Dinsdag, Junie 30, 2015

Die Krimpvark en die Jakkals

Die ou Griekse digter Archilochus het 'n gesegde gehad: die jakkals het baie dinge gesien, maar die krimpvarkie weet een groot ding.

Baie eeue later het die Isaiah Berlin 'n opstel geskryf met die naam The Hedgehog and the Fox.

Dit was oor baie dinge, maar uiteindelik 'n studie van die groot skrywer (is daar 'n groter een?) - Leo Tolstoy.

Ek self het al vele kere op my blog oor Tolstoy geskryf (War & Peace, Hadji Murat, Wat is Kuns? ens). Beroemd, briljant, aanbid, suksesvol verby enige iemand se drome - maar wat het dit hom gebaat?

Hy het 'n self-hater geword - eers alles oor homself verwerp, insluitende sy boeke - en daarna feitlik die hele Westerse Canon van letterkunde, Shakespeare inkluis.

Berlin het hierdie kontradiksie probeer verklaar.

Om die kloutjie by die oor te kry het hy begin deur te sê dat daar is twee soort skrywers, denkers, en mense in die algemeen is

1. Mense wat op 'n stadium van hulle lewe een groot gedagte inneem, daaraan vasklou, en alles deur daardie lens bekyk. [Die krimpvarkie]. Vir hierdie mense is hulle een groot insig 'n bron van antwoorde, vervulling en 'n beskerming teen die kompleksiteit van alles daar buite.

2. Mense wat rondsnuffel aan elke nuwe ding, plesier in alles put maar aanhou glo dat daar iewers iets met meer vervulling is - on to the next one. [Die jakkals]. Vir hierdie mense is verskeidenheid en vryheid die sous van die lewe.

Vir Berlin was Dante, Dostoyevsky en Proust voorbeelde van die Krimpvarkie - en Shakespeare, Goethe en James Joyce voorbeelde van die Jakkals.

Ek sou sê Mozart was 'n Jakkals en Beethoven 'n Krimpvarkie.

Nietzsche ('n krimpvarkie) het altyd met groot venyn gepraat van "mense wat kielierig is". Die geringste nuwe gier veroorsaak twyfel en 'n fladder in hul hoenderhok.

Neem, daarenteen, 'n Krimpvark soos Woody Allen - die wereld het rondom hom verander, maar sy flieks begin nogsteeds met dieselfde musiek uit sy pa en ma se dae.

So wat was Tolstoy - waaroor die hele ding gaan?

Berlin sê dat Tolstoy 'n Jakkals was wat gewens het dat hy 'n Krimpvarkie kon wees.

Tolstoy's talents are those of a fox, his beliefs are that one ought to be a hedgehog,

Hierdie innerlike spanning was vir Tolstoy net so erg soos vir Bradley Manning of Bruce Jenner vandag - vrouens geestelik in die liggame van mans.

Tolstoy was 'n aristokraat, onderdrukker, 'n soldaat, 'n rondslaper, drinker, jagter, skrywer en sondaar - al hierdie dinge het sy groot stories gevoed. Maar in sy hart het hy het gewens hy kon net 'n monnik wees.

'n Mens is wat jy is - jy kan jouself kwalik van een dier na 'n ander verander.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking