Die laaste storie wat Tolstoy geskryf het was "Hadji Murat" - 'n werk wat na sy dood eers die lig gesien het.
Tolstoy stap deur die veld en sien 'n pragtige, onbekende blom wat omgeploeg is in sy landery. Hy sukkel teen die wal af en met sy sakdoek trek hy dit met moeite uit (die plant is vol dorings) om saam huistoe te neem.
By die huis plant hy dit in sy tuin, maar skielik lyk die plant heeltemal onvanpas en begin vinnig welk. Na 'n paar dae plae die plant hom, hy trek dit weer uit en gooi dit in die asblik.
Stel jouself die gevriesde oomblik voor: Tolstoy, met die blom tussen sy hand en die asblik. Skielik flits daar 'n beeld deur sy kop, en hy begin die storie van Hadji Murat vertel.
Dit was dieselfde Chechnya met sy probleme van vandag, 200 jaar terug, in die tydperk toe die Russe die hele area stelselmatig van die Turke ingepalm het.
Hadji Murat is 'n beroemde Moslem vegter wat na 'n uitval met sy Chief besluit om kante te ruil: hy gee oor aan die Russe OP VOORWAARDE dat hulle onmiddelik 'n ekspedisie reel om sy gesin te red.
Die Russe ondervrae en hou hom onder arres binne hulle weermagkamp, maar die beloofde ekspidiese na sy gesin gebeur nooit nie.
Sy lewe in die kamp bestaan uit sy nuttelose betoë vir die ekspidisie waarvoor niemand lus is nie, en 'n stadige, versigtige vriendskap met 'n meisie in die kamp: Marya Dmitrievna.
Na 'n sekere periode besluit Hadji Murat uit desperasie om te ontsnap en sy gesin alleen te gaan red, as hulle nog lewe - hy kruip in die middel van die nag uit, steel 'n perd en verdwyn.
Die volgende aand sit Marya op haar voorstoep wanneer haar kêrel, Kamenev, op sy perd voor haar huis stop.
‘Shall I show you the latest, then? You won’t be frightened?’ he said, turning to Marya Dmitrievna.
‘What is there to be afraid of?’ said Marya Dmitrievna.
‘There you are then,’ said Kamenev and he pulled out a man’s head and held it up in the moonlight. ‘Do you recognize him?’
It was a shaven head, with prominent bulges of the skull over the eyes, trimmed black beard and clipped mustache; one eye was open, the other half-closed; the shaven skull was split and hacked about and the nose covered with black clotted blood. The neck was wrapped in a bloody towel. Despite all the wounds on the head, there was in the set of the now blue lips a childish, good-natured expression.
Dit was Hadji Murat. Tolstoy vertel dan die storie van sy desperate vlug en sy onafwendbare dood aan die hand van die Kosakke, lank voor hy nog by sy gesin kon uitkom.
En die heel laaste woorde van hierdie groot skrywer, is eenvoudig
This was the death that was brought to my mind by the crushed thistle in the ploughed field.
Etikette
- afrikaans
- amerika
- antiek
- boeke
- breytenbach
- comics
- Dostoyevsky
- drama
- engelse
- Eugene Marais
- filosofie
- flieks
- gedigte
- geskiedenis
- godsdiens
- grieke
- HG Wells
- horror
- Jans Rautenbach
- Karen Blixen
- kuns
- musiek
- Nietzsche
- opera
- Opperman
- politiek
- russe
- scifi
- Scorsese
- Shakespeare
- Tarkovsky
- Tolstoy
- van Wyk Louw
- Wagner
Dinsdag, April 26, 2005
Teken in op:
Plaas opmerkings
(
Atom
)
Goeie genugtig! Nog nooit van hierdie verhaal gehoor nie, en wat 'n wending van sake. U het dit goed oorgebring Mnr Rautenbach, ek het dit glad nie sien kom nie. En ek wonder: gaan dit oor die lewe of gaan dit oor die skryfproses of gaan dit oor die verruklike verwarring tussen die twee? Waar eindig die dissel en waar begin die dood so met Hadji Murat en sy lot so tussen in? Met Russe, Turke, Moslems, weermagkampe, onthoofdings, en wat nog meer so op die voorblaaie in hierdie dae, kan mens hierdie verhaal dalk met groot vrug weer lees.
AntwoordVee uit