees.

Dat een mens die kunsvorm van sy dag (Italiaanse opera) so fataal kon knak; digkuns, musiek, gemeenskap, geskiedenis en mite alles verenig, 'n nuwe taal vir kuns vestig; 'n koning as sy persoonlike slaaf hou wat 'n dorp in sy eer laat bou waarheen die royalty van Europa moes reis om hulde te bring - dit alles was ongekend.

Wagner het geen moraliteit bepleit nie, geen jammerkry - alles was drang en vervulling.

For mine own good all causes shall give way, sê Macbeth.
Nog nooit tevore of daarna het 'n kunstenaar soveel mag en invloed gedra nie. 

Was dit 'n goeie of slegte ding?

Die ironie was dat, ten spyte van die Mahlers en die Richard Strausse wat gevolg het, daar nooit 'n tweede Wagner in opera was nie.

Wagner was 'n idee te groot vir opera - dit was 'n visie: dat kuns nog beter kan wees, nog meer kan vermag as tevore. Dat die verlede klein is in vergelyking met die toekoms en die grense nog verder verskuif kan word.

Die idee van Wagner het begin in “musiekdrama”, maar oorgespoel deur kuns en filosofie, veral na die nuwe film-medium - waar 'n hele nuwe dimensie bygekom het.

Wagner het vir 20 jaar gewerk aan ‘n toonsetting van Die Nibelungenlied, ‘n 13de eeuse epiese gedig. Ek het al tevore geskryf oor sy eindproduk - Der Ring Des Nibelungen.


Maar hierdie blog inskrywing gaan nie oor Wagner nie.

Wat min mense weet is dat man & vrou filmspan Fritz Lang en Thea von Harbou dieselfde materiaal in een van die grootste flieks ooit gemaak het.

In die pynlike jare direk na die Eerste Wereldoorlog het Lang en Harbou iets gesoek wat die verpletterde Duitsers ‘n gevoel van oorsprong kon gee.

Hul massiewe 5 uur silent movie het in die 1920s in twee dele verskyn. Die eerste deel – Siegfried – hanteer min of meer dieselfde storie as Wagner se Siegfried en Götterdämmerung. Dit het ‘n ongekende, visueel epiese skaal van begin tot einde.

Die onverskrokke Siegfried reis na die land van die Nibelungen vir Kriemhilde, maar voor hy haar kan kry moet hy haar broer - Koning Gunther - help om die meisie van sy drome te wen: Brunnhilde. Hulle kry dit wettiglik reg deur Hercules-tipe uitdagings te slaag, maar Brunnhilde weier in elkgeval om Gunther in haar bed toe te laat.

In desperasie vir Kriemhilde word Siegfried ‘n gat in die kop gepraat om “die saak nie half-klaar te los nie” – ‘n eufimisme om Brunnhilde namens die hulpelose Gunther te verkrag.

Dis ‘n fatale fout wat vinnig buite beheer raak – almal draai teen Siegfried wanner Brunnhilde op ‘n hongerstaking gaan totdat iemand haar eer wreek en Siegfried vir haar vermoor.

Maar bloed sal bloed – die tweede deel is Kriemhilde se Wraak.

In hierdie deel kom Siegfried se weduwee, Kriemhilde (Wagner noem haar Guthrune) uit die skaduwee – trou met Attila die Hun (as ‘n taktiese skuif) en beplan van daar wraak op die hele Nibelungen ras – insluitende haar broer, Koning Gunther.

Siegfried is vermoor in lente tussen die blomme. In die winter gaan Kriemhilde terug na presies dieselfde plek en grawe deur die sneeu na die grond onder. Sy sweer om hierdie grond – met Siegfried se bloed – in ‘n lap te bewaar totdat sy dit kan dek in die bloed van haar vyande.

And she’s not kidding.Die hele laaste uur van hierdie saga is ‘n siege waar die Nibelungen hulleself met groot dapperheid teen vlaag na vlaag aanvalle van die Huns verdedig. Met haar broers vasgekeer in Attila se paleis brand sy uiteindelik die hele plek af. 

Wanneer ‘n bystaander na haar stap en pleit

“Is jy nie ‘n mens nie, Kriemhilde?”

Antwoord sy: 

“Nee, ek het gesterf toe Siegfried gesterf het.”.
Die doodstransformasie van Siegfried en die vorming van Kriemhilde se woede en wraak. Dit vorm die oorgang van deel 1 na deel 2

Monday, April 22, 2013

'night Mother


Jjjjjo! Hierdie fliek het my hart gebreek.

Dit is 'n eenvoudige twee-mens teater-stuk uit die 80s - 'n ma en dogter wat woon in dieselfde huis.

Een aand, sommer in die verbygaan, beken die dogter Jessie dat sy besluit het om haar lewe te beeindig - dieselfde aand nog.

Die horror daarvan is in die stadige insinking dat wat soos 'n grap klink werklik gaan gebeur.

Dit is soos die twee houtkappers uit Sometimes a Great Notion wat vasval onder 'n boomtak in 'n rivier en (net vir die grap) wonder hoe hoog die watervlak gaan styg voordat iemand kom help - en dan later besef dat daar niemand is nie: hulle gaan verdrink.

Die ma, Thelma, probeer alles onder die son om haar dogter van haarself te red - maar hoe?

Die ou vrou bel haar seun om te kom help, maar Jesse dreig om onmiddelik selfmoord te pleeg.

He is not invited, sê sy.

Just me, sê haar ma bitter.

Yes, this is private.

Maar as dit privaat is, waarom dit dan so voor die tyd aankondig? Waarom haar ma hierdeur sit?

Haar antwoord is: sou jy verkies het dat ek nooit iets gesê het nie?

Jesse het 'n lang lys instruksies waarna haar stomgeslaande ma moet luister: Nadat sy dood is, wie om te bel, wat om te sê, wie haar kamer moet oorneem. Dis soos om te kyk na 'n trein crash in slo-mo, met niks wat jy daaraan kan doen nie.

Hoe bereik een mens 'n ander? Met watter woorde?

Of is dit alles net 'n speel vir aandag?

Die fliek weergawe het twee heeltemal teenoorgestelde mense - die warm, versmorende Anne Bancroft en die koue, onderdrukte Sissy Spacek.

Jesse, you're my child! sê die verslae ma.

No, mama - I'm what became of your child.

Dis maar waar van ons almal.

Not for the faint-hearted.

Monday, April 15, 2013

Leap of Faith


20 jaar gelede het daar 'n fliek verskyn met die naam "Leap of Faith".

Steve Martin het die rol gespeel van 'n con-artist evangelis (Jonas Nightingale) wat met sy sirkus-agtige troupe uit nêrens verskyn en in die loop van 'n paar aande 'n klein, bankrot dorpie in Amerika nog meer bankrok maak deur voor te gee dat hy deur die Here spreek en geloofsgenesing doen.

Soos feitlik alle flieks wat sinies spottend oor Godsdiens is, was dit ‘n mislukking by die loket en het vinnig verdwyn.

En tog, deur die jare het Steve Martin se vertolking my bygebly as waarskynlik een van die 4 of 5 grootstes wat ek ooit in ‘n fliek gesien het.

Dit het ‘n verbasende, anti-klimaktiese einde gehad en ek onthou hoedat ek uit die teater geloop en gedink het – hierdie is ‘n fliek waarvoor ‘n sequel gemaak moet word. What’s past is prologue, het Shakespeare gesê – en ek wou die verdere verloop van hierdie man meeleef.

Daar was nooit ‘n sequel nie, maar in 2006 het Alan Menkin, komponis van “Beauty and the Beast”, “Little Shop of Horrors” etc aangekondig dat hy 'n musical daarvan gemaak het. Vir die laaste vier jaar sukkel hulle om hierdie show op die planke te kry – verlede jaar het dit uiteindelik geopen op Broadway, tot lou-warm, gemengde sukses. En tog byt die skeppers vas aan hulle materiaal.

Die misterie van geloof.

In die fliek speel Steve Martin ‘n brutale man wat nie vir ‘n oomblik  glo wat hy sê nie, maar met alle geloof in sy vermoë om ander daarin te laat glo.

Wanneer hy deur die armsalige dorpie in sy bakkie ry roep hy uit

A town this deep in the crapper has nowhere to turn but GOD!

Elke gesprek wat hy voer is vir ‘n gehoor – of daar een is of nie. Wanneer iemand hom ‘n fake noem stem hy dadelik saam – en gaan dood eenvoudig voort.

Om sy show te laat werk is dit nodig dat werklik liggaamlik gebrekkige mense nie toegang tot die verhoog moet kry nie. ‘n Deel van die storie gaan oor die proses van manipulasie waarmee net die regte mense deurgelaat word en die predikant voor die tyd weet (met binne-oor gehoorstukke) wat brand in elke boesem, sodat hy net die regte ding vir elke mens kan sê.

Maar dan – in die dorpie woon Lolita Davidovich en haar seun – Boyd - ‘n kreupel wat deur ‘n dronk trokbestuurder raakgery is.

Jonas wil dadelik reker maak dat die seun geen verwagtings het nie. In een van die kragtigste tonele luister hy hoedat Boyd getuig dat hy weer sal stap “as dit God se wil is”. Jonas antwoord

Listen kid – every one is a loser some time, the point is not to act like one.

En dan, op die laaste aand, ten spyte van al die obstruksies kry die einste Boyd dit reg om ‘n pad te maak tot op Jonas se verhoog.

Daar gebeur ‘n wonderwerk – die seun word voor almal se oë genees, en loop.

En wat doen hierdie wonderwerk aan die predikant - dis soos 'n dolk deur sy hart. Hy voel soos 'n dief wat betrap is.

Die oorstelpte, geneesde kind wil dadelik die kerk groep join, en vir hom getuig. 

Jonas self was ‘n orphan wat as 4 jarige deur sy ma op ‘n straathoek gelos is. Hy belowe (soos sy ma) om Boyd die volgende oggend voor die kafeteria te ontmoet, maar verdwyn dieselfde nag nog, soos ‘n rot in die nag. 

Hy gaan staan langs die pad en kry ‘n lift saam met ‘n trucker - en los alles agter: sy kerk, sy mense, sy wonderwerk, sy geld.

En wanneer hy uit die dorpie ry, sien hy hoedat die gebede van die mense waar word – dit begin reën.

Daar is een sekwens waar Jonas se handlanger ‘n gewone “out-of-town” ouma voorkeer wanneer sy in die tent instap en vir haar ‘n plek in die eerste ry gee – in ‘n rolstoel.

Later, in die hitte van die oomblik, stoot hulle haar op die verhoog en Jonas vra vir haar om op te staan. Sy staan op en die gehoor snak na hulle asem – ‘n wonderwerk!

Dis ‘n wonderwerk inderdaad – om te kan stap. Om te kan asemhaal. Om te kan sien. Om liefde te hê.

Dis ‘n wonderwerk vandag - of jy dit gister kon doen, of nie.

Al wat nodig is is om ons daaraan te herinner.

Friday, April 12, 2013

Friedrich Nietzsche, 1844-1900

Die ou Duitse filosoof Immanual Kant het ‘n ding geformuleer wat hy die “kategoriese imperatief” genoem het. Hoge woorde, maar dit was gewoon net ‘n toets wat almal kon gebruik om te besluit of wat-jy-op-daardie-oomblik-doen reg of verkeerd is. Die toets is: As almal op aarde toegelaat word om dieselfde ding te doen, of op dieselfde manier te handel, sou die resultaat wenslik wees? Kant het geglo dat alle moraliteit uit die kategoriese imperatief afgelei kon word, en meeste mense stem instinktief saam.

Nietzsche se kop het heeltemal anders gewerk. Behalwe dat ons almal soos mekaar lyk, is die mensdom nie ‘n eenheid in enige opsig nie, het hy gesê – ons deel geen gemeenskaplike doel nie, ons het geen gemeenskaplike ma en pa nie, waarom sou ons almal op dieselfde manier geoordeel word?

As Kant se reel gevolg sou word sou ons elke keer geëindig het met wat hy noem “slawemoraliteit” - altruisme. Voor jy aan jouself dink, dink aan ander mense, dink aan die gemeenskap, dink aan die aardbol.

Dis oraait vir meeste mense meeste van die tyd, maar hy wou vir ‘n deel van die mensdom die teenoorgestelde voorstel: “meestermoraliteit” – ‘n lewe met wilskrag en kreatiwiteit as die hoogste waardes. Vir Nietzsche gaan die lewe oor skepping. En skepping kom net uit jouself en uit wilskrag. Dit is onmoontlik vir die altruis om te skep vir ander – “jy kan net swanger wees met jou EIE baba”. Slawemoraliteit het vir Nietzsche die einde van hoop beteken: die einde van kuns en wetenskap, geen verdere ontdekking, maak vrede met die hede en sterf.

Voor jy aan ander mense dink, DINK EERS AAN JOUSELF. Word ‘n mens: hy wat nie glo in homself, lieg! Liefde en opoffering kom uit die “oorstroming” van jouself.

Nietzsche het geglo dat die era van GOD uiteindelik verby was en het op elke moontlike manier vir mense probeer sê: GOD IS DOOD, HOERA!, julle is vry, alles op aarde is moontlik!

Maar eers moes die mens van tweeduisend jaar se slawemoraliteit ontslae raak.

Die lewe is ‘n wilskrag vir ‘n lewensdoel BINNE JOUSELF. Godsdiens was ‘n paradigma waar JY geen wil het nie – “laat U WIL geskiet”. Geloof, sê Nietzsche, is die eeueoue substitiet vir wilskrag.

In sy latere werk gebruik Nietzsche die woord “dekadent” vir alles wat volgens hom “willoos” is. Christendom is die ergste vorm van dekadensie; hy het ‘n lewenslange tirade daarteen gevoer, eindigende in sy briljante boek “Die Anti-Chris”. Nietzsche skryf dat daar in die hele geskiedenis net een Christen was - en hy het gesterf aan die kruis. Sy opvolgers en die kerk het sy lewe onmiddelik ongedaan gemaak.

1) Christus het gekom om ons van sonde te verlos – maar moenie dink die Kerk het hom daarmee laat wegkom nie, inteendeel – ewe skielik is daar ‘n duiwel en ‘n hel as jy nie maak presies soos hulle sê nie!

2) Christus se hoop was, soos ‘n tweede Buddha, om die pad na innerlike vrede vir mense te wys: altruisme, non-resistance of evil, etc. Paules (die objek v Nietzsche se haat) vernietig dit alles met ‘n snertstorie van Jesus se “opstanding” en “wederkoms”, net sodat hy HOMSELF en sy kerk in die posisie van regters en mag kan skuif.

Nietzsche vergelyk die twee “dekadente” gelowe: Christendom en Boedhisme en sê uiteindelik: Boedhisme belowe niks (geen hemel, geen God wat jou bystaan) maar deliver als; Christendom belowe als en deliver niks.

In die “Genealogy of Morals” skryf hy oor die moontlike oorsprong van moraliteit en spekuleer dat daar iets kon gebeur het soos volg.

Uitruiling van goedere lei tot -> debiteure en krediteure, lei tot -> verpligtings aan jou medemens, lei tot -> verpligtings van kinders aan ouers, lei tot -> verpligtings van hierdie geslag aan die vorige geslag, lei tot -> verpligtings aan die verlede wat uiteindelik ‘n onaanraakbare “God” word.

Die pad vorentoe?

Nietzsche praat van ‘n groot oomblik wat kom, ‘n “tipping point” – ‘n oomblik van vorentoe kyk en terugkyk waar die mensdom sal besef dat God vir altyd verby is en net die “Supermens” voorlê – die mens wat volle verantwoordelikheid vir sy lewe neem.

In “Also Spracht Zarathustra” beskryf Zarathustra dit as drie fases van groei van mens na Supermens – die kameel, die leeu, die kind.

Die moraliteit van die kameel is die moraliteit van “swaardrae”. Van sin vind in suffering, die uitvoering en balansering van duisende jare se oorge-erfde verpligtings en kondisionering.

Die transformasie na die leeu gebeur wanneer die kameel uiteindelik besef dat DIT NIE SO HOEF TE WEES NIE en iets daaraan doen. Die leeu is die fase waarin laste, die moraliteit en die verlede verskeur en verwilder word.

En dan, siel-alleen, word ons herbore as kinders, met onskuld, waar ons die aarde om ons, die paaie en die moontlikhede vir die eerste keer sien.

Die leeu is die "heilige NEE!" en die kind is die "heilige JA!".

As ek alles in ‘n neutedop moes sit, is dit die hierdie quote uit die “Gay Science”.

What makes one heroic?
-Going out to meet at the same time one's highest suffering and one's highest hope.

In what do you believe?
-In this, that the weights of all things must be determined anew.

What does your conscience say?
-"You shall become the person you are."

Where are your greatest dangers?
-In pity.

What do you love in others?
-My hopes.

Whom do you call bad?
-Those who always want to put to shame.

What do you consider most humane?
-To spare someone shame.

What is the seal of liberation?
-No longer being ashamed in front of oneself.


[Mei 8, 2005]

Wednesday, April 03, 2013

Haar naam is Xazama

Dit het my opgeval tydens hierdie jaar se KKNK hoe musiek produksies verander het. Een na die ander Afrikaanse kunstenaar sing met backing tracks, maar ook met keyboards en kitaar op die verhoog.

Hoekom nie al die instrumente nie? Ek neem aan dis te duur.

Maar hoekom dan nie net sanger alleen, kareoke styl nie? Ek neem aan dis te obviously fake.

Wil gehore regtig hierdie tussenwereld hê - half lewendig, half opname? Blykbaar wel.

Ek het die ander aand 'n show gaan kyk met die naam "Haar naam is Xazama".

Die hele ding het my getref soos 'n koue emmer water - want hier was 'n herinnering van waar alles vandaan kom.

'n Groep van sewe amateurs, met geen geld, geen promosie, geen stelle, geen beligting, geen opleiding, geen krag, geen amplifiers, geen celebrities.

Niks: net twee akoestiese kitare (weggesteek agter 'n gordyn) en hul entoesiasme en hongerte om te sing en te dans en 'n storie te vertel - 'n eenvoudige storie van 'n slawe swerwer wat 'n meisie sien en verloor en soek.

Dit werk, dis roerend - omdat dit so sonder alle trapping is - en dis Afrikaans.

Dis mos waaroor dit alles gaan.

As jy nog op Oudtshoorn is, gaan kyk dit terwyl dit wys.

Saturday, March 30, 2013

Op Dees Aarde

Ek het nou net op KKNK 2013 'n drama van die wyle Reza de Wet gesien: Op Dees Aarde.

Aan die begin, in donkerte, dwaal 'n Scrooge-agtige figuur deur die verhoog met 'n kers in die hand en mompel iets van 'n lewe van werk in die lykshuis. Eeee.

Daarna gaan die ligte aan oor 'n huishouding van 'n sterwende ma en wat lyk soos twee volwasse susters en 'n broer.

Die broer werk inderdaad in die dorp se lykshuis en die oudste suster maak trourokke op die dorp. Wat die ander suster doen is onduidelik, al wat deurskemer is dat sy uiters frustreerd met haar situasie is en die algemene benoude huishouding.

Hulle praat almal oor 'n bizarre dooie 3de suster vir wie hulle wag daardie aand, soos 'n spook wat 'n verskyning vir haar verjaardag in die huis gaan maak.

En jou werklik waar: sy verskyn soos klokslag 8pm, nie as iets vreesaanjaends nie, maar 'n gelukkige, onskuldige en erg swanger tiener dogter.

( Ek het al die karakters se name vergeet.)

Daar is 'n axe om te grind tussen die oudste suster, wie verloof was aan die jong man deur wie haar spooksuster swanger gemaak is, en die jong spooksuster, wat klaarblyklik net jonk is omdat sy - as spook - nooit verouder nie.

Baie jaloesie en 'n bietjie melodrama wat eindig in 'n spoke jag met 'n skêr in die hand en 'n bloederige uitsny van die "sonde wat groei soos 'n gewas in jou".

Dit alles klink belaglik in die daglig, maar tog het dit met hoendervleis geëindig, en so:

Wilma Snyman, die verswakte, siek ma van die storie, sterf in stilte in die huis terwyl die kinders rondrol. Hulle ontdek dit eers na die tyd.

Die broer wonder dadelik of sy ook, soos hulle jong suster, elke jaar sal terugkeer en vir hulle kom kuier.

En met hierdie vraag verdwyn almal behalwe hy, en ons hoor (in die stem van die oorspronklike ou man) dat almal in die huis uiteindelik een na die ander gesterf het - die ma en die jong dogter het teruggekeer elke jaar, maar die ander twee susters nooit nie.

Die uiteindelike redding van die armsalige, die swakkeling, die onderdrukte, is sy geheue, sy vermoë om liefde en lekker in sy hart te hou, en die res te laat gaan.

Monday, March 25, 2013

F for Fake

In die 1960s was daar 'n groot skandaal in die hoge kunswereld: dit het stadig maar seker duideliker en duideliker geword dat derduisende van die duurste skilderye in die groot kunsgallerye fakes moes wees - nie dat eksperts dit kon vasstel nie - maar die enorme omset van skilderye van groot skilders in die wereld se gallerye - Picasso, Modigliani, Matisse - was veel meer as wat hulle ooit sou kon uitsit.

Uiteindelik het dit geblyk dat meer as tienduisend sulke skilderye deur net een man geskilder is: 'n Hongaarse con-artist genaamd Elmyr de Hory.

de Hory het nooit replicas van bekende skilderye geskilder nie, hy het oorspronklike werk gedoen in die herkenbare styl van beroemde skilders, hulle handtekeninge nagemaak en dit aan private handelaars verkoop. Baie vinnig is hierde werke opgeraap deur groot gallerye.

de Hory het altyd gesê en geglo - "if a painting hangs in a gallery long enough, it becomes real".

Wat was die verskil tussen hom en Picasso, het hy redeneer, as niemand die verskil kon sien nie - nie die eksperts nie, nie die publiek nie en nie Picasso self nie.

Die groot ironie is dat dit de Hory alleen was wat kon sê watter skilderye hy gedoen het - daarom was dit binne net sy mag om te besluit watter kuns real en fake was.

de Hory kon letterlik groot kunsgallerye - soos die New York Art Gallery - tot hul kniee dwing deur eenvoudig in te stap na een van hulle groot werke en te sê - "by the way, I painted this one".

Met Interpol op sy spoor het de Hory gevlug na 'n klein eilandjie genaamd Ibiza, waar 'n biograaf - Clifford Irving - hom besoek en 'n boek oor hom geskryf het.

Elmyr de Hory
Clifford Irving
Dit was 1970 en die boek se naam was "Fake".

Die jaar daarna het dieselfde Clifford Irving nog 'n boek geskryf - The Autobiography of Howard Hughes, waarvoor hy $100,000 vooruit betaal is.

Wat niemand besef het nie, insluitende sy uitgewer - McGraw-Hill - is dat die hele Autobiography of Howard Hughes self 'n fake was - een van die grootste hoaxes van die 20ste eeu. [Daar was 'n paar jaar terug 'n fliek gemaak (The Hoax) waarin Richard Gere die rol van Irving speel].

In 1972 het die groot Amerikaanse filmmaker Orson Welles, op sy oudag, na Ibizi gereis en 'n skitterende avant-garde dokumenter oor hierdie twee groot fakers van die 20ste eeu gemaak.

Sy fliek se naam was "F for Fake".

Daarin ondersoek hy die idee van fake vs real, die belangrikheid van rarity vir 'n kunsmark, soos vir enige mark, die kunstenaar vs die kunswerk self.

Aan die begin lees hy Rudyard Kipling se gedig


When the flush of a new-born sun fell first on Eden's green and gold,
Our father Adam sat under the Tree and scratched with a stick in the mould;
And the first rude sketch that the world had seen was joy to his mighty heart,
Till the Devil whispered behind the leaves, "It's pretty, but is it Art ?"

Is daar nog enige werklike kuns oor - enige iets om in te glo - in so 'n wereld van fakers en nabootsers?

Daar is 'n pragtige, skitterende klimaks aan die einde wanneer Welles 'n montage wys - stil skote van die Chartre katedraal in Frankryk, terwyl hy sê



Now this has been standing here for centuries. The premier work of man perhaps in the whole western world - and it’s without a signature. Chartres: A celebration to God’s glory and to the dignity of man.

You know it might be just this one anonymous glory of all things, this rich stone forest, this epic chant, this gaiety, this grand choiring shout of affirmation, which we choose when all our cities are dust, to stand intact, to mark where we have been, to testify to what we had it in us, to accomplish. 

Our works in stone, in paint, in print are spared, some of them for a few decades, or a millennium or two, but everything must finally fall in war or wear away into the ultimate and universal ash. The triumphs and the frauds, the treasures and the fakes. A fact of life. 

We’re going to die. “Be of good heart,” cry the dead artists out of the living past. Our songs will all be silenced – but what of it? 

Go on singing.

Saturday, February 16, 2013

My somer van Shakespeare

The Comedy of Errors
If every one knows us, and we know none,
'Tis time, I think, to trudge, pack, and be gone

Die eerste van Shakepeare se komedies wat op die planke gekom het. Dis 'n verdubbeling van die ou Romeinse mistaken identity stories - nie een nie, maar twee stelle twins arriveer op dieselfde dag in dieselfde dorpie. 'n Baie effektiewe, snaakse komedie. Waarskynlik Shakespeare se enigste "situation  komedy".





Henry VI Parts 1 - 3
A staff is quickly found to beat a dog

Shakespeare se eerste plays was sy verwerking van die "War of the Roses", die oorlog tussen die families Lancaster en York, wat beide die Britse kroon ge-eis het, Hierdie plays is later Henry VI deel 1 - 3 genoem. Die eerste deel speel hoofsaaklik in Frankryk af, waar die Engelse die draaipunt (afwaarts) in hul 100 jaar oorlog teen Frankryk beleef, danksy die skaapwagter-meisie Joan of Arc. Die sterktste karakter in deel 2 en 3 is Henry se nuwe Frans/Italiaanse vrou - Queen Margaret. Sy veg man-alleen, namens haar patetiese man, teen die York familie, met grusame wreedhede oor en weer. In die foto vee sy York se trane af met 'n sakdoek gedoop in die bloed van sy jongste kind - Rutland.

Richard III
'Tis a vile thing to die, my gracious lord,
When men are unprepared and look not for it.

Na die Yorks seevier vermoor Koning Richard III (wie se boggel-rug geraamte verlede jaar onder 'n parkade uitgegrawe is) die hele oorblywende manlike lyn van sy eie familie. Die storie volg direk op Henry 6 - deel 3, maar die pas is stadiger en baie beter dramaties. Die sukses van Richard 3 was Shakespeare se groot deurbraak as dramaturg. Die swerwende Queen Margaret bly in die storie as 'n ironiese aanskouer van al die York-on-York moord (meer as wat sy ooit kon vermag), maar haar rol word in feitlik al die fliek-weergawes uitgesny.


Titus Andronicus
The woods are ruthless, dreadful, deaf and dull. 

So vroeg in sy loopbaan reeds het Shakespeare hierdie bloederige gemors geskryf. Nog 'n groot crowd-pleaser maar in later jare 'n verleendheid - dit is die mees gewelddadige klassieke drama, Shakespeare is skynbaar verbete om Euripides en Christopher Marlowe to out-do. In die foto staan Lavina: verkrag, met haar tong uitgesny en haar hande afgekap en skryf die naam van haar verkragters met 'n stok uit haar mond na die sand.


The Taming of the Shrew
Such a life with such a wife

Deesdae 'n baie groot no-no - die Taming of the Shrew gaan alles oor die "makmaak" van wilde vrouens (dit eindig met 'n toneel waar drie mans 'n wettenskap aangaan oor wie se vrou die gehoorsaamste is). Daar's 'n aktiewe veldtog om hierdie drama van die planke te verban - maar nogtans word dit gereeld opgevoer. Dis een van Shakespeare se sterktste piss-take komedies, veral die eerste tonele waar Petruchio en Katherine mekaar ontmoet. Die musical "Kiss Me Kate" is daarop gebaseer.

The Two Gentlemen of Verona
To wear away thy youth in shapeless idleness

Volgens sommige is hierdie die eerste play wat Shakespeare geskryf het. Dit is die eerste komedie wat die gender-bender plot-patroon gebruik wat Shakespeare oor en oor sou herhaal, met kommentaar-agter-vermomming. Dis waarskynlik sy flouste werk, behalwe vir 'n baie snaakse middel-deel waar die lovers hulle onsnapping in die nag uit haar pa se huis beplan.



Love's Labour's Lost
Society, saith the text, is the happiness of life

'n Eienaardige werk - 3 mans wat besluit om vir 'n jaar geen meisies te sien en net te studeer, maar natuurlik het elkeen 'n skelmpie wat hy vir die ander wegsteek. Dit eindig as 'n dirty-weekend voor die hele ding skielik tot stilstand kom met die uitbreek van oorlog. Die beste slot-reel in enige van Shakespeare se plays: The words of Mercury are harsh after the songs of Apollo. You, that way: we, this way


Romeo and Juliet
But one thing to rejoice and solace in

Niks verder hoef gesê te word oor hierdie wonderlike tragedie-komedie-liefdeswerk nie. 'n Groot come-back vir Shakespeare, en hierna was hy in sy wonder-jare. 


A Midsummer Night's Dream
Jack shalt have Jill, nought will go ill

Uit en uit net 'n fantastiese droom waarin al die verkeerde mense in een midsomersnag verlief word en hardloop agter mekaar aan, voor die son weer opkom. Die drama binne die drama aan die einde vat die koek - met die karakters "wall" en "moon" wat die lovers help en hinder.


The Merchant of Venice
if the scale do turn but in the estimation of a hair
thou diest and all thy goods are confiscate

Nog een van daai kontroversiele dramas. Aanvanklik genoem "The Jew of Venice", as 'n opvolg vir Christopher Marlowe se "The Jew of Malta". Dit is 'n baie unflattering, lelike uitbeelding van Shylock, die Jood wat geld leen vir Antonio teen 'n pond van sy vleis as surety. Terselfdertyd sterk dialoog vir Shylock en teen die falsheid van die Christene, maar dit laat 'n bitter smaak in die mond - veral die laaste toneel waar almal saam lag vir Shylock.


King John
Preach some philosophy to make me mad
And thou shalt be canonised Cardinal 

King John was Richard-the-Lion-heart se broer en opvolger (en die ou wat Engeland onderdruk het in die Robin-Hood dae). 'n Bizarre, all-over-the-place geskiedenis wat 'n plot ontwikkel en dan skielik vorentoe spring en alles vergeet waarmee  dit besig was. Daar's is 'n baie scary toneel waar 'n seuntjie se oë uitgebrand word. Shakespeare se mees siniese drama oor kerk en staat - selfs meer as Henry VIII



Richard II
Let's talk of graves, of worms, and epitaphs; 

Hier begin Shakespeare die tweede groep geskiedenis dramas, wat kronologies pas direk voor die Henry VI & Richard III dramas. Die tweede groep is Richard II, Henry IV en Henry V. Hierdie dramas is van die beste werk wat Shakespeare ooit sou skryf. Richard II is beroemd vir die "hollow crown" toneel - waar Richard sy kroon moet oorhandig aan Bolingbroke, wat Henry IV word. Daar is ook die beroemde "this sceptered isle" speech, een van die groot speeches oor die Engelse eiland. Shakespeare suggereer dat Richard II gay was en nooit die mas sou opkom nie - baie hiervan herinner aan Christopher Marlowe se briljante, en baie meer eksplisiete Edward II.


Henry IV, Part 1 & 2
The better part of valour is discretion

Ek het reeds tevore oor hierdie werk geskryf - waarskynlik Shakespeare se rykste, diepste drama. Boeke en boeke kan hieroor geskryf word. Dit bevat die karakters van Falstaff en Hal en Hotspur. En, o ja - Henry IV. Meesterwerk.


Henry V
Small time, but in that small most greatly lived
This star of England.

Henry V is die Engelse se groot jingo-play. Dit wys die inval en oorwinning van Frankryk en die triomf van die Battle of Agincourt. Laurence Olivier het dit verfilm in die middel van WW2 om die Engelse moed te gee vir die inval wat kom. Dis nie so 'n sterk drama soos sy voorganger, Henry IV, nie. Die koning se visie van al die dooie gebeendere wat opstaan en hom beskuldig was later die inspirasie vir die WW1 fliek J'Accuse! 


Much Ado About Nothing
Serve God, love me and mend

Hierdie is die wonder-era van Shakespeare komedie - die komedies van hierdie tyd is nie so snaaks soos die Taming of the Shrew, Comedy of Errors era nie, maar ge-anker in vreugde en menslikheid. Much Ado is een van die beste plays om te stage - die transisie van twee mense wat mekaar haat (Beatrice en Benedict) tot mekaar liefhet.


As You Like It
O wonderful, wonderful, most wonderful 
wonderful, and yet again wonderful

Die hele "As You Like It" speel af in 'n woud, "The Forest of Arden". Ek dink daaraan as die daglig weergawe van "n Midsummer Night's Dream. Dit is staties (nie soos Much Ado) nie, moeiliker om te stage maar bevat groot dele briljante dialoog en nonsens praat on-gewenaar in die geskiedenis van drama. Een van my gunstelinge.


Twelfth Night
Thus the whirligig of time brings in his revenges

Twelfth Night (5 Jan - die 12de dag na Kersfees) is 'n frantic, ekstreme komedie. Dis moeilik om die regte toon daarvoor te kry - dis wreder as Much Ado en As You Like It en begin die oorgang na die later Shakespeare - met al die groot tragedies wat kom. Weereens skitterende skryfwerk en diep insig - Olivia wat 'n ring stuur vir die man wat sy liefhet en dan skielik sê "I do I know not what"


Hamlet
In this harsh world draw thy breath in pain
To tell my story

Wat kan mens sê oor Hamlet wat nog nie gesê is nie? Ek het my eie teoriee maar wil nog dink daaroor. Elkgeval, Hamlet is die mees verfilmde drama en is ook Shakespeare se langste drama (4 ure), maar jy sou dit nie sê nie, aangesien movies gewoonlik die helfde daarvan uitsny.


Julius Ceasar
Security gives way to conspiracy 

Hierdie was die heel eerste Shakespeare wat ek gesien het as kind - met Marlon Brando as Marc Anthony. Ek was in trane. Dis 'n baie goeie play, en ek het 'n sagte plek vir die villian - Cassius.


The Merry Wives of Windsor
 I myself sometimes, leaving the fear of God on the left hand 
and hiding mine honour in my necessity, am fain to shuffle, to hedge and to lurch...

Shakespeare het nooit sequels gedoen nie, maar was blykbaar deur Konining Elizabeth gevra om weer 'n drama met Falstaff te skryf. (As dit waar is kan ek nie eintlik die ou tannie kwalik neem nie - as ek ooit Shakespeare sou ontmoet sou ek dieselfde gevra het). So het hy die vet ou man laat herleef vir die "Merry Wives of Windsor", die enigste van Shakespeare se komedies wat in Engeland self afspeel. Dit is meinsinsiens een van sy bestes - dit is 'n mengsel van alles - die vroee fisiese komedie en die latere woord-komedie. Werk soos 'n bom. In meeste opsigte is dit die laaste werklike komedie in Shakespeare.



Troilus and Cressida
He that will have a cake out of wheat must tarry the grinding. 

Die naam klink soos iets famous - maar hierdie is een van die mees obskure Shakespeares wat bestaan. Dit is ook by verre die weirdste en mees "post-modern" van almal. Die legende van Troilus en Cressida is iets wat in die middeleeue bygelas is aan die storie van Troje. Troilus is 'n broer van Hector en Cressida is 'n suster van Helen. Chaucer het 'n boek daaroor geskryf en Shakespeare verwys telkens daarna in sy ander dramas. Maar dit is bisarre en staan uit tussen al sy dramas. Nadat Cressida ewige liefde aan Troilus sweer word sy in 'n prisoner-swap uitgeruil, teruggeneem na die Grieke en verraai en vergeet daar vir Troilus. Yip.


All's Well That Ends Well
The web of our life is of a mingled yarn, good and ill together

Teen hierdie tyd het Shakepeare se belangstelling in formule-komedie heeltemal verdwyn. Die dramas wat nou gekom het was hartseer stories met happy eindes of hartseer stories met hartseer eindes. Daar is niks in om oor te lag nie. All's Well That Ends Well is die eerste van hierdies. Dit het die teenoorgestelde titel van Shakespeare se volgende drama - Measure for Measure - en ek dink aan die twee as suster-dramas. Ek het al tevore oor hierdie drama geskryf.


Measure for Measure
For truth is truth to the end of reckoning

Ek het die anderdag gesien dat iemand hierdie drama beskryf as "sick and disturbing" - 'n mislukking as drama, godsdiens en politiek. Ek stem saam - en tog is dit een van Shakespeare se grootste en mees komplekse dramas. Dit gaan oor 'n non  wat pleit vir haar broer se lewe (hy moet tereggestel word vir 'n buite-egtelike swangerskap). Die regter vra haar om seks met hom te hê in ruil vir haar broer se lewe. Ek wil nog eendag in detail hieroor skryf.


Othello
Of one whose hand, like the base Indian, threw a pearl away richer than all his tribe

Die laaste deel van Othello - waar Desdemona wag vir hom om kamer toe te kom, is een van die ongelooflike vergestaltings van hopeloosheid, liefde, vrees en moed. O, these men - is al wat sy kan sê


King Lear
Why should a dog, a horse, a rat have life, And thou no breath at all?

Hoeveel is nie al oor King Lear geskryf nie? Daar is hierdie oomblik, waar die verblinde Glousester die stem van die mal King Lear hoor, en vra - onthou jy my? Die koning antwoord - I remember thine eyes well enough


Macbeth
I feel the future in this instant.

My Standard 8 voorgeskrewe Shakepeare, jare terug. Full sound and fury, signifying nothing, maar een van die lekkerste Shakespeares om te kyk, met hekse, vlieende messe en al - And nothing is but what is not. Ek het altyd gedink Arnold Schwarzenegger moet dit probeer.



Antony and Cleopatra
O infinite virtue, comest thou smiling from 
The world's great snare uncaught?

Hierdie is by verre die groot vroue Shakespeare rol. Die rol van Cleopatra in hierdie play is on par met die Othellos en die Lears - sy is in 'n konstante, glibberige posisie en in elke toneel moet sy heroorweeg - "leaving my fear of God in mine left hand, and hiding mine honour in mine necessity", soos Falstaff sê. Dis 'n lang, deurmekaar play - die helfde daarvan is in Rome en die helfde in Egipte, maar die moontlikhede! In die finale is dit net Cleopatra en haarself. "We have no friend but resolution", sê sy. Ek is mal oor die toneel waar die boer vir haar die 2 slange bring. "Feed them not, for they are not worth the feeding".


Coriolanus
The beast with many heads butts me away

Coriolanus is die arm broer van die groot tragedies. Shakespeare het blykbaar 'n besluit geneem om hierdie held geen inner life te gee nie. Die rol gaan oor 'n generaal wat homself nie kan uitdruk nie en anders as die Macbeth's etc. het Coriolanus geen soliloquies nie - hy praat nooit met homself en die gehoor nie. Hy het net sy one-and-only "There is a world elsewhere". Ralph Fiennes het dit nou net verfilm, uitstekende fliek.



Timon of Athens
I love and honour him, but I must not break my back to heal his finger.

Timon is die swartste van al Shakespeare se dramas. Swarter as King Lear en blykbaar die drama wat die heel minste op die planke kom. Ek moet erken ek het 'n baie sagte plekkie daarvoor. Dit gaan oor 'n man met geen familie, wat in bankrotskap verval en alleen langs die see gaan wag vir die einde. Daar vervloek hy die mensdom, totdat 'n eertydse soldate-vriend Athene binneval en die stad Timon kom vra vir bemiddeling. In die laaste toneel antwoord Timon - as enige iemand die sacking van Athene wil vryspring, kom na my strand - hier is 'n boom wat ek nog wil afkap. Come hither, ere my tree hath felt the axe and hang yourself!


Pericles
Nature's own shape, of bud, bird, branch, or berry, 

Peircles is 'n fairy tale, die eerste fairy tale wat Shakespeare gedoen het en iets wat duidelik al hoe meer prominent in sy mind was teen hierdie tyd in sy lewe. Dis 'n Prins wat 'n riddle moet antwoord waardeur hy 'n prinses kan wen, maar die antwoord op die riddle is dat sy die produk van incest is - hy vlug weg en word deur die koning agterna gesit. Die drama ontvou in episodes langs die kus van die Levant (Syria) - Pericles trou en verloor sy vrou met die geboorte van sy dogter (poor inch of nature). En deur die jare spoor hy hulle weer op. Pragtige Prologue.


Cymbeline
When we shall hear the rain and wind beat dark December...

Dis weer 'n fairy tale wat al hoe meer kompleks word en dan in een enorme, notorious toneel word alles opgelos - al die verskillenede identiteite uitsorteer en verlore kinders opgespoor. Die hoofkarater is die koning se dogter Imogen (in drag). Dit bevat mynsinsiens die mees horrific teater toneel in die hele Shakespeare: in een oomblik word sy wakker in die nag langs die kop-lose liggaam van Croten, maar verbeel haar dis haar lover...


The Winter's Tale
For the life to come: I sleep out the thought of it

Shakespeare se derde fairy tale in 'n ry en waarskynlik die mees suksesvolle. Dit is 'n baie konfensionele plot van 'n koning wat sy vrou laat teregstel vir egbreuk en na die tyd besef sy was onskuldig. Na jare se boetedoening en huil kom daar 'n wonderwerk - wanneer hy 'n standbeeld in haar eer laat open begin dit beweeg - en daar is sy, weer lewendig.


The Tempest
to perform an act whereof what's past is prologue...

Die Tempest is 'n snaakse anakronisme aan die einde van Shakespeare se lewe. Dit is skielik weer 'n komedie van die ou bawdy soort, baie baie jare nadat Shakespeare enige so iets gedoen het. Dit was duidelik nie 'n drama nie, maar 'n musikale revue van soorte, en feitlik alle produksies (tot vandag toe) prop dit vol met musiek. Dit is 'n mooi voltooing van die Shakespeare epos - met die lyn we are such stuff as dreams are made of, and our little life is rounded with a sleep. 


Henry VIII
No, his concience has crept too near another lady

Dit lyk asof Shakespeare weer aan die werk was aan nog 'n siklus van dramas oor Engelse geskiedenis toe hy dood is. Hoeveel van Henry VIII hy geskryf het en waarheen dit alles sou lei is 'n ope vraag. Die taal is baie anders as die digte Shakespeare taal van voorheen, en die vertelling baie meer gestruktureer - dit gaan hoofsaaklik oor die intriges rondom die koning se egskeiding van sy eerste, Spaanse vrou Katherine of Aragon, sy huwelik met Anne Bullen (soos Shakespeare haar noem) en die geboorte van hulle eerste kind - die kind se doop en die kerk se strome van adulasie (party sal sê gatkruip) eindig die play. Mmm ja.