Dinsdag, Julie 05, 2005

MON REPOS (my stilte)

noudat ek nie meer hoef te wees
nie óór hoef te dra
kan ek rustig in my huis sit en luister
na die hoefslae van die hart,
meer leer van wyn
en die kleuterkleure van reën
se gefluister
en al die boeke lees
waarna ek so dikwels moes verwys

--Breyten Breytenbach, uit KOUEVUUR

2 opmerkings :

  1. beautiful poem van Breytenbach, juis vandag op 'n paar van sy poems in die 'groot verseboek' :) afgekom, destyds deur DJ opperman ge-edit, soveel great afr poems..
    'n mens vergeet van hulle in London, maar so 'n digbundel is tydloos

    AntwoordVee uit
  2. Thanks.

    Is jy 'n Dostoyevsky fan? Ek het 'n klomp entries oor hom en Tolstoy. Groot geeste.

    Ja, Afrikaans het great gedigte, somtyds op die mees onverwagte plekke.

    Ken jy doe openingswoorde van "Die Pluimsaad waai ver"? (v Wyk Louw)


    Wat is 'n volk?
    Uit stof en stof-in-tyd is ons gemaak:
    Boere en knegte, trein masjiniste,
    passers, labratorium-assistente,
    motoriste, meisies in swemklere,
    bestuurders, direkteure en rekenmeesters,
    meisies op voorblaaie en agter
    op motorfietsie; anoniem: 'n massa,
    maar elkeen met sy eie naam en eie aard,
    elkeen met sy kiesheid, wat 'n kuisheid kan word.


    Het jy al publiseer Hilda?

    G

    AntwoordVee uit