Vrydag, April 29, 2005

Werther

"Die leiding van jong Werther" (oy!) was die boek wat Goethe op die map gesit en die romantiese "storm en drang" geslag in Europa geskep het. (Vroeg 19de eeu)

Werther was 'n vloedgolf van 'n sukses op sy dag, voorgelees, bestry, gedramatiseer en ver-opera - maar vandag is dit 'n gaslose Coca Cola; 'n les vir die popkultuur: die tweede Bar-One proe nooit so lekker soos die eerste Bar-One nie.

Werther is die derde wiel in die huwelik van Charlotte en Albert; eers wanneer hy uiteindelik die handdoek ingooi en selfmoord pleeg besef Charlotte waar haar hart lĂȘ (en dat dit SY was wat vir hom die pistole geleen het waarmee hy wou duiwe skiet).

Goethe se gebruik van die natuur - storms en sneeu en reen en wind - om die drama te onderstreep, was deur die loop van die jare deur sy nabootsers uit die letterkunde verwyder as te hokey.

Vir my is dit al wat lekker en verrassend is - ten minste iets om van vooraf te ervaar.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking