Vrydag, Julie 15, 2005

Tristan en Isolde

Richard Wagner is 'n aangeleerde smaak - heavy en pynlik - maar alleen as dramaturg een van die bestes ooit, om nie eers van sy musiek te praat nie. Wagner het die fokus en die inspirasie gehad om die mees komplekse verhale na sy eenvoudige 3-act formaat te grind.

Tristan is die perfekte uiting van sy lewensobsessies met dood en seks - Tristan wat staar na die see aan die einde, opsoek na die boot wat Isolde moet bring, en dan sê

"Om te lewe is om te smag en te sterf".


Wagner het in essensie vier uur lange seks geskryf wat kulmineer in die one-and-only werklike musiekale orgasme: die beroemde Liebestod.

Sy vriend en later vyand Nietzsche, het in sy laaste werk, Ecce Homo, geskryf

"But to this day I am still looking for a work to equal Tristan in dangerous fascination, that gruesome yet sweet quality of infinity; I seek among all the arts in vain. All the strangenesses of Leonardo da Vinci lose their charm with the first note of Tristan."

***

Dis die oorlog tussen Ierland en Engeland, Tristan se epiese geveg met Morold, Isolde se verloofde. Die twee mans vermoor mekaar, Morold sterf en Tristan gee homself aan die noodlot oor: erg gewond en bloeiend, val hy oor die kaai in 'n bootjie, laat homself ter see en pass uit.

Sy bootjie dryf op die water en spoel uit teen die kus van Ierland waar Isolde, die groot geneser, hom verpleeg totdat sy opmerk dat sy swaard 'n splinter mis, dieselfde splinter wat sy uit haar geliefde sy lyk getrek het. Sy besluit om hom te vermoor, maar wanneer sy met 'n mes oor Tristan staan, gaan sy oë oop en die oomblik tussen hulle verander alles.

In die volgende dae groeie 'n stille liefde tussen hulle - beide stel hulself met false name voor; nie een van die twee gee enige erkenning aan hul gevoel van liefde nie.

Tristan keer terug na Engeland, waar sy oom - Koning Mark - aankondig dat die oorlog verby is en vrede gevier sal word deur sy troue aan ...... die Lady Isolde van Ierland ... en Tristan moet haar vir hom gaan haal.

Eers wanneer Tristan en Isolde mekaar die tweede keer sien besef elkeen wie die ander een in werklikheid is, maar hierdie keer (nog erger) stel hulle hulself aan mekaar voor asof hulle vreemdelinge is, en praat nooit oor hul eerste ontmoeting nie.

Op die boot terug na Engeland, oppad na haar huwelik met Koning Mark, besluit Isolde, in uiterstes van self-haat en woede - om beide haarself en Tristan se lewe te neem. Sy vra haar diensmeisie om vir hul gif aan te maak, nooi Tristan na haar cabin om die vrede te vier deur 'n glasie te klink.

En dan .... nadat hulle sluk, word die twee verslae verlief, die diensmeisie het vir hulle liefdesap, eerder as gif gegee.

Isolde trou met Koning Mark, maar sy het 'n torrid affair met Tristan elke nag onder die oop sterre ... die Liebesnachte ... totdat hulle verraai word en Tristan vir sy lewe moet vlug.

Maar Tristan, alleen op 'n eiland, kwyn, die wonde in sy liggaam begin weer pols, dieselfde wonde van Morold breek oop en bloei weer, sonder Isolde se versorging weet Tristan dat hy sal sterf. Hy skryf brief na brief aan Isolde en smeek haar om te kom, hy staar oor die see vir dae aaneen.

En dan kom sy uiteindelik, en kort op haar hakke Koning Mark se soldate.

Die laaste ontmoeting tussen die twee is te laat om sy lewe te red, maar dit herenig hulle vir een oomblik, Tristan sterf aan sy wonde en dan Isolde "van binne", terwyl sy die Liebestod sing.

Dinsdag, Julie 05, 2005

MON REPOS (my stilte)

noudat ek nie meer hoef te wees
nie óór hoef te dra
kan ek rustig in my huis sit en luister
na die hoefslae van die hart,
meer leer van wyn
en die kleuterkleure van reën
se gefluister
en al die boeke lees
waarna ek so dikwels moes verwys

--Breyten Breytenbach, uit KOUEVUUR

Vrydag, Julie 01, 2005

Die dood van Ivan Ilych

Tolstoy se beroemdste storie, een van die bekendstes in die wereld, maar onmoontlik om te oorskat

"The syllogism he had learnt from Kiesewetter's Logic: "Caius is a man, men are mortal, therefore Caius is mortal," had always seemed to him correct as applied to Caius, but certainly not as applied to himself. That Caius was mortal, was perfectly correct, but he was not Caius, not an abstract man, but a creature, quite separate from all others. He had been little Vanya, with a mamma and a papa, with Mitya and Volodya, with the toys, a coachman and a nurse, afterwards with Katenka and will all the joys, griefs, and delights of childhood, boyhood, and youth. What did Caius know of the smell of that striped leather ball Vanya had been so fond of? Had Caius kissed his mother's hand like that, and did the silk of her dress rustle so for Caius? Had he rioted like that at school when the pastry was bad? Had Caius been in love like that? Could Caius preside at a session as he did? "Caius really was mortal, and it was right for him to die; but for me, little Vanya, Ivan Ilych, with all my thoughts and emotions, it's altogether a different matter. It cannot be that I ought to die. That would be too terrible."

'n Lewe van geluk en ongeluk;
die drang vir geld en erkenning;
bevordering;
weer geluk - rig sy nuwe huis in;
val van 'n leer en stamp sy sy;
die wond herstel en vergete;
maar die gevoeligheid keer terug met woedebuie
dokters;
sy vrou se pleidooie;
stadiger word;
Is jy moeg? –
sy skoonbroer se skok wanneer hy hom na 'n lang tyd sien;
slegter word
uiteindelik, voor hom: DIT, die gedagte van sterf;
die bitter stap deur die sitkamer "waarvoor hy sy lewe gegee het", die stil gordyn wat hang waar hy geval het
'n lewe van spesiale kos. medisyne en lyfbediendes;
alomteenwoordigheid van DIT
die woede wat gesonde mense uitlok;
die groepleuen van herstel
die walging in homself, om te was en na sy eie liggaam te kyk
uiteindelik: net een behoefte - om te praat oor sterf, wanneer almal praat van medisyne en gesondheid
sy seuntjie se stil, vreesbevange oë;
sy gesin wat vertrek na die teater, sonder hom
die swart sak waarin hy gestoot word, spartelend, half daar
nog spesialiste
sy patetiese, nederige vraag: is daar ENIGE hoop? - wat sy vrou tot trane dryf
die swart sak, waarin hy uiteindelik inval en voel
trane en trane
haat vir almal om hom
los my uit, laat ek in vrede sterf
die dwaasheid van mense, wat beide lewe en dood vir hulself wegsteek
sy vrou, radeloos, wat 'n priester ontbied en daarna vra "Voel jy beter?"
sy antwoord - "ja" - 'n leuen waarmee hy sy omgang met die mensdom beeindig
drie dae se radelose skreeu, waarna sy seuntjie uiteindelik by sy bed kom staan en sy hand soen
en dan, vrede, en lig uit die donkerte
vir die eerste keer - raaksien: die mense om hom - gaan in vrede
en dan - sterf