Sondag, April 03, 2005

Opstanding

Ek twyfel of daar al ooit in die geskiedenis 'n boek was wat met soveel afwagting ontvang is as "Resurrection".

"War and Peace" en "Anna Karenina" het Tolstoy 'n onvergelykbare reputasie in sy eie leeftyd gegee. Geen skrywer in die wereld kon met hom kersvashou nie.

Daarna het sy beroemde geestelike transformasie gekom, sy verwerping van alle gesag, geweld, rykdom, seks en letterkunde; en, ten spyte van homself, die skryf van 'n string weergalose kort stories wat hy as "opvoedkunde" beskou het.

En toe, twintig jaar na "Anna Karenina" - skielik die nuus dat die afgetrede Tolstoy weer 'n roman skryf.

"Resurrection" is onmiddelik vertaal en gepubliseer die wereld deur. Tolstoy was so begeester en trots daarop, tydens en na die skryf daarvan, en het altyd die hoogste opinie van die boek behou (anders as oor sy "long-winded rubbish" Anna Karenina en W&P).

Dit eindig met 'n setup vir 'n sequel, waarby hy nooit uitgekom het nie.

Vir die wereld daarbuite was dit, helaas, 'n brug te ver. Resurrection was die boek wat uiteindelik tot Tolstoy se ex-kommunikasie uit die Russiese Kerk gely het.

Meeste kritici - wat die rykmans vakansiegevoel v Anna verwag het - was bitter teleurgesteld, en Resurrection het in die skaduwee van sy werk verdwyn.

Dit gaan oor 'n Russiese prins wat 'n diensmeisie - Katusha - in sy tante se huis verlei en 100 Roubles betaal om stil te bly.

Hy vertrek terug na die groot stad, maar ses maande later reis hy per trein deur dieselfde dorp - maar vermy sy tante soos die gif.

Die nou-swanger Katusha gebruik haar geld om tot by die treinstasie te reis en daar op die perron vir hom te wag. Wanneer sy trein stop soek sy hom naarstiglik, maar hy kruip weg en sy sien hom eers wanneer die trein wegtrek. Sy hardloop agterna en roep sy naam, alles tervergeefs.

Vyftien jaar later dien dieselfde Prins op die jurie in 'n moordsaak waarin 'n prostituut van vergiftiging beskuldig word. Terwyl die saak ontvou besef hy skielik dat die beskuldigde dieselfde meisie - Katusha is.

Hierdie situasie begin 'n innerlike krises wat uiteindelik tot sy "heropstand" lei.

Tolstoy se vertelvermoƫ is soos altyd uitstekend, maar die storie is deurspek van oordeel en afkeur. Iewers noem hy dat die held, Prins Nekhlyudov, mense se foute vergewe aangaande sy geestelike lewe groei, maar Tolstoy doen nie dieselfde nie.

Feitlik elke karakter word met afkeur geskryf, en die karakters van Katusha en Neklyudov bly net die "ontvangkant" van al hierdie sondes.

Die laaste deel van die boek is 'n skrikwekkende reis na die hard-labour myne van Siberiƫ, waarin Tolstoy uiteindelik tot enstige besigheid oorgaan: sy boodskap - dat niemand die reg het om sy medemens in kettings te hou, te martel en te vermoor nie - maak nie saak wat hulle gedoen het nie.

Tolstoy het tot die geloof gekom dat die bron van alle kwaad die impuls is om kwaad te keer of te straf. Hy het Jesus se een sin: Do Not Resist Evil, baie letterlik opgeneem.

Hieruit het hy die filosofie van "passiewe weerstand" geskep - wat hy in briewe aan die jong Gandhi in Suid Afrika verduidelik het - en die res is geskiedenis.

Ons is almal sondaars, maar niemand is skuldig nie.

"There Are No Guilty People" was die naam van een van sy bekende polemieke.

[3 Apr 2005]

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking