Art Spiegelman se pa was ‘n Holocaust-survivor. Maus is die vertelling van sy pa se storie as ‘n eenvoudige, pengetekende swart-en-wit strokiesprent boek – ‘n deel van die raampies is Art en sy pa Vladek, ‘n Poolse Jood tydens die WW2, wat later in Amerika deur die hele ding praat.
Spiegelman was blykbaar betrokke by avant-garde comics, maar daars niks avant-garde in Maus se tegniek nie. Die boek is basies sy narrative, die tekeninge is straightforward, almal-een-grote en trek geen aandag nie, daar is min “inkleding”, atmosfeer of karakterisering wat deur die tekeninge kom; alles is in die woorde, die teks en die vertelling.
Die beroemde “ding” van Maus (wat die 1984 Pultizer Prys gewen het) is die gebruik van diere stereotipes om die verskillende nasies uit te beeld.
Jode word met muiskoppe geteken, Duitsers as katte, Franse as paddas, die Pole as varke, die Amerikaners as honde en die Swede as takbokke.
Dit gee ook ‘n fisiese vorm aan die “probleem van identiteit” – algaande die Jode se situasie vererger word baie as muise met vark-maskers geteken. Jode wat probeer verbykom as gentiles.
Eiteindelik, in die boek se eerlikste oomblikke aan die einde, teken Art Spiegelman homself as ‘n mens met ‘n muis-masker op.
Die verhaal van sy pa en ma se nagmerrie is natuurlik horribaal, maar Spiegelman probeer die integriteit daarvan verhoog deur sy vroeer en latere pa so verskillend te doen. Die Jiddiese-Engels van sy pa is opvallend in die vertelling-dialoog, maar weg in die praat ballonne binne die tekeninge, tydens die oorlog. Die Auschwitz-muis is ‘n brawe, vindingryke engel, ten spyte van die desperate verraad wat almal oral rondom hom pleeg.
Die latere pa word uitgebeeld as “the racial stereotype of the miserly Jew” – kraam en stry oor elke sent, fight met en verloor sy tweede vrou en reageer met heftige rasisme teen die Amerikaanse “swartzen”.
Spiegelman self is na die oorlog gebore, en leef met die spook van sy ouer broer wat as kind tydens die oorlog weggesmokkel is maar toe deur sy foster-ma vergiftig was (saam met haar en haar kinders) toe hulle deur die Nazis betrap is.
Sy ouers het vir jare geweier om dit te aanvaar, en het van weeshuis na weeshuis deur Europa gereis, met die hoop om hom weer te sien.
Etikette
- afrikaans
- amerika
- antiek
- boeke
- breytenbach
- comics
- Dostoyevsky
- drama
- engelse
- Eugene Marais
- filosofie
- flieks
- gedigte
- geskiedenis
- godsdiens
- grieke
- HG Wells
- horror
- Jans Rautenbach
- Karen Blixen
- kuns
- musiek
- Nietzsche
- opera
- Opperman
- politiek
- russe
- scifi
- Scorsese
- Shakespeare
- Tarkovsky
- Tolstoy
- van Wyk Louw
- Wagner
Woensdag, Desember 28, 2005
Teken in op:
Plaas opmerkings
(
Atom
)
Geen opmerkings nie :
Plaas 'n opmerking