Sondag, April 10, 2005

Beyond Good And Evil

Ek het 'n fassinasie met groot kunstenaars wat hulself gedruk het tot by die uiterstes van innerlike intensiteit en ervaring. Tolstoy was een van hulle, soekende tot die einde. Sy tydgenoot en nemesis - Nietzsche - was 'n ander een.

Nietzsche was die Duitse filosoof wat gesê het "God is dood"

en

"Die menselewe balanseer op 'n tou gespan oor 'n afgrond. Dis gevaarlik vorentoe, dis gevaarlik om om te draai, dis gevaarlik om stil te staan en te wonder waarheen".

En baie ander sulkes.

Sy boek "Beyond Good and Evil" bevat een van die beroemdstes:

"Wanneer jy lank na die afgrond staar, sal die afgrond terugstaar na jou"

Nietzsche was verbete om daardie afgrond te wees wat terugstaar na die wereld. Selfs nou, meer as eenhonderd jaar na sy dood, is Nietzsche een van die skokkenste & neteligste skrywers om te lees.

Hy het natuurlik besef dat die wereld nie gereed was vir hom nie - en die pap verskriklik dik aangemaak.

"It seems that in order to inscribe themselves upon the heart of humanity with everlasting claims, all great things have first to wander about the earth as enormous and awe-inspiring caricatures"

Soos die titel sê, het hy alle moraliteit verwerp.

Die arme massas wat lei onder die juk van verdrukking? Laat hulle suffer, sê hy. Nietzsche verwerp heeltemal die idee dat die vermindering van lyding 'n doel van die mensdom hoef te wees.

Godsdiens - veral Christendom en Buddisme en enige draai-die-ander-wang geloof - het hy verafsku en ge-lampoon op elke moontlike manier as idioties en "slawe-moraliteit" (seun van 'n dominee).

Nietzsche skryf dat die mensdom in sy "pre-morele" fase letterlik sy medemens vir die gode ge-offer het. In sy "morele" fase het die mens sy mensheid - alles wat hom great maak - vir die gode geoffer.

"In man CREATURE and CREATOR are united: in man there is not only matter, shred, excess, clay, mire, folly, chaos; but there is also the creator, the sculptor, the hardness of the hammer, the divinity of the spectator, and the seventh day"

Instede van moraliteit pleit Nietzsche vir "adelheid" (nobility). Wat is adelheid? Die adel siel is die siel wat respek vir sy eie heiligheid het, wat homself nooit sal laat verneder nie, nooit sal neerbuig voor snert nie, wat nooit iets sal voorhou wat hyself nie glo nie.

Moed, insig, empatie, refleksie - die groot waardes van die adel siel.

NP van Wyk Louw was bv 'n groot Nietzsche man, sonder hom kan jy kwalik die groot digter verstaan.

Nietzsche was ongelukkig van mening dat hierdie adelheid nie aan mense geleer kan word nie - dis daar of dis nie daar nie - over finish klaar en verby.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking