Woensdag, April 03, 2013

Haar naam is Xazama

Dit het my opgeval tydens hierdie jaar se KKNK hoe musiek produksies verander het. Een na die ander Afrikaanse kunstenaar sing met backing tracks, maar ook met keyboards en kitaar op die verhoog.

Hoekom nie al die instrumente nie? Ek neem aan dis te duur.

Maar hoekom dan nie net sanger alleen, kareoke styl nie? Ek neem aan dis te obviously fake.

Wil gehore regtig hierdie tussenwereld hĂȘ - half lewendig, half opname? Blykbaar wel.

Ek het die ander aand 'n show gaan kyk met die naam "Haar naam is Xazama".

Die hele ding het my getref soos 'n koue emmer water - want hier was 'n herinnering van waar alles vandaan kom.

'n Groep van sewe amateurs, met geen geld, geen promosie, geen stelle, geen beligting, geen opleiding, geen krag, geen amplifiers, geen celebrities.

Niks: net twee akoestiese kitare (weggesteek agter 'n gordyn) en hul entoesiasme en hongerte om te sing en te dans en 'n storie te vertel - 'n eenvoudige storie van 'n slawe swerwer wat 'n meisie sien en verloor en soek.

Dit werk, dis roerend - omdat dit so sonder alle trapping is - en dis Afrikaans.

Dis mos waaroor dit alles gaan.

As jy nog op Oudtshoorn is, gaan kyk dit terwyl dit wys.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking