Saterdag, Junie 09, 2018

Malevich 2

Ek verstaan nie aldag wat my so intens aantrek na hierdie dude nie.

Malevich was die man wat kuns transformeer het met "Swart op Wit" - 'n swart vierkant in 'n wit raam. Jy hoef dit nie eers te Google nie, sit 'n selfoon op 'n servet neer en daar is dit.

Hoe oortref jy so iets? Met "Wit op Wit" - 'n ( yebo ) wit vierkant in 'n ander wit vierkant.

Elkgeval - die goeters tref my (soos hierdie een) in die hart - ek dink wat vir my uitstaan, en soveel deernis daarin gee, is die onvermoƫ om te skilder - dis net lyne trek en inkleur en probeer om die verf ooral oor die doek min of meer dieselfde te laat lyk.

'n Oulap se rooi maak mooi.

Die jare is maar swaar daarmee - dit dop en verblyk - maar as dit waar is dat essensie van kultuur in ons afval vasgevang is, dan is hierdie vergete 100 jaar oue stukke waardige bakens.


Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking