Dinsdag, November 22, 2005

Downfall

Daar wys op die oomblik 'n fliek genaamd "Downfall" in teaters. Dit is 'n herskepping van die laaste paar dae van die Derde Reich, van binne Hitler sy bunker onder Berlyn. Dis 'n Duitse produksie, Duitse akteurs, in Duits met Engelse onderskrifte.

Die storie begin en eindig met die (werklike) stem van Hitler se sekretaresse, nou jare oud, wat die hele ding oorleef het en daaroor terugdink.

Die fliek het redelik aandag gekry as sou dit die uitbeelding van Hitler moderniseer - en ek het nogal gedink dat Bruno Ganz in die rol heel interressant was.

Hitler bly 'n raaisel, onmoontlik vir filmmakers om vat aan te kry - al wat "Downfall" in effek wys is sy daaglikse briefings met die generalestaf, wat elke keer met nuwe hoop begin en eindig met die Fuhrer wat crack oor die verslegtende situasie (niks verrassend daaraan nie). Bra min interaksie met ander mense word gewys, of enigstens ge-konsipieer; "Downfall" skep geen oomblik waarin ons Hitler se derms kan sien nie, sy houvas oor mense.

Die bekendste, sensasionele gebeurtenis in die bunker was Magda Goebbels se vergiftiging van haar ses kinders, en die fliek melk hierdie ding vir al wat dit werd is - die kinders se vrolike gesing en speel in die gange, tee met "Oom Hitler", hulle tarting van die donderslae daar-bo, veilig in die gevoel "dat niks met hulle kan gebeur nie".

Die mees korribale oomblik is wanneer Me Goebbels haar oudste dogter se mond oopforseer, en die kind vergeefs skree "Pappa!!" - en dan is dit alles oor.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking