Nie dieselfde mens nie? Goed dan, hoeveel lyk hulle na mekaar - of hoe veel sou hulle na mekaar kon lyk?
Hierdie vraag was die basis van 'n 1930s roman deur Vladimir Nabokov - Despair - wat later verfilm is.
Die held, Herman Herman, is (soos Nabokov self in daardie tyd) 'n Russiese vlugteling van Stalin wat in Oos-Europa beland tydens die opkoms van die Nazis - van die pan af in die vuur in.
In Praag sien hy 'n werklose boemelaar wat (behalwe vir sy gehawende toestand) op 'n haardruppel soos hy self lyk.
Hy bevriend hierdie boelemaar - wat hoegenaamd nie die ooreenkoms kan sien nie - en probeer hom oortuig dat hulle saam die perfekte bankroof kan pleeg - omdat die een die alibi vir die ander een kan wees.
Herman se grootste struikelblok is om sy kameraad te oortuig dat hulle in werklikheid genoeg na mekaar kan lyk om so 'n verneukery suksesvol te maak. Die dringendheid hiervan is die opkoms van jy-weet-wie en die desperate situasie waarin Herman homself vind - hy moet geld kry om hier weg te kom.
Wat my van hierdie verhaal gryp is dat dit selfbeeld en self-illusie so pragtig illustreer: Herman is oortuig daarvan (sy selfbeeld) dat ander mense hierdie boemelaar sien as hulle na hom kyk.
Die boemelaar kan nie vir een oomblik dink dat die goeie burgers van Praag hom - skuim van die aarde - vir hierdie gegoede weirdo kan verwar nie.
Wie is reg?
In Fassbinder en Tom Stoppard se fliek-weergawe van die storie is dit die raaisel waaroor die gehoor die hele tyd wonder terwyl jy na die twee mans kyk.
Kyk mooi - wie is reg?
Met die geld wat Herman belowe kry hy die boemelaar om in te stem tot sy transformasie. Sy hare word geknip, sy baard geskeer, die vingernaels skoongemaak en klere omgeruil. Alles is gereed vir die groot bankroof.
Maar Herman het nog 'n geheim: daar gaan geen bankroof wees nie. Hy en sy vrou is van plan om die boemelaar te vermoor sodat sy die lewenspolis op Herman se lewe kan inkeer - en met hierdie geld gaan hulle ontsnap na Amerika.
So, wanneer sy Doppelganger gereed is, haal Herman 'n rewolwer uit, vermoor hom, sit sy beursie en identifikasie in die dooie boemelaar se sak - en verdwyn.
Soos vooraf bespreek, meld sy histeriese vrou sy verdwyning by die polisie aan, en 'n paar dae later daag 'n inspekteur met slegte nuus by haar huis op.
Hulle het die lyk gevind van 'n man wat haar man se identifikasie op hom gehad het, sĂȘ hy.
"Dis my man!" skreeu sy - maar die inspekteur kalmeer haar.
"Nee, dis nie jou man nie"
"Hoe weet jy dis nie hy nie?"
"Daar is geen ooreenkoms tussen hom en die foto van jou man nie - hulle lyk glad nie dieselfde nie".
Herman se vrou het nooit tevore die boemelaar gesien nie, maar daar is geen manier hoe sy die polisie gaan oortuig daarvan dat dit dieselfde mens is wat op haar bedkassie se fotos staan nie.
Die perfekte misdaad val onmiddelik uitmekaar omdat die ooreenkoms uit wanhoop gebore is - dit was nooit daar nie.
Aan die buitekant het Herman die boemelaar transformeer om soos hy te lyk - maar aan die binnekant het sy eie siel transformeer in 'n wanhopige boemelaar sn.
Dankie! Gaan dadelik die film soek ...
AntwoordVee uit