Donderdag, Julie 09, 2015

The Dead

The Dead was die laaste kortverhaal wat James Joyce geskryf het voor hy begin werk het aan Ulysses (en sekerlik een van die grootste kortverhale in die Engelse taal).

Dis 'n eenvoudige lang beskrywing van 'n groot familiepartytjie in 1904 wat deur 'n paartjie (Gabriel en Gretta Convoy) bygewoon word, waarna hulle laat in die nag terugstap deur die sneeu huistoe.

Die partytjie, die stap en die sneeu het 'n helende effek op die twee - maar dan skielik breek iets in die vrou, sy begin histeries huil, en vertel uiteindelik vir haar verdwaasde man van 'n ou geliefde - Michael Furey - wat op ouderdom 17 aan longontsteking (koue en sneeu) gesterf het.

Met Gretta uiteindelik gekalmeer en aan die slaap, dink Gabriel aan alles.

A few light taps upon the pane made him turn to the window. It had begun to snow again. He watched sleepily the flakes, silver and dark, falling obliquely against the lamplight. The time had come for him to set out his journey westward. Yes, the news­pa­pers were right: snow was gen­eral all over Ire­land. It was falling softly upon the Bog of Allen and, fur­ther west­wards, softly falling into the dark muti­nous Shan­non waves. It was falling too upon every part of the lonely church­yard where Michael Furey lay buried. It lay thickly drifted on the crooked crosses and head­stones, on the spears of the lit­tle gate, on the bar­ren thorns. His soul swooned slowly as he heard the snow falling faintly through the uni­verse and faintly falling, like the descent of their last end, upon all the liv­ing and the dead.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking