Woensdag, Oktober 17, 2012

A Long Day's Journey Into Night

Katherine Hepburn in die 1962 fliek
In 1941, op die hoogtepunt van sy sukses, het Eugene O'Neill 'n drama geskryf en in escrow laat toesluit met streng instruksies dat dit eers 25 jaar na sy dood oopgemaak mag word. 

O'Neill het reeds die Nobel-prys gewen, maar hy het voorspel dat dit sy meesterstuk sal wees en verder niks daaroor gesĂȘ vir die laaste dekade van sy lewe nie. Dit was te persoonlik.

Na sy dood het die professore se vingers gejik om te sien wat hy weggesteek het. 25 jaar was te lank om te wag. Sy 3de vrou Carlotta, die erfgenaam van sy boedel, het die regte daarvan aan Yale Universiteit verkoop en - teen O'Neill se instruksies - is die manuskrip in 1956, 3 jaar na sy dood, oopgemaak.

Daarin is ‘n drama ontdek met die naam A Long Day's Journey Into Night.

Dit was nie O'Neill se laaste toneelstuk nie, hy het heelwat daarna geskryf en een daarvan - A Moon for the Misbegotten - is 'n sequel vir Long Day, dieselfde karakter (Jim Tyrone) later in sy lewe.

Maar sy voorspelling het waar geword: Long Day het die Pulitizer prys na-doods gewen en sy mees bekroonde stuk geword, waarskynlik die mees bekroonde Amerikaanse drama en die ultimate "speelgeleendheid", vir al vir vroue akteurs.

Wees gewaarsku: dis pure praat en pyn en niks anders nie.

Die titel is tipies poetiese Eugene O'Neill. Dit verwys na 'n lewe - the sickness unto death - maar ook na een dag in een huis, van die oggend tot middernag.

Dit is 'n pa en ma en hul twee volwasse seuns - al vier is gekrippel met verwyte, spyt en teleurstelling. Ou koeie word uit die sloot gehaal, en verwyte oor en weer.

Wat Long Day spesiaal maak is die rol van Mary Tyrone, die ma. Sy is getroud vir baie jare met ‘n grootbek (maar nou has-been) teater akteur – James Tyrone. Deur die loop van tyd het sy ‘n dwelm verslaafde geword, om haar te help “om haar siel te roep” tussen al die pyn en chaos rondom haar.

Daar is ‘n hartverskeurende middelpunt in die drama wanneer sy aan haar siek seun beken dat eendag, lank terug alles skielik opgehou het.

Haar siel het nie meer gekom wanneer sy geroep het nie.

I've never understood anything about it, except that one day long ago I found I could no longer call my soul my own. But some day, dear, I will find it again-some day when you're all well, and I see you healthy and happy and successful, and I don't have to feel guilty any more-some day when the Blessed Virgin Mary forgives me
Die toneelstuk eindig terwyl sy in ‘n beswyming vertel, met haar gesin wat in stilte aankyk, hoedat sy as kind ‘n visie van die Blessed Virgin Mary gesien het.

Sy het dadelik na die Mother Superior gegaan en gevra om vir die res van haar lewe as ‘n non opgeneem te word.

Die Mother Superior het na haar visie geluister maar gevra dat sy eers uit die skool uit gaan en een jaar in die wereld lewe as ‘n normale tiener meisie en daarna terugkom.

Daarna kon sy ‘n non word.

Mary was tot haar wortels toe geskok dat die Mother Superior haar so ligtelik opneem, maar het besluit om haar te wys: sy sou die jaar uit wag en weer terugkeer om haar roeping te voltooi.

And then- something happened, but I can't quite remember what.

Sy dink – en dan onthou sy

Oh,yes. I fell in love with James Tyrone, and I was quite happy for a time

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking