Monday, April 15, 2013

Leap of Faith


20 jaar gelede het daar 'n fliek verskyn met die naam "Leap of Faith".

Steve Martin het die rol gespeel van 'n con-artist evangelis (Jonas Nightingale) wat met sy sirkus-agtige troupe uit nêrens verskyn en in die loop van 'n paar aande 'n klein, bankrot dorpie in Amerika nog meer bankrok maak deur voor te gee dat hy deur die Here spreek en geloofsgenesing doen.

Soos feitlik alle flieks wat sinies spottend oor Godsdiens is, was dit ‘n mislukking by die loket en het vinnig verdwyn.

En tog, deur die jare het Steve Martin se vertolking my bygebly as waarskynlik een van die 4 of 5 grootstes wat ek ooit in ‘n fliek gesien het.

Dit het ‘n verbasende, anti-klimaktiese einde gehad en ek onthou hoedat ek uit die teater geloop en gedink het – hierdie is ‘n fliek waarvoor ‘n sequel gemaak moet word. What’s past is prologue, het Shakespeare gesê – en ek wou die verdere verloop van hierdie man meeleef.

Daar was nooit ‘n sequel nie, maar in 2006 het Alan Menkin, komponis van “Beauty and the Beast”, “Little Shop of Horrors” etc aangekondig dat hy 'n musical daarvan gemaak het. Vir die laaste vier jaar sukkel hulle om hierdie show op die planke te kry – verlede jaar het dit uiteindelik geopen op Broadway, tot lou-warm, gemengde sukses. En tog byt die skeppers vas aan hulle materiaal.

Die misterie van geloof.

In die fliek speel Steve Martin ‘n brutale man wat nie vir ‘n oomblik  glo wat hy sê nie, maar met alle geloof in sy vermoë om ander daarin te laat glo.

Wanneer hy deur die armsalige dorpie in sy bakkie ry roep hy uit

A town this deep in the crapper has nowhere to turn but GOD!

Elke gesprek wat hy voer is vir ‘n gehoor – of daar een is of nie. Wanneer iemand hom ‘n fake noem stem hy dadelik saam – en gaan dood eenvoudig voort.

Om sy show te laat werk is dit nodig dat werklik liggaamlik gebrekkige mense nie toegang tot die verhoog moet kry nie. ‘n Deel van die storie gaan oor die proses van manipulasie waarmee net die regte mense deurgelaat word en die predikant voor die tyd weet (met binne-oor gehoorstukke) wat brand in elke boesem, sodat hy net die regte ding vir elke mens kan sê.

Maar dan – in die dorpie woon Lolita Davidovich en haar seun – Boyd - ‘n kreupel wat deur ‘n dronk trokbestuurder raakgery is.

Jonas wil dadelik reker maak dat die seun geen verwagtings het nie. In een van die kragtigste tonele luister hy hoedat Boyd getuig dat hy weer sal stap “as dit God se wil is”. Jonas antwoord

Listen kid – every one is a loser some time, the point is not to act like one.

En dan, op die laaste aand, ten spyte van al die obstruksies kry die einste Boyd dit reg om ‘n pad te maak tot op Jonas se verhoog.

Daar gebeur ‘n wonderwerk – die seun word voor almal se oë genees, en loop.

En wat doen hierdie wonderwerk aan die predikant - dis soos 'n dolk deur sy hart. Hy voel soos 'n dief wat betrap is.

Die oorstelpte, geneesde kind wil dadelik die kerk groep join, en vir hom getuig. 

Jonas self was ‘n orphan wat as 4 jarige deur sy ma op ‘n straathoek gelos is. Hy belowe (soos sy ma) om Boyd die volgende oggend voor die kafeteria te ontmoet, maar verdwyn dieselfde nag nog, soos ‘n rot in die nag. 

Hy gaan staan langs die pad en kry ‘n lift saam met ‘n trucker - en los alles agter: sy kerk, sy mense, sy wonderwerk, sy geld.

En wanneer hy uit die dorpie ry, sien hy hoedat die gebede van die mense waar word – dit begin reën.

Daar is een sekwens waar Jonas se handlanger ‘n gewone “out-of-town” ouma voorkeer wanneer sy in die tent instap en vir haar ‘n plek in die eerste ry gee – in ‘n rolstoel.

Later, in die hitte van die oomblik, stoot hulle haar op die verhoog en Jonas vra vir haar om op te staan. Sy staan op en die gehoor snak na hulle asem – ‘n wonderwerk!

Dis ‘n wonderwerk inderdaad – om te kan stap. Om te kan asemhaal. Om te kan sien. Om liefde te hê.

Dis ‘n wonderwerk vandag - of jy dit gister kon doen, of nie.

Al wat nodig is is om ons daaraan te herinner.

No comments:

Post a Comment