Donderdag, Julie 02, 2015

The Rules of the Game

The Rules of the Game is 'n ou Franse fliek. Dit gaan op die oog af oor 'n groep ryk Franse paartjies se doings en screwings oor 'n naweek op hul country estate, reg aan die begin van WW2.

In parallel wys die fliek ook die lewe van die bediendes op die landgoed.

Dis twee aparte stel intriges wat hulself uitspeel.

In sy WW1 fliek The Grand Illusion het Renoir probeer wys dat die adel-klasse tussen vyande (Franse en Duitsers) meer in gemeen met mekaar het as ryk en arm Franse, wat aan dieselfde kant veg.

Maar hier is geen klassestryd nie.

Die bediendes (veral Lysette, die diensmeisie van Madame Christine) leef hulle in die geheim uit in die lewens van die ryk mense vir wie hulle werk. Wanneer hulle skinder kies elke bediende heftig die kant van sy/haar meester.

Lysette is baie dieper verbind aan Madame as aan haar eie familie.

Wat ek altyd interessant gevind het van The Rules of the Game is dit: die arm mense leef hul uit in die glorie van die ryk mense - net so leef ons, die gehoor, ons uit in die lewens van die sterre op die silwerdoek.

Ons het daardie tone-in-die-droomwereld nodig, om kans te sien vir die gewone lewe, dis die reels van die spel...

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking