Sondag, Augustus 16, 2015

Die Masjien Stop

Toe EM Forster se storie The Machine Stops in 1909 gepubliseer is, was die heel eerste radiostasies en bioskope besig om op die been te kom. Televisie en rekenaars was nog dekades in die toekoms. Maar hierdie visioenere storie kyk vêr verby dit alles na iets waaroor niemand kon droom nie: die Internet, Facebook en WhatsApp.

En, ek dink, dit tas na a thing without a name wat net agter sosiale media lê.

Dit is absoluut verstommend. Net so verbasend vir my is feit dat Forster die tegnologiese sensasie van sy dag - vliegtuie - ignoreer as irrelevant vir die toekoms.

Dit gaan oor 'n distopiese wereld waar die aarde onbewoonbaar word en die mensdom ondergrond trek. Die ganse aardbol word eenvormig ondergronds ontwikkel, wat die behoefte na reis heeltemal laat kwyn. What was the good of going to Peking when it was just like Shrewsbury? Why return to Shrewsbury when it would all be like Peking?

Miskien omdat die mense op een plek lekkerder is as 'n ander? Nee - omdat mense nie meer met mekaar in lewende lywe omgang nie - maar elektronies - via die masjien.

Almal woon in klein ondergrondse woonstelle en gesels met mekaar via boodskappe deur die masjien - hier of aan die ander kant van die wereld - dit maak nie saak nie. Klink bekend?

Lewenslange vriende, oor die algemeen, het mekaar nog nooit van aangesig tot aangesig gesien nie.

Anders as die gewone toekoms storie waar die mensdom onderdruk word deur 'n bose mag, is hier geen onderdrukking nie: mense is vry om met mekaar te kommunikeer - maar doen dit nie in die vlees nie.

Die twee hoofkarakters is ma en seun - Kuno en Vashti - wat soos almal met boodskappe kommunikeer. Eendag besluit die seun, Kuno - om ruimte te probeer verstaan. Wat is naby en wat is ver?

Die mensdom, besef hy, het heeltemal hul gevoel vir ruimte verloor. Hy loop deur die byekorf van woonstelle, vlak bo vlak - en hierdie lang stap oortuig hom dat menswees gaan oor direkte sensasie - om iets werklik te sien met jou oog en te voel met jou vingers - nie 'n foto of 'n opname nie of 'n stem deur 'n buis nie.

Man is the measure of all things het die Grieke gesê, maar sonder om ruimte te verstaan, wat is 'n mens?

Na 'n kortstondige rebellie waar hy probeer deurbreek tot die oppervlak - net om dit met sy eie oë te sien - eindig hy terug in sy kamer.

I was surrounded by artificial air, artificial light, artificial peace.

Maar dan, stuk vir stuk, begin die masjien breek - eers die sleeping apparatus, die euphenasia apparatus en uiteindelik die kommunikasie meganisme.

En dan skielik is daar iets wat die mensdom (soos ruimte) glad nie meer ken nie: stilte.

She had never known silence, and the coming of it nearly killed her - it did kill many thousands of people outright. Ever since her birth she had been surrounded by the steady hum. It was to the ear what artificial air was to the lungs, and agonizing pains shot across her head.

Sonder die masjien verval die mensdom in totale anargie, maar tussendeur soek en vind ma en seun mekaar - en in die donkerte, net voordat hulle sterf, kan hulle sê

I am dying - but we touch, we talk, not through the Machine.

3 opmerkings :

  1. Vanuit die perspektief van Jacques Derrida se teks “Che cos’è la poesia?” (“Wat is poësie?”) is daar “niks buite(n) masjiene nie” – om sy bekende stelling il n'y a pas de hors-texte ietwat (on)verantwoordelik te vertaal. Soos hy in hierdie teks duidelik maak, verkies hy om van die poëmatiese te praat eerder as van die poëtiese (poeisis gemaakte ding).

    Hoekom?

    Omdat poësie VIR HOM nie iets is wat gemaak is nie, maar eerder outomaties GEBEUR, of sou moes gebeur het. Byna soos hoe ’n goed ge-oliede MAsjien – of die liefde – dinge maak/laat gebeur. INDERDAAD ook nie heeltemal vanself nie – dit masjien “never moves by itself ” (Derrida 1995, p. 299). Wat outomaties/logies MOET GEBEUR (d.i. die dekonstruktiwe gebeurtenis – wat ’n hartroerende affêre is as jy dit kan raaksien) is afhanklik van waarneming om te KAN GEBEUR. Soos ’n outomatiese masjien wat by sigself werk EN nie by sigself werk nie – dit het ’n handjie nodig om dit aan te skakel, instand te hou, aan die gang te hou …

    Die masjien lê dus – het dus daar gelê – en wag, dit “wys [sig] gesig vir die wêreld” (Stockenström), dit “is aangewese op my goedheid. /Wawyd wakker, maar weerloos” (Stockenström), “’n Mens sou dink [dit] is gedwee” (Stockenström), maar dit is nie – as mens dit raaksien, word jy tot in jou fondasie geskud. (Die dekonstruktiewe gebeurtenis is uiters enigmaties, onrusbarend, dodelik snaaks, moeilik om oor te praat, elkeen kan dit na regte net vir hom/haarself raaksien/ervaar, terloops.)

    Om terug te kom by “The Machine Stops” – daar is dus anargie IN die (outomatiese) masjien. (Vergelyk Heidegger rakende sy kategorieë van ready-to-hand (zuhanden), present-at-hand (vorhanden), unready-to-hand gereedskap (“tools”, Zeug). Gereedskap kan breek, verlore raak, misplaas word, ens. – dit moet dus onderhou word.)

    Soos u juis ook skryf, toe die ma en seun mekaar vind daar in die chaos, toe “kan hulle sê: I am dying - but we touch, we talk, […]. ” Hulle PRAAT WEER/nogsteeds, nou net deur die VLEESLIKE masjien, die vlees-en-bloed masjien.

    AntwoordVee uit
  2. (Ek vervolg hier vanaf die vorige kommentaar)

    Sarah Wood (2011) herinner mens aan Derrida wat die word poématique by die dramaturg Antonin Artaud (bekend vir sy “Teater van Wreedheid”) geleen het. Artaud het die Griekse morfeem -ema wat bloed beteken (in Frans sang, gespel soos die Engelse verlede tyd van sing – sang) in die Franse woord “poème” ingevou het. Soos Wood verduidelik, Artaud “([…] doesn’t want to chant verse syllable by syllable in assonant or consonant singsong, he wants writing that bleeds, lives, flows, pohaemorrages.) Artaud’s sentences wrest themselves from French and at the same time they are untranslatable. You can’t get them out of French, like a stain. Poetry is everywhere, all over Artaud’s letter to Parisot, and already all over what he calls ‘the poematics of the real supersaturated with blood.’ He stutters furiously over the finicking formalistic bourgeois notion of Poetry: […]”.

    “Blood will out” soos Wood sê “the English proverb says”, want: “It is a matter of containing the uncontainable in some poem”, of masjien, “that continues to refuse to be held in any but writing hands. There is a drama of the signifier and it must be played to time, in the time and the scene of writing and as honestly as possible.”

    Die masjien is dus (on)stopbaar, want waar begin en eindig die masjien? Die gebeurtenis wat Derrida probeer aan die lig bring het - en wat so moeilik is om oor te praat en wat vir hom soos poësie is en wat hy poëmaties noem omdat dit moet/sou moes gebeur het - gebeur letterlik en konkreet oral …

    Hier is ons, waar kom ons vandaan, wat soek ons hier? Is ons/die mens nie ‘n gebeurtenis par excellence nie? (Die teks waarvan Derrida praat moet verstaan word as teks in die algemeen – die univers is ‘n teks … ons lees/interpreteer dit, soos die weer. Iets is net as dit waargeneem word … die univers was nog altyd daar … maar dit is nie waargeneem voor die mens dit waargeneem het nie, dit was betekenisloos … dit was niks, en nou is dit iets … wat is dit?

    So, solank as wat daar menslike bloed en bewussyn is, sal daar op een of ander manier geskryf [moet en wil] word, of dit nou met lywe of letters is – waar trek mens immers dan ook die grens tussen die twee? Mens kan mos ook sê: Wat is fisiese liefde sonder liefdesbriewe, sonder verklarings/uitings/ kreune van liefde?

    In die lig van die woorde “but we touch, we talk” is Derrida se teks On Touching natuurlik ook ter saaklik (wat ek net indirek ken - vir een of ander rede kom ek nie daarby uit nie … ) J. Hillis Miller skryf in For Derrida (2009, p. 262) met verwysing hierna: “unaided hand touching its own other hand or the hand of another, touching oneself touching the other, se toucher toi, … ”

    Wat kom eerste (hoender- of eiergewys)? (Die) Ek of aanraking?

    “Waarvan leef mense? Van [die liefde(swoorde/dade)] van ander mense”.

    Ubuntu?

    Op pagina 322 stel Miller dit ook pragtig reguit: “touching myself touching you”, [...] Since self-touching is death, only my openness to the other keeps me alive, holds off death.”

    AntwoordVee uit
  3. (Laaste deel van my kommentaar)

    Hierdie “ander” kan dan natuurlik enige iets anders wees, vanaf die masjien tot ander mense tot die ander IN MY self.

    Ek stop myself nou eers hier, want soos dit duidelik behoort te wees, u het my hier op ’n delirieuse onstopbare dis-koers aan die gang gesit (my in ’n sekere masjien ver-ander?!) Ek hoop u kan my die oordaad - en moontlike dowwe kolle - vergewe al is dit eintlik u skuld dat ek myself so te buite gaan. (Soos Derrida ook sê, of meer presies, die logika daarvan ontbloot: mens kan net die onvergeefbare vergewe - die vergifnis van die vergeefbare is nie suiwer vergifnis nie.)

    Sien uit na u volgende blog – hou die blinkkant van u blogmasjien bo.

    AntwoordVee uit