Vrydag, Maart 14, 2014

Underground

Yugoslavia was die enigste Europese land wat die juk van die Nazis afgeskud het sonder die hulp van óf Amerika óf die Sowjet Unie. Danksy hiervoor was Maarskalk Tito uit die staanspoor die enigste werklik onafhanklike kommunistiese leier wat sy man teen Stalin kon staan.

Vir Yugoslavia was die Koue Oorlog 'n jol: Tito het aan altwee kante van die draad gespeel, die "Non-Aligned Movement" met Indië begin en hulp ontvang deur die Westerse Marshall plan sowel as die Oos-blok COMECON.

Die ekonomie het vinnig gegroei en teen die middel 60s het Yugoslavia sy grense ten volle oopgestel vir besoekers en sy eie bevolking toegelaat om wêreld wyd te rys.

Dit alles en vryheid, gelykheid en broederskap.

Soos Nelson Mandela het Tito wêreldwye respek afgedwing - celebrities het tougestaan om saam met hom op fotos poseer; staatsleiers om eer aan hom te toon.

In Junie 1972 het hy die "Order of Lenin" in Moscow gekry en drie maande later "Most Honourable Order of the Bath" van Koningin Elizabeth II. So het dit gegaan.

Maar met sy heengaan het alles verander.

Yugoslavia was nooit 'n demokrasie nie: Tito was die "goeie diktator" wat almal wou hê. Maar sonder hom het spanning tussen Yugoslavia se nasies vinnig oorgekook en die land het in die 90s disintegreer in 'n spasma van bloedvergieting waarin meer as 150,000 mense gesterf het.

Die droom van Yugoslavia se reënboognasie het 'n nagmerrie geword - Europa se afgryse en skaamte.

Vandag bestaan daar nie meer 'n Yugoslavia nie - in sy plek staan Slovenia, Croatia, Serbia, Montenegro, Bosnia & Herzigovina, Kosovo en Macedonia.

In 1995, op die hoogtepunt van die bloedvergieting, het die Yugoslav filmmaker Emir Kusturica die fliek "Underground" gemaak. [Meer as 20 jaar nadat die land verdwyn het noem Kusturica homself nogsteeds, hardkoppig, 'n "Yugoslaaf"]

Dit is 'n lang surrealistiese verhaal van twee vriende deur die verloop van Yugoslavia se geskiedenis, van WW2 tot die einde - swart, bitter komedie.

Die bekendste lyn daarin is

'n Oorlog is nie 'n oorlog totdat 'n broer 'n broer vermoor nie.

In die heel laaste toneel, draai die laaste karakter na die kamera en sê vir die gehoor:

Hier bou ons nuwe huise met rooi dakke 
en skoorstene waar ooievaars sal nes. 
Met wyd oop deure vir liewe gaste. 

Ons sal die grond bedank vir ons voeding 
en die son vir ons verhitting.
en die velde van groen gras 
wat aan ons land herinner.

Met pyn, hartseer en vreugde, 
sal ons ons land onthou,
wanneer ons vir ons kinders stories vertel
wat soos sprokies begin:

Eendag, lank lank gelede, was daar 'n land ...

1 opmerking :

  1. Sjoe, Mnr Rautenbach, lees ek sommer so uit die bloute weer hierdie ou blog van u en kry ek omtrent letterlike koue rillings! (My ou lewetjie is soms te vinnig of besig of deurmekaar om u blogs heeltemal deurgrondelik te snap - u skryf volgens my baie keer meer tussen die lyne as op/in die lyne, bedoeld of onbedoeld sal ek natuurlik nie kan weet nie ... ) My punt: Dat 'n mooi storie so kan oorspoel in die allerverskriklikste?! Is dit nie wat u hier baie saggies en subtiel probeer sê/vertel/wys nie?

    AntwoordVee uit