Maandag, April 22, 2013

'night Mother


Jjjjjo! Hierdie fliek het my hart gebreek.

Dit is 'n eenvoudige twee-mens teater-stuk uit die 80s - 'n ma en dogter wat woon in dieselfde huis.

Een aand, sommer in die verbygaan, beken die dogter Jessie dat sy besluit het om haar lewe te beeindig - dieselfde aand nog.

Die horror daarvan is in die stadige insinking dat wat soos 'n grap klink werklik gaan gebeur.

Dit is soos die twee houtkappers uit Sometimes a Great Notion wat vasval onder 'n boomtak in 'n rivier en (net vir die grap) wonder hoe hoog die watervlak gaan styg voordat iemand kom help - en dan later besef dat daar niemand is nie: hulle gaan verdrink.

Die ma, Thelma, probeer alles onder die son om haar dogter van haarself te red - maar hoe?

Die ou vrou bel haar seun om te kom help, maar Jesse dreig om onmiddelik selfmoord te pleeg.

He is not invited, sê sy.

Just me, sê haar ma bitter.

Yes, this is private.

Maar as dit privaat is, waarom dit dan so voor die tyd aankondig? Waarom haar ma hierdeur sit?

Haar antwoord is: sou jy verkies het dat ek nooit iets gesê het nie?

Jesse het 'n lang lys instruksies waarna haar stomgeslaande ma moet luister: Nadat sy dood is, wie om te bel, wat om te sê, wie haar kamer moet oorneem. Dis soos om te kyk na 'n trein crash in slo-mo, met niks wat jy daaraan kan doen nie.

Hoe bereik een mens 'n ander? Met watter woorde?

Of is dit alles net 'n speel vir aandag?

Die fliek weergawe het twee heeltemal teenoorgestelde mense - die warm, versmorende Anne Bancroft en die koue, onderdrukte Sissy Spacek.

Jesse, you're my child! sê die verslae ma.

No, mama - I'm what became of your child.

Dis maar waar van ons almal.

Not for the faint-hearted.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking