Vrydag, Oktober 19, 2012

Eugene Marais

Met Katinka se fliek "Die Wonderwerker" wat op die oomblik wys, dink ek weer aan Eugene Marais. Ek is nie 'n groot kenner nie, maar ek wil elkgeval sê wat hy vir my beteken, ten minste die gedigte.

As kind is ons geleer dat Eugene Marais "Winternag" geskryf het en dat dit die eerste "werklike" gedig in Afrikaans was.

O Koud is die windjie en skraal 
En blink in die doflig en kaal...

Eugene Marais was hiermee die vader van Afrikaanse digkuns.

Winternag het my nooit veel gegryp nie, Wat in my kop vas gesteek het was

O Diep Rivier, O Donker stroom, 
hoe lank het ek gewag, hoe lank gedroom..

Whoa - dit het my verbeelding aangegryp.

'n Paar jaar terug het ek gelees deur NP van Wyk Louw se gedigte. Terwyl ek gelees het het ek gewag vir iets soos Diep Rivier

Die lem van liefde wroegend in my hart
In jou omhelsing eindig al my smart

Tot my verbasing het ek dit nooit gekry nie. NP van Wyk Louw kan aangaan en aangaan oor O God U donker dit en U hoge dat - maar daar is in werklikheid nie die gevoel van diep ervaring nie, iets wonderliks wat raakgesien is en van binne uitbars nie.

Die Groot Verlange wat my nooit verlaat

Nou, asseblief - NP van Wyk Louw is 'n BRILJANTE digter. Hy is die tzar van 5 woorde bymekaarsit sodat dit na 'n miljoen dollars klink.

Kruger breek die pad oop...

Die pluimsaad waai ver...

Hoe gly ons mas se punt met die sterre langs...

O Wye en Droewe land...

Uit stof en stof-in-tyd is ons gemaak...

Miskien ook sal ons sterwe...

en derduisende ander.

Die gewig hang onmiddelik aan die woorde, nog voor jy weet wat aangang en waarheen dit gaan lei.

[Louw se mees persoonlike, beste gedig is op bladsy een van sy heel eerste bundel: "Grense" - my naakte siel wil sonder skrome in alle eenvoud na jou gaan...]

Eugene Marais - op sy beste - is die teenoorgestelde. Waar hy die gawe gekry het weet nugter alleen: van die boesmans, die bobbejane, die miere, die meisies; en of hy dit ge-fake of gesteel het?

Ek weet nie.

Hy ervaar iets - en vind die woorde daarvoor.

Hy staan in 'n hospitaal vir gestremde kinders, en sê

Is daar nog trane?
Is daar nog bly gelag?

Slaan my so dood soos 'n mossie - dis mos ongelooflik.

In die "Dans van die Reen" beskryf hy

Die grootwild jaag uit die vlakte
hulle dam op die bulttop
wyd rek hulle die neusgate
en hulle sluk die wind
en hulle buk, om haar fyn spore in die sand te sien

elke lyn hiervan gee my koue rillings, ek sien dit voor my, ek lag aan die binnekant - natuurlik!

My mees geliefde Afrikaanse gedig is

Wat word van die meisie wat altyd alleen bly?
Sy wag nie meer vir die koms van die jagters nie;
sy maak nie meer die vuur van swart doringhout nie.
Die wind waai verby haar ore
sy hoor nie meer die danslied nie
Die stem van die storieverteller is dood
Geeneen roep haar van ver nie
om mooi woorde te praat
Sy hoor net die stem van die wind alleen
en die wind treur altyd
om hy alleen is.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking