Vrydag, April 29, 2005

Werther

"Die leiding van jong Werther" (oy!) was die boek wat Goethe op die map gesit en die romantiese "storm en drang" geslag in Europa geskep het. (Vroeg 19de eeu)

Werther was 'n vloedgolf van 'n sukses op sy dag, voorgelees, bestry, gedramatiseer en ver-opera - maar vandag is dit 'n gaslose Coca Cola; 'n les vir die popkultuur: die tweede Bar-One proe nooit so lekker soos die eerste Bar-One nie.

Werther is die derde wiel in die huwelik van Charlotte en Albert; eers wanneer hy uiteindelik die handdoek ingooi en selfmoord pleeg besef Charlotte waar haar hart lê (en dat dit SY was wat vir hom die pistole geleen het waarmee hy wou duiwe skiet).

Goethe se gebruik van die natuur - storms en sneeu en reen en wind - om die drama te onderstreep, was deur die loop van die jare deur sy nabootsers uit die letterkunde verwyder as te hokey.

Vir my is dit al wat lekker en verrassend is - ten minste iets om van vooraf te ervaar.

Dinsdag, April 26, 2005

Hadji Murat

Die laaste storie wat Tolstoy geskryf het was "Hadji Murat" - 'n werk wat na sy dood eers die lig gesien het.

Tolstoy stap deur die veld en sien 'n pragtige, onbekende blom wat omgeploeg is in sy landery. Hy sukkel teen die wal af en met sy sakdoek trek hy dit met moeite uit (die plant is vol dorings) om saam huistoe te neem.

By die huis plant hy dit in sy tuin, maar skielik lyk die plant heeltemal onvanpas en begin vinnig welk. Na 'n paar dae plae die plant hom, hy trek dit weer uit en gooi dit in die asblik.

Stel jouself die gevriesde oomblik voor: Tolstoy, met die blom tussen sy hand en die asblik. Skielik flits daar 'n beeld deur sy kop, en hy begin die storie van Hadji Murat vertel.

Dit was dieselfde Chechnya met sy probleme van vandag, 200 jaar terug, in die tydperk toe die Russe die hele area stelselmatig van die Turke ingepalm het.

Hadji Murat is 'n beroemde Moslem vegter wat na 'n uitval met sy Chief besluit om kante te ruil: hy gee oor aan die Russe OP VOORWAARDE dat hulle onmiddelik 'n ekspedisie reel om sy gesin te red.

Die Russe ondervrae en hou hom onder arres binne hulle weermagkamp, maar die beloofde ekspidiese na sy gesin gebeur nooit nie.

Sy lewe in die kamp bestaan uit sy nuttelose betoë vir die ekspidisie waarvoor niemand lus is nie, en 'n stadige, versigtige vriendskap met 'n meisie in die kamp: Marya Dmitrievna.

Na 'n sekere periode besluit Hadji Murat uit desperasie om te ontsnap en sy gesin alleen te gaan red, as hulle nog lewe - hy kruip in die middel van die nag uit, steel 'n perd en verdwyn.

Die volgende aand sit Marya op haar voorstoep wanneer haar kêrel, Kamenev, op sy perd voor haar huis stop.


‘Shall I show you the latest, then? You won’t be frightened?’ he said, turning to Marya Dmitrievna.

‘What is there to be afraid of?’ said Marya Dmitrievna.

‘There you are then,’ said Kamenev and he pulled out a man’s head and held it up in the moonlight. ‘Do you recognize him?’

It was a shaven head, with prominent bulges of the skull over the eyes, trimmed black beard and clipped mustache; one eye was open, the other half-closed; the shaven skull was split and hacked about and the nose covered with black clotted blood. The neck was wrapped in a bloody towel. Despite all the wounds on the head, there was in the set of the now blue lips a childish, good-natured expression.


Dit was Hadji Murat. Tolstoy vertel dan die storie van sy desperate vlug en sy onafwendbare dood aan die hand van die Kosakke, lank voor hy nog by sy gesin kon uitkom.

En die heel laaste woorde van hierdie groot skrywer, is eenvoudig


This was the death that was brought to my mind by the crushed thistle in the ploughed field.

Donderdag, April 21, 2005

Vader Sergius

'n Jong ambisieuse offisier in ou Rusland - Stepan Kasatsky - kry die skok van sy lewe die aand voor sy troudag: sy aanstaande (die vangs van vangste - 'n meisie drie trappe bo hom in die samelewing) erken uiteindelik dat sy die mistress van die Tsar was.

Die implikasie: sy is damaged goods en daarom beskikbaar vir hom, laat hom so belaglik voel dat hy haar los en vlug na 'n klooster.

Tolstoy sê dat hy 'n monnik word "om neer te kyk op die mense wat op hom neerkyk"

Oor die jare wat kom lewe hy 'n model Christelike lewe en word uiteindelik "Vader Sergius".

Tolstoy se great verhaal is eers die groei van Stepan Kasatsky na "Vader Sergius" en dan die groei van Vader Sergius na "Stepan Kasatsky".

Sergius vorder van monnik na vader na heilige-kluisenaar-in-die-berg, waar hy alleen in meditasie woon.

In dieselfde area bly 'n crazy-vrydenkende-seksie divorcee wat besluit om haarself te amuseer deur die grote Vader te verlei. Sy contrive haar oomblik in 'n storm en daag te voet op voor sy huisie, kamstig verkluim en verdwaal.

Daarbinne probeer sy haar alles om hom te verlei, totdat Sergius uitstorm uit die huis, 'n byl vat en die vingerpunte van sy een hand afkap.

Ironies genoeg maak die storie van Sergius se temptasie hom DIE beroemdste van alle "heiliges", en mense stroom in hulle hordes om na hom te luister en deur hom geseën te word.

Maar in sy hart voel hy dat hy besig is met sonde - snags droom hy van 'n meisie wat op laerskool saam met hom was - Praskovya Mikhaylovna .

Een nag verdwyn hy, en gaan soek haar te voet totdat hy haar vind.

Wanneer hy haar kry ondervrae hy haar oor haar werk (niks: pas haar dogter en skoonseun op), haar lewe ('n gewone vaal arm bestaan), haar godsdiens (kom nie eintlik in die kerk nie, weet nie baie van sulke goed nie, Vader...).

Sergius kan nie verstaan waarom hy - die groot heilige - deur haar beeld in drome geteister is nie. Wat is spesiaal aan haar? Totdat dit hom tref

"So that is what my dream meant! Pashenka is what I ought to have been but failed to be. I lived for men on the pretext of living for God, while she lived for God imagining that she lives for men."

Saterdag, April 16, 2005

Die Vroue van Troje


Euripides se drama "Vroue van Troje" speel af in die konsentrasiekamp waar die Trojaanse vroue en kinders wag vir hulle lot; nadat hulle mans verslaan en hulle stad verbrand is.

Die vroue sluit die berugte Helen v Troje en die mal profeet Cassandra in, maar die twee belangrikste karakters is Hecuba, die koningin van Troje; en Andromache, weduwee van Troje se groot held Hector.

Hecuba het alles en almal verloor behalwe haar seuntjie Polydorus, wat sy betyds uit die stad gesmokkel het.

Sy weet nie dat die man wat sy omgekoop het om hom te huisves besluit het dat dit makliker is om maar net die kind se keel af te sny en haar geld te vat nie (voor die Grieke hom kry...)

Sy troos haarself aan die gedagte van Polydorus terwyl sy die lyk van haar laaste dogter in die rivier afwas, wanneer sy opkyk en 'n klein liggaam in die water sien afdryf na haar toe...

Terselfdertyd troos Andromache haar en Hector se enigste baba Astyanax. Hulpeloos en seker dat iets verskrikliks gaan gebeur.

Uiteindelik kom die Grieke se besluit: sy moet die kind oorhandig sodat hulle hom van die hoogste toring van Troje kan gooi.

As sy dit sonder weerstand doen, sal hulle die lyk vir haar terugbring, anders sal hulle hom net daar los vir die wolwe.

Oorlog, tragedie, grusaamheid, verloor en verlies.

Dinsdag, April 12, 2005

Ecce Homo

'n Menigde skrywers het al "dagboeke van 'n malman" geskep. In hierdie boeke is die verval in gekheid baie keer die skrywer se manier om sy diep vebode fantasieë 'n vliegkans te gee, sonder om die gevolge te dra.

Die naaste wat ons aan die WARE DING het is Nietzsche se laaste boek: "Ecce Homo" - sy autobiografie, van soorte.

Dis 'n verwysing na die insident in die Bybel waar Christus met 'n doringkroon op sy kop en 'n lap om sy lyf na buite, voor 'n skare gelei word met die woorde Kyk na hierdie man!.

"Ecce homo" is Latyn vir "Kyk na die man".

Nietzsche was aan die einde van 'n dekade van afsondering en swerf opsoek na iewers om sy gesondheid te herstel. In hierdie tyd het hy sy beroemde gesegde geskep

"As dit jou nie doodmaak nie, maak dit jou sterker".

Die vergelyking van homself met Christus is soos altyd daar vir die uitlok van reaksie.

Nietzsche skryf dat hy 'n "oorlogsnatuur" het. Hy kon nog nooit stilbly na 'n belediging nie because swallowing down is bad for your stomach.

'n Paar jaar tevore het Nietzsche die antieke Iranese profeet Zoroaster gehijack vir sy beroemdste boek: Also Spracht Zarathustra. "So sê Zarathustra". Zarathustra was sy belangrikste, inspirerende boek. 'n Over-the-top, kripties-profetiese uitbarsting van al sy belangrike gedagtes: die magswil, die supermens, die ewige terugkoms, die groot gety.

Baie anders geskryf as enige van sy ander boeke (wat so glad soos seep lees). 'n Moeilike boek.

In "Ecce Homo" wys Nietzsche vir die eerste keer sy volle hand en sy volle hart: alles wat hy voorheen in Zarathustra se mond gesit het, kom nou uit sy eie stem.

En daarmee die verval in malheid.

Die eerste drie hoofstukke is "Why I am so wise", "Why I am so clever", en "Why I write such good books". Grappie? Glad nie. Nietsche is heeltemal ernstig.

Daarna 'n beskrywing van sy lewe en werke (en sy geloof dat Zarathustra die grootste boek van alle tye is).

Die laaste hoofstuk is "Why I am a destiny". Daarin voorspel hy dat die wereld hom binnekort sal ontdek, dat hy "na sy dood eers gebore gaan word".

'n Paar weke na die voltooing van "Ecce Homo" het Nietzsche oor die plein van Turin gaan stap en ineengestort. Toe hy weer bykom was hy kranksinnig.

Sy ma (wat hy verag het) het hom kom haal en terug geneem huistoe, en hom weer soos haar klein seuntjie versorg. Na haar dood is Nietzsche na 'n malhuis geneem, waar hy in 1900, na 10 jaar van kranksinnigheid, gesterf het.

Hy het nooit weer geskryf nie.

[ 12 April 2005 ]

Sondag, April 10, 2005

Beyond Good And Evil

Ek het 'n fassinasie met groot kunstenaars wat hulself gedruk het tot by die uiterstes van innerlike intensiteit en ervaring. Tolstoy was een van hulle, soekende tot die einde. Sy tydgenoot en nemesis - Nietzsche - was 'n ander een.

Nietzsche was die Duitse filosoof wat gesê het "God is dood"

en

"Die menselewe balanseer op 'n tou gespan oor 'n afgrond. Dis gevaarlik vorentoe, dis gevaarlik om om te draai, dis gevaarlik om stil te staan en te wonder waarheen".

En baie ander sulkes.

Sy boek "Beyond Good and Evil" bevat een van die beroemdstes:

"Wanneer jy lank na die afgrond staar, sal die afgrond terugstaar na jou"

Nietzsche was verbete om daardie afgrond te wees wat terugstaar na die wereld. Selfs nou, meer as eenhonderd jaar na sy dood, is Nietzsche een van die skokkenste & neteligste skrywers om te lees.

Hy het natuurlik besef dat die wereld nie gereed was vir hom nie - en die pap verskriklik dik aangemaak.

"It seems that in order to inscribe themselves upon the heart of humanity with everlasting claims, all great things have first to wander about the earth as enormous and awe-inspiring caricatures"

Soos die titel sê, het hy alle moraliteit verwerp.

Die arme massas wat lei onder die juk van verdrukking? Laat hulle suffer, sê hy. Nietzsche verwerp heeltemal die idee dat die vermindering van lyding 'n doel van die mensdom hoef te wees.

Godsdiens - veral Christendom en Buddisme en enige draai-die-ander-wang geloof - het hy verafsku en ge-lampoon op elke moontlike manier as idioties en "slawe-moraliteit" (seun van 'n dominee).

Nietzsche skryf dat die mensdom in sy "pre-morele" fase letterlik sy medemens vir die gode ge-offer het. In sy "morele" fase het die mens sy mensheid - alles wat hom great maak - vir die gode geoffer.

"In man CREATURE and CREATOR are united: in man there is not only matter, shred, excess, clay, mire, folly, chaos; but there is also the creator, the sculptor, the hardness of the hammer, the divinity of the spectator, and the seventh day"

Instede van moraliteit pleit Nietzsche vir "adelheid" (nobility). Wat is adelheid? Die adel siel is die siel wat respek vir sy eie heiligheid het, wat homself nooit sal laat verneder nie, nooit sal neerbuig voor snert nie, wat nooit iets sal voorhou wat hyself nie glo nie.

Moed, insig, empatie, refleksie - die groot waardes van die adel siel.

NP van Wyk Louw was bv 'n groot Nietzsche man, sonder hom kan jy kwalik die groot digter verstaan.

Nietzsche was ongelukkig van mening dat hierdie adelheid nie aan mense geleer kan word nie - dis daar of dis nie daar nie - over finish klaar en verby.

Woensdag, April 06, 2005

Spanglish

Ek het eenkeer gehoor dat die Argentynse verspreiders van "The Sound of Music" besluit het dat hulle meer myle uit die fliek sal kry met een ekstra show per dag - en toe al die songs uitgesny het. Blykbaar was die publiek net so gelukkig daarsonder.

Of dit waar is weet ek nie; wat wel waar is is dat arme James Brooks - van Gogh styl - dieselfde ding aan homself gedoen het. Wat sy groot, eerste oorspronklike Hollywood musical in dekades (met musiek deur Prince) moes wees - die Nick Nolte movie "I'll Do Anything" - het so ver verkeerd gegaan dat sy senuwees uiteindelik gegee het en hyself al die songs uitgesny het. Al wat oorgebly het was 'n lee, dooie skulpdop van 'n movie.

Dit was sy een en enigste fiasko in 'n andersins besonder suksesvolle loopbaan. En tog dink ek altyd aan daai brawe mis-avontuur wanneer ek sy nuwe flieks sien uitkom.

"Spanglish" volg die veilig beproefde James Brooks resep in detail: skep 'n ongelukkige groep mense, bring die hoop van 'n oplossing tot reg voor hulle neuse en trek dit dan op die laaste oomblik weg. Alles in 'n "TV tempo" van afwisselende komedie en patos.

Die vakman is nog daar, maar beide as skrywer en director word Brooks al hoe stomper, weg is die Glory Days van "Terms of Endearment" en "Broadcast News".

Adam Sandler lyk asof hy net gehuur is om die kos te kook, iemand anders gaan die konsert aan die gang moet kry.

Gelukkig vir Tea Leoni, wat die bad girl met soveel gusto speel dat sy uiteindelik hierdie koppie tee van vreemdelinge-vir-mekaar aan die roer kry.

Alles is orraaiterig, my beswaar is maar net die formulaiese gevoel van elke hartseer oomblik wat met 'n grappie doodgeblaas word.

Ek wens regtig dat Brooks weer wegbreek en iets way-outs probeer, hoe gouer hoe beter.

Sondag, April 03, 2005

Opstanding

Ek twyfel of daar al ooit in die geskiedenis 'n boek was wat met soveel afwagting ontvang is as "Resurrection".

"War and Peace" en "Anna Karenina" het Tolstoy 'n onvergelykbare reputasie in sy eie leeftyd gegee. Geen skrywer in die wereld kon met hom kersvashou nie.

Daarna het sy beroemde geestelike transformasie gekom, sy verwerping van alle gesag, geweld, rykdom, seks en letterkunde; en, ten spyte van homself, die skryf van 'n string weergalose kort stories wat hy as "opvoedkunde" beskou het.

En toe, twintig jaar na "Anna Karenina" - skielik die nuus dat die afgetrede Tolstoy weer 'n roman skryf.

"Resurrection" is onmiddelik vertaal en gepubliseer die wereld deur. Tolstoy was so begeester en trots daarop, tydens en na die skryf daarvan, en het altyd die hoogste opinie van die boek behou (anders as oor sy "long-winded rubbish" Anna Karenina en W&P).

Dit eindig met 'n setup vir 'n sequel, waarby hy nooit uitgekom het nie.

Vir die wereld daarbuite was dit, helaas, 'n brug te ver. Resurrection was die boek wat uiteindelik tot Tolstoy se ex-kommunikasie uit die Russiese Kerk gely het.

Meeste kritici - wat die rykmans vakansiegevoel v Anna verwag het - was bitter teleurgesteld, en Resurrection het in die skaduwee van sy werk verdwyn.

Dit gaan oor 'n Russiese prins wat 'n diensmeisie - Katusha - in sy tante se huis verlei en 100 Roubles betaal om stil te bly.

Hy vertrek terug na die groot stad, maar ses maande later reis hy per trein deur dieselfde dorp - maar vermy sy tante soos die gif.

Die nou-swanger Katusha gebruik haar geld om tot by die treinstasie te reis en daar op die perron vir hom te wag. Wanneer sy trein stop soek sy hom naarstiglik, maar hy kruip weg en sy sien hom eers wanneer die trein wegtrek. Sy hardloop agterna en roep sy naam, alles tervergeefs.

Vyftien jaar later dien dieselfde Prins op die jurie in 'n moordsaak waarin 'n prostituut van vergiftiging beskuldig word. Terwyl die saak ontvou besef hy skielik dat die beskuldigde dieselfde meisie - Katusha is.

Hierdie situasie begin 'n innerlike krises wat uiteindelik tot sy "heropstand" lei.

Tolstoy se vertelvermoë is soos altyd uitstekend, maar die storie is deurspek van oordeel en afkeur. Iewers noem hy dat die held, Prins Nekhlyudov, mense se foute vergewe aangaande sy geestelike lewe groei, maar Tolstoy doen nie dieselfde nie.

Feitlik elke karakter word met afkeur geskryf, en die karakters van Katusha en Neklyudov bly net die "ontvangkant" van al hierdie sondes.

Die laaste deel van die boek is 'n skrikwekkende reis na die hard-labour myne van Siberië, waarin Tolstoy uiteindelik tot enstige besigheid oorgaan: sy boodskap - dat niemand die reg het om sy medemens in kettings te hou, te martel en te vermoor nie - maak nie saak wat hulle gedoen het nie.

Tolstoy het tot die geloof gekom dat die bron van alle kwaad die impuls is om kwaad te keer of te straf. Hy het Jesus se een sin: Do Not Resist Evil, baie letterlik opgeneem.

Hieruit het hy die filosofie van "passiewe weerstand" geskep - wat hy in briewe aan die jong Gandhi in Suid Afrika verduidelik het - en die res is geskiedenis.

Ons is almal sondaars, maar niemand is skuldig nie.

"There Are No Guilty People" was die naam van een van sy bekende polemieke.

[3 Apr 2005]