Woensdag, April 06, 2005

Spanglish

Ek het eenkeer gehoor dat die Argentynse verspreiders van "The Sound of Music" besluit het dat hulle meer myle uit die fliek sal kry met een ekstra show per dag - en toe al die songs uitgesny het. Blykbaar was die publiek net so gelukkig daarsonder.

Of dit waar is weet ek nie; wat wel waar is is dat arme James Brooks - van Gogh styl - dieselfde ding aan homself gedoen het. Wat sy groot, eerste oorspronklike Hollywood musical in dekades (met musiek deur Prince) moes wees - die Nick Nolte movie "I'll Do Anything" - het so ver verkeerd gegaan dat sy senuwees uiteindelik gegee het en hyself al die songs uitgesny het. Al wat oorgebly het was 'n lee, dooie skulpdop van 'n movie.

Dit was sy een en enigste fiasko in 'n andersins besonder suksesvolle loopbaan. En tog dink ek altyd aan daai brawe mis-avontuur wanneer ek sy nuwe flieks sien uitkom.

"Spanglish" volg die veilig beproefde James Brooks resep in detail: skep 'n ongelukkige groep mense, bring die hoop van 'n oplossing tot reg voor hulle neuse en trek dit dan op die laaste oomblik weg. Alles in 'n "TV tempo" van afwisselende komedie en patos.

Die vakman is nog daar, maar beide as skrywer en director word Brooks al hoe stomper, weg is die Glory Days van "Terms of Endearment" en "Broadcast News".

Adam Sandler lyk asof hy net gehuur is om die kos te kook, iemand anders gaan die konsert aan die gang moet kry.

Gelukkig vir Tea Leoni, wat die bad girl met soveel gusto speel dat sy uiteindelik hierdie koppie tee van vreemdelinge-vir-mekaar aan die roer kry.

Alles is orraaiterig, my beswaar is maar net die formulaiese gevoel van elke hartseer oomblik wat met 'n grappie doodgeblaas word.

Ek wens regtig dat Brooks weer wegbreek en iets way-outs probeer, hoe gouer hoe beter.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking