Die ou Duitse filosoof Immanual Kant het ‘n ding geformuleer wat hy die “kategoriese imperatief” genoem het. Hoge woorde, maar dit was gewoon net ‘n toets wat almal kon gebruik om te besluit of wat-jy-op-daardie-oomblik-doen reg of verkeerd is. Die toets is: As almal op aarde toegelaat word om dieselfde ding te doen, of op dieselfde manier te handel, sou die resultaat wenslik wees? Kant het geglo dat alle moraliteit uit die kategoriese imperatief afgelei kon word, en meeste mense stem instinktief saam.
Nietzsche se kop het heeltemal anders gewerk. Behalwe dat ons almal soos mekaar lyk, is die mensdom nie ‘n eenheid in enige opsig nie, het hy gesê – ons deel geen gemeenskaplike doel nie, ons het geen gemeenskaplike ma en pa nie, waarom sou ons almal op dieselfde manier geoordeel word?
As Kant se reel gevolg sou word sou ons elke keer geëindig het met wat hy noem “slawemoraliteit” - altruisme. Voor jy aan jouself dink, dink aan ander mense, dink aan die gemeenskap, dink aan die aardbol.
Dis oraait vir meeste mense meeste van die tyd, maar hy wou vir ‘n deel van die mensdom die teenoorgestelde voorstel: “meestermoraliteit” – ‘n lewe met wilskrag en kreatiwiteit as die hoogste waardes. Vir Nietzsche gaan die lewe oor skepping. En skepping kom net uit jouself en uit wilskrag. Dit is onmoontlik vir die altruis om te skep vir ander – “jy kan net swanger wees met jou EIE baba”. Slawemoraliteit het vir Nietzsche die einde van hoop beteken: die einde van kuns en wetenskap, geen verdere ontdekking, maak vrede met die hede en sterf.
Voor jy aan ander mense dink, DINK EERS AAN JOUSELF. Word ‘n mens: hy wat nie glo in homself, lieg! Liefde en opoffering kom uit die “oorstroming” van jouself.
Nietzsche het geglo dat die era van GOD uiteindelik verby was en het op elke moontlike manier vir mense probeer sê: GOD IS DOOD, HOERA!, julle is vry, alles op aarde is moontlik!
Maar eers moes die mens van tweeduisend jaar se slawemoraliteit ontslae raak.
Die lewe is ‘n wilskrag vir ‘n lewensdoel BINNE JOUSELF. Godsdiens was ‘n paradigma waar JY geen wil het nie – “laat U WIL geskiet”. Geloof, sê Nietzsche, is die eeueoue substitiet vir wilskrag.
In sy latere werk gebruik Nietzsche die woord “dekadent” vir alles wat volgens hom “willoos” is. Christendom is die ergste vorm van dekadensie; hy het ‘n lewenslange tirade daarteen gevoer, eindigende in sy briljante boek “Die Anti-Chris”. Nietzsche skryf dat daar in die hele geskiedenis net een Christen was - en hy het gesterf aan die kruis. Sy opvolgers en die kerk het sy lewe onmiddelik ongedaan gemaak.
1) Christus het gekom om ons van sonde te verlos – maar moenie dink die Kerk het hom daarmee laat wegkom nie, inteendeel – ewe skielik is daar ‘n duiwel en ‘n hel as jy nie maak presies soos hulle sê nie!
2) Christus se hoop was, soos ‘n tweede Buddha, om die pad na innerlike vrede vir mense te wys: altruisme, non-resistance of evil, etc. Paules (die objek v Nietzsche se haat) vernietig dit alles met ‘n snertstorie van Jesus se “opstanding” en “wederkoms”, net sodat hy HOMSELF en sy kerk in die posisie van regters en mag kan skuif.
Nietzsche vergelyk die twee “dekadente” gelowe: Christendom en Boedhisme en sê uiteindelik: Boedhisme belowe niks (geen hemel, geen God wat jou bystaan) maar deliver als; Christendom belowe als en deliver niks.
In die “Genealogy of Morals” skryf hy oor die moontlike oorsprong van moraliteit en spekuleer dat daar iets kon gebeur het soos volg.
Uitruiling van goedere lei tot -> debiteure en krediteure, lei tot -> verpligtings aan jou medemens, lei tot -> verpligtings van kinders aan ouers, lei tot -> verpligtings van hierdie geslag aan die vorige geslag, lei tot -> verpligtings aan die verlede wat uiteindelik ‘n onaanraakbare “God” word.
Die pad vorentoe?
Nietzsche praat van ‘n groot oomblik wat kom, ‘n “tipping point” – ‘n oomblik van vorentoe kyk en terugkyk waar die mensdom sal besef dat God vir altyd verby is en net die “Supermens” voorlê – die mens wat volle verantwoordelikheid vir sy lewe neem.
In “Also Spracht Zarathustra” beskryf Zarathustra dit as drie fases van groei van mens na Supermens – die kameel, die leeu, die kind.
Die moraliteit van die kameel is die moraliteit van “swaardrae”. Van sin vind in suffering, die uitvoering en balansering van duisende jare se oorge-erfde verpligtings en kondisionering.
Die transformasie na die leeu gebeur wanneer die kameel uiteindelik besef dat DIT NIE SO HOEF TE WEES NIE en iets daaraan doen. Die leeu is die fase waarin laste, die moraliteit en die verlede verskeur en verwilder word.
En dan, siel-alleen, word ons herbore as kinders, met onskuld, waar ons die aarde om ons, die paaie en die moontlikhede vir die eerste keer sien.
Die leeu is die "heilige NEE!" en die kind is die "heilige JA!".
As ek alles in ‘n neutedop moes sit, is dit die hierdie quote uit die “Gay Science”.
What makes one heroic?
-Going out to meet at the same time one's highest suffering and one's highest hope.
In what do you believe?
-In this, that the weights of all things must be determined anew.
What does your conscience say?
-"You shall become the person you are."
Where are your greatest dangers?
-In pity.
What do you love in others?
-My hopes.
Whom do you call bad?
-Those who always want to put to shame.
What do you consider most humane?
-To spare someone shame.
What is the seal of liberation?
-No longer being ashamed in front of oneself.
[Mei 8, 2005]
Etikette
- afrikaans
- amerika
- antiek
- boeke
- breytenbach
- comics
- Dostoyevsky
- drama
- engelse
- Eugene Marais
- filosofie
- flieks
- gedigte
- geskiedenis
- godsdiens
- grieke
- HG Wells
- horror
- Jans Rautenbach
- Karen Blixen
- kuns
- musiek
- Nietzsche
- opera
- Opperman
- politiek
- russe
- scifi
- Scorsese
- Shakespeare
- Tarkovsky
- Tolstoy
- van Wyk Louw
- Wagner
Sondag, Mei 08, 2005
Teken in op:
Plaas opmerkings
(
Atom
)
Op die oomblik lees ek The Man Who Was Thursday van G.K. Chesterton. Chesterton is interesant omdat hy daardie godelose vryheid van die mens, wat Nietzsche voorstaan ook binne die teologie toelaat, sodat nie net die mens van god vry word nie maar dat god van homself ook vry word.
AntwoordVee uitOm hierdie idee te volg; is dit net 'n Christen wat waarlik 'n ateïs kan wees en daarom net 'n Christen wat waarlik die supermens kan wees.
Hier is 'n baie lang Chesterton aanhaling, ek hoop dit is tenminste 'n bietjie interessant:
“That a good man may have his back to the wall is no more than we knew already, but that God could have His back to the wall is a boast for all insurgents forever. Christianity is the only religion on earth that has felt that omnipotence made God incomplete. Christianity alone felt that God, to be wholly God, must have been a rebel as well as a king. Alone of all creeds, Christianity has added courage to the virtues of the Creator. For the only courage worth calling courage must necessarily mean that the soul passes a breaking point -- and does not break. In this indeed I approach a matter more dark and awful than it is easy to discuss; and I apologize in advance if any of my phrases fall wrong or seem irreverent touching a matter which the greatest saints and thinkers have justly feared to approach. But in the terrific tale of the Passion there is a distinct emotional suggestion that the author of all things (in some unthinkable way) went not only through agony, but through doubt. It is written, "Thou shalt not tempt the Lord thy God." No; but the Lord thy God may tempt Himself; and it seems as if this was what happened in Gethsemane. In a garden Satan tempted man: and in a garden God tempted God. He passed in some superhuman manner through our human horror of pessimism. When the world shook and the sun was wiped out of heaven, it was not at the crucifixion, but at the cry from the cross: the cry which confessed that God was forsaken of God. And now let the revolutionists choose a creed from all the creeds and a god from all the gods of the world, carefully weighing all the gods of inevitable recurrence and of unalterable power. They will not find another god who has himself been in revolt. Nay (the matter grows too difficult for human speech), but let the atheists themselves choose a god. They will find only one divinity who ever uttered their isolation; only one religion in which God seemed for an instant to be an atheist.”
:)
AntwoordVee uithttp://afrikaansinleipzig.wordpress.com/2013/07/14/friedrich-nietzsche-so-spreek-saratoestra/
Ek wil graag Gillepsie, M.A. & Strong, T. B (1988) se Nietzsche’s New Seas. Explorations in Philosophy, Aesthetics, and Politics (Chicago: University of Chicago Press) aanbeveel vir enige iemand wat Nietzsche van hier af verder wil ondersoek. Dit is gevorderde leesstof, maar met geduld is dit 'n absolute vonds volgens my.
AntwoordVee uitRe Nietzsche's New Seas hou ek veral van die volgende paragraaf in Gillepsie (1988:144) se opstel "Nietzsche's Musical Politics" - dit vertel iets van hoe kontradiksie en harmonie hand-aan-hand gaan, mekaar daarstel, oprig, hand-haaf:
AntwoordVee uit"The Pythagoreans in Nietzsche's view provided the basis for the reconciliation of philosophy and music, of Apollo the god of measure and Dionysus the god of ecstasy, by demonstrating the mathematical basis of tonality and the musical basis of mathematics. They were thus able to transform all qualitative differences, that is, all contradictions and dissonances, into quantitative differences and consequently could conceive of the world with all its contradictions and dissonances as a fundamentally rational and harmonious musical-mathematical composition. In their view, "The entire essence of the world whose image was music, although played on only one string, might be experienced purely in numbers." However, this does not dispose of the contradictions. On the contrary - it is precisely the maintenance of the contradictions that is necessary to harmony. The world harmony is thus "the unity of the manifold and the harmony of conflicting positions. If contradiction is elemental in everything, then harmony is in everything too." As Nietzsche himself points out, however, this is nothing other than the doctrine of Heraclitus."
Vuur, passie, magte wat kragte meet bly die meetstaf - gelyktydig lewe en dood.
"What is the seal of liberation?
- No longer being ashamed in front of oneself."
Moenie moraliseer nie, kyk die gekheid van die noodwendigheid van kontradiksie in die gesig - as ek dit in terme van motief van Levinas (bekend vir sy nosie van vis-a-vis) mag stel - oftewel, soos u dit stel, met "die kind [se] "heilige JA!".
Ek dog u mag dalk geinteresseerd wees in hierdie blog, Mnr Rautenbach - daardie "Liefde en opoffering kom uit die “oorstroming” van jouself" laat my dink aan die buitensporigheid wat die monster kenmerk, wat dit 'n species van 'n nie-species maak: https://circumfession.wordpress.com/2014/11/06/metaphor-monstrosity-demonstration/
AntwoordVee uit