Saterdag, Oktober 08, 2005

War and Peace


Ek het "War and Peace" al vele male in my lewe in boekwinkels opgetel. Die blurbs op die omslae is iets om te lees, 'n gespartel vir oortreffendes. Penguin se line al die jare was "few would dispute the claim that War and Peace is the world's greatest novel in any language".

Dis "a complete picture of human life", 'n "vast panorama". In die laaste paar jare was dit die "mirror of humanity" soos Shakepeare of Homer en "the flawless placement of complex characters in a turbulent historical setting".

Ek het vanaand 'n nuwe duursame hardeband uitgawe in Exclusives gesien, met 'n spesiale boekmerk wat die belangrikste familiebome en karakters lys. Voorop is 'n coy skildery-detail van 'n mooi meisie en 'n goue sticker wat sĂȘ "A life changing novel; a must-read new translation".

Ek het dit vasgehou en gedink: waarom my weerstand? Ek het op hierdie blog al meer as 'n dosyn keer oor Tolstoy se boeke geskryf, maar nog nooit oor War and Peace (of Anna Karenina) nie.

Dit voel soveel kleiner in die hande. Noudat ons Marcel Proust se 4000 bl "Soektog na die Verlore Verlede" het, beindruk die eens magtige W&P se lengte en wydheid nie meer soos tevore nie.

W&P was inderdaat 'n seminale oomblik in my lewe, maar as 'n mens dit as kunswerk lees is dit 'n mislukking. Mense wat dit vandag lees vir daai ryk-mense-op-vakansie gevoel van 19de eeuse romans sal teleurgesteld wees, veral met die tweede deel (Oorlog).

Resensente skud vandag hulle kop oor hierdie enorme kroniek wat net aangaan en aangaan, en sy einde met 'n goeie 500 bladsye oorskiet. En na al die lees kom dit tot geen dramatiese klimaks en ontknoping nie.

Maar mense verstaan nie W&P nie - dit gaan nie oor die horror of war of a complete picture of human life nie. Dit gaan nie oor opoffering of heldedade nie; daar is geen patriotisme in W&P nie.

Op die oog af gaan dit oor Napoleon se rampspoedige inval van Rusland in 1812.

Wat Tolstoy in W&P probeer doen het (suksesvol, glo ek) is om 'n reuse doek te skep waarop hy sy groot morele stelling kon wys: Oorlog gebeur omdat elkeen wat daaraan deelneem dit toelaat.

Mense glo dat die oorlog bepaal is soos 'n skaakspel tussen Napoleon en die Tsar.

Tolstoy wys dat hulle invloed (aan beide kante) op die werklike gebeure gering was, ten spyte van die bevele wat hulle links en regs skreeu.

Die peasant wat v die Franse leer die verkeerde pad aandui omdat hy 'n oomblik tevore deur 'n soldaat geklap is, het uiteindelik die toekoms v Europa bepaal net soveel soos Napoleon of die Tsar. So ook die soldaat wat die klap gegee het - so, in fact, elke mens wat deur hul optrede deelneem en toelaat bepaal die uiteindelike situasie waarin die wereld teen sononder verkeer.

Ons lot, die pyn wat ons mense aandoen, kom nie "van bo" nie, dis ONS wat dit doen, daar is geen verskoning.

Die patos van W&P is hierdie verbete reis van Tolstoy, soos die man wat soek na die eindpunt van die wereld, angstig vir die lewendige bewys waarmee hy vir altyd die saak kan sluit.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking