Sondag, Maart 11, 2007

The Last Man

Daar is ‘n legende dat ‘n ou vrou baie eeue gelede voor die Koning van Napels verskyn het met nege boeke onder haar arm.

Sy het die boeke te koop aangebied vir ‘n miljoen in goue muntstukke. Daarin, volgens haar, was die hele toekomstige verloop van die mensdom in neergeskryf, tot en met die heel laaste dag.

Die koning het gedink sy’s mal en haar weggewys. Die ou vrou het drie van die boeke verbrand, teruggekom en die laaste ses vir twee miljoen in goud aangebied.

Die koning het nog ‘n keer geweier, waarna sy nog drie verbrand het en weer haar prys verdubbel het.

Op heel laas was net een boek te koop teen ‘n enorme som geld, en net voor die ou vrou dit kon verbrand het die koning se nuuskierigheid hom oorkom en het hy die laaste boek gekoop.

Wat daarin gestaan het wou die koning nooit vertel nie. Die boek is in ‘n spesiale mauseleum bewaar wat kort na sy dood afgebrand het, met boek en al.

Baie quacks en ander het deur die jare beweer dat hulle “Sybil se Boek” besit, ontrafel of ontdek het. Sommige mense glo dat die Bybel se Boek van Openbarings in werklikheid “Sybil se boek” is.

Die ou vrou se naam was Sybil, met haar geld het sy “Sybil se Grot” in die berg langs Napels laat bou: ‘n onplesierige pitdonker spelonk met ‘n groot hoeveelheid gange wat na die middel van die berg gelei het.

Mary Shelley (van Frankenstein faam) het in die negentiende eeu ‘n boek geskryf waarin ‘n groep avonturiers Sybil se Grot herontdek en dit met fakkels binnegaan. Daar vind hulle die manuskrip wat sy “The Last Man” noem.

Dit is die verhaal van die laaste man op aarde.

Die toekoms soos gesien uit die 19de eeu laat mens glimlag – die laaste man woon in ‘n wereld aan die einde van die 21ste eeu waarin daar nog geen elektrisiteit, motors of vliegtuie bestaan nie.

Wat is Internet en e-mail? Pos word nog op papier in koeverte per koerier te perd afgelewer.Maar moenie dat sulke klein dinge die pret bederf nie – “The Last Man” is uiteindelik ‘n fantastiese konsepsie.

So, wat het toe uiteindelik gebeur? Spoiler begin.

Die spil waarom “The Last Man” draai is die ou Christen fantasie om die groot stad van Ortodokse Christendom (en die laaste hoofstad van die Romeinse Ryk) – Konstantinopel - van die Moslems terug te wen nadat dit deur die Turke baie eeue tevore ingepalm en na Instanbul herdoop is.

Na jare se stryd word die stad skielik stil en sonder ‘n skoot deur die Griekse vegters binnegegaan. Binne die stad vind hulle dat die hele bevolking “aan iets” ontkom het.

Die aanvanklike feesvieringe verdwyn baie vinnig wanneer die terugkerende vegters self aan dieselfde “iets”, ‘n pes van een of ander aard, begin ontkom.

Die pes is onstuitbaar en – to cut to the chase – wis uiteindelik alles en almal uit.

Die beste deel van die boek is die laaste blaaie, waar Verny – die laaste man – swerf deur die wrak van die late great species wat die mens was – alleen saam met sy hond – kyk na die produk van al die arbeid van mensestryd en mensesweet en wonder wat om daarvan te dink; druk aan elke deurklokkie, op soek na een ander mens om die wereld mee te deel.

Ten laaste keer hy terug na Rome om die tradisie van die Pouse voort te sit en met nuwe jaar een verdere spyker teen die Vatikaanmuur te kap – 2100 – die laaste jaar van die mens.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking